‘Kookwatermoordenaars’ in hof

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende moordenaars wat glo twee meisies en ʼn baba vermoor het deur hulle in kookwater te dompel, verskyn Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 24 jaar oud, het na bewering vroeër die maand hul niggies, Lerato Letswalo (18) en Priska Movit (23), by hul huis in Katlehong aan die Oos-rand aangeval. Movit se ses maande oue baba, Bokamoso, en ʼn derde meisie, Nthabiseng Letswalo (22), is ook aangeval.

Lerato, Priska en Bokamoso is al drie met ʼn skerp voorwerp gesteek voordat hulle in kookwater gedompel is. Hulle is op die toneel dood.

Nthabiseng, die enigste oorlewende van die gru-aanval, het later vertel hoe sy oorleef het deur op die vloer te lê en te maak of sy dood is. Sy is met ʼn staalpyp gesteek en aangerand.

Sy het gesê toe die aanvallers hul rug op haar gedraai het, het sy die staalpyp gegryp en hulle geslaan totdat hulle gevlug het. Die aanvallers het probeer om met skootrekenaars en ander items te vlug, maar is deur inwoners voorgekeer en aangerand.

Die polisie het tot die verdagtes se redding gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

magdas ·

wie het tot die arme meisies se redding gekom? Hulle het n aaklige food gesterf

SkarrelKind ·

Sinneloos en barbaars – ek hoop hulle gaan hulle tronkstraf terdeë geniet.

Ek ·

Hoekom red die polisie hul? As ek die polisie was het ek die gemeenskap gehelp om van die GEMORS ontslae te raak….

Christine ·

Dit verstom my as ek lees: die polisie het tot die verdagtes se redding gekom. Hulle moes sigbaar gewees het sodat hulle tot die slagoffers se redding kon bydra. Hoekom verdagtes nog red? O ja ekskuus, sodat hulle weer vry gelaat kan word om weer te steel en moor.

Gideon ·

Waar is die Afrika kultuur nou? In die parlement kom toordokters en voordansers in, waar is tradisie nou om behoorlik te wys wat moet met die misdadigers gedoen word, volgens die wet van Afrika!

jacques ·

Wat n siek samelewing…baarbaars is nie eers die woord nie. Tyd om die doodstraf terug te bring….maar eers moet ons van Zuma ontslae raak.

Verstom ·

Die misdaad was baie wreed, daar was brutale geweld teenoor weerlose vrouens en ‘n baba gebruik. Veronderstel nou vir een oomblik een van julle familie het ‘n’n beweerde misdaad begaan en nog voor hulle ‘n kans kon kry om hulle saak in ‘n hof te stel help te polisie die gemeenskap om hulle net daar te vermoor. Die polisie manne het binne die raamwerk van die wet opgetree,het hulle nou die teenoorgestelde gedoen sou die kommentaar nogsteeds negatief gewees het teenoor hulle. Ek weet vir ‘n feit dat as enige van die mense wat hier kommentaar gelewer het ‘n familie lid het wat moet tronk toe gaan vir ‘n oortreding en sy behandeling daar is nie goed nie gaan julle daaroor ook moan. Feit is ons polisie beamptes kan in die publiek se oë niks regdoen nie. When I do good no one remembers, when I do wrong no one ever forget.

tamboti ·

Verstom, ons hoor wat jy se maar elke geval is anders. In hierdie geval moes die gemeenskap tereg oordeel en straf gevel het. Kyk wat het met die moordenaars van Jenine Booyse gebeur: Haar eie getuienis, waarskynlik die laaste woorde wat sy in die onhanteerbare pyn en leiding kon uiter, was nie vir die hof voldoende om die hoof verdagte skuldig te bevind aan enige misdaad nie. In haar geval het geregtigheid totaal gefaal.
Dit sou natuurlik heeltemal aanvaarbaar wees as die hof wel die oortreders skuldig bevind en dan aan die gemeenskap oorgee vir straf.

Verstom ·

Tambotie, my eie ouma grootjie was verkrag en vermoor, so ek verstaan en ken die gevoelens en frustrasie, MAAR as die gemeenskap daai mans vermoor het was hulle ook moordenaars. Elke geval is anders maar dit moet nog steeds binne landswette hanteer word, as die algemene publiek nou moet begin polisieman, aanklaer en regter speel sal die land in verdere chaos verval. Hierdie is nie ‘n Sylvester Stalone fliek nie. Elke aksie het ‘n reaksie. Punt is moenie die polisiemanne in hierdie geval veroordeel nie hulle het bloot hulle werk gedoen. Môre moan julle weer oor die korrupte beamptes waarvan julle lees. Van ‘n trotse polisiebeampte.

Juliet Geldenhuys ·

Bring die “DOODSTRAF” terug asseblief!! Hoeveel moorde gaan daar nog op onskuldige mense gepleeg word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.