Kragonderbrekings by munisipaliteite wat geld skuld

Argieffoto

Argieffoto

Eskom vergader dringend met die Oos-Kaapse regering weens kragonderbrekings wat by vier munisipaliteite toegepas word as gevolg van agterstallige betalings.

Die uitstaande skuld beloop nagenoeg R173 miljoen.

“Dit is ons laaste uitweg,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, Dinsdag gesê. “Ons het drie maande gelede kennisgewings uitgereik om te waarsku dat kragonderbrekings ingestel sal word indien ons nie betaling ontvang nie. Ons het alles in ons vermoë gedoen om hierdie kragonderbrekings te verhoed.”

Die betrokke munisipaliteite is Gariep-, Maletswai-, Nxuba- en Ikezi-munisipaliteit en die kragonderbrekings vind daagliks tussen 06:00 en 09:00, 12:00 en 14:00 en 17:00 – 21:00 plaas.

“Hulle moet ʼn gedeelte van die uitstaande bedrag betaal,” het Phasiwe bygevoeg. “As hulle ʼn bedrag oorbetaal en ʼn ooreenkoms teken hoe hulle die uitstaande bedrag gaan betaal, en ons is tevrede, sal ons die kragonderbrekings opskort.”

Volgens Phasiwe voldoen 55 van die 60 munisipaliteite in die land, wat deur die Nasionale Tesourie geïdentifiseer is wat uitstaande skuld het, aan hul betalingsooreenkomste. Die vier munisipaliteite in die Oos-Kaap en een in die Vrystaat, wat Eskom gedagvaar het oor kragonderbrekings, het egter nie hul uitstaande skuld betaal nie.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen Eskom in kennis gestel dat hulle ʼn dringende hofaansoek sal bring, indien die elektrisiteitsreus nie die elektrisiteit vandag sou aanskakel nie.

“Eskom hou belastingbetalers gyselaar as gevolg van dié plaaslike munisipaliteite se swak finansiële bestuur,” het Tiaan Esterhuizen, bestuurder van AfriForum se gemeenskapstrukture, gesê. “Dit is verkeerd om betroubare belastingbetalers verder te belas.”

Thomas van Dalen, die burgerregte-groep se provinsiale koördineerder vir die Oos-Kaap, sê dit plaas gemeenskappe onder geweldige druk – veral in die feestyd – wanneer munisipaliteite nie hul skuld vereffen nie. “Ons het al voorheen interdikte teen Eskom verkry en sal nie huiwer om ook hierdie gemeenskappe se regte te beskerm nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wikus ·

Wat van die wat betaal het. Jippy ANC you are good rulers.65% vote for you.

Johann Marx ·

Elimineer jou munisipaliteit. Hulle dien geen doel meer nie, anders as om jou finansiëel te beroof. Elke woonbuurt kan ‘n kontrakteur aanstel om sypaadjies te versorg, parke se gras te sny, vullis te verwyder, en infra-stuktuur te onderhou. Al wat die munisipalteit doen om te besluit hoeveel hulle jou gaan belas op JOU eiendom, wat JY gekoop het, met JOU hard verdiende inkomste, en hoe meer jy dit onderhou en die waarde laat toeneem, hoe meer belasting betaal jy. Dan vat hulle jou geld, hou parties, koop vir almal karre, huise, luukshede, en ‘n leefstyl waarvan die meeste mense net kan droom, met dieselfde belasting wat jy so goedsmoeds oorbetaal het nadat jy jou gat af gewerk het daarvoor…………..en dan vind jy uit hulle het nie Eskom betaal nie, nie Randwater betaal nie, nie onderhoud gedoen nie…vet bonusse en kunsmatig verhoogde salarisse betaal…aan al wat ‘n kader is…..en JOU krag word afgesit, JOU water word toegedraai, JOU dienste word opgeskort???? Ek is Afrika versadig…..

Rupert Ashford ·

Sal die getroue belastingbetalers hierdie onthou volgende jaar en iets daaraan doen by die stembus? Hoe hartseer ookal, kan mens Eskom se aksies verstaan. Nou sal dit natuurlik ook help as Evkom goeie bestuur kan kry…kyk daar vlieg ‘n vark!!!

Frans ·

Elektrisiteit,water, gas ens is handelsrekeninge waarvan die oorskot (wins) bedoel is om eiendomsbelasting wat hoofsaaklik aangewend word vir ander dienste , so laag as moontlik te hou. Dit tesame met ander heffings van dienste wat gelewer word soos vullisverwydering,sanitasie en riolering is in ‘n sekere sin ‘trust fondse’ wat gebruik moet word om die diens wat deur gelewer word instand te hou, behoort voldoende te wees om ‘n munisipaliteit finansieël op sy voete te hou.

Die probleem onder die ANC-regering is dat alle regeringsdienste in watter vorm ook al
indiensnemingsplatvorms geword het om werkloosheid kunsmatig so laag as moontlik te hou. Dikwels word poste wat deur een blanke beman was in drie verdeel omsodoende meer
‘werk’ te skep.

Wanneer die salaris en lonerekening tesame met alle ander byvoordele soos medies,pensioen so groot word word eenvoudig net besnoei op alle ander dienste soos onderhoud van noodsaaklike dienste en beland munisipaliteite in die gemors waarin hul nou verkeer.

Omdat die ANC die meerderheidstem in die meeste rade het word alle opposisiebesware net eenvoudig van die tafel gevee en uitgestem deur onbevoegde kaders, waarmee die ANC-regering ‘musical chairs’ speel soos die flop met die aanstelling van die minister van finansies.

Solank die agtergeblewe massas nie verstaan of wil verstaan hoe dinge inmekaar steek en mense aanstel wat weet ,sal Suid Afrika mi in die gemors bly rondploeter en nooit vorentoe gaan nie, want goeie en betroubare dienste en infrastruktuur en opgeleide en kundige mense is wat mi beleggers soek en nie mense wat hê.hê, nie.

Johann Marx ·

Frans, hoe raak ons van hierdie munisipaliteite ontslae? Het ons werklik ‘n munisipaliteit nodig? Ek woon ‘n buurt met ongeveer 800 huishoudings, en ons kruis-subsidiëer ‘n magdom “informele nedersettings” om ons wat water kry by brandweerkrane, elektrisiteit steel by sub-stasies, vullis mors sover hulle gaan, waterstrome besoedel met menslike afval…en GEEN bydrae maak tot die omgewing nie. Hulle verbruik, en ons betaal…..en betaal…en betaal…

Frans ·

Munisipaliteite is onontbeerlik in ‘n vooruitstrewende land, want dit is die voertuig waardeur kollektiewe dienste soos riolering, water en elektristeit, suiweringswerke, brandweerdienste stortingstererreine,vloedwater en ander infrastruktuur, stadsbeplanning die goedkoopste en doeltreffendste gehanteer kan word namens die gemeenskap.

Maar dan moet jy weet wat om te doen. Daarvoor het jy deskundige en opgeleide personeel nodig en nie politici nie.Die ANC bedryf mi ‘n valse ekonomie deur gratis water
eenhede en elektrisiteit beskikbaar te stel.

Metrorade is grootmaataankopers en kry niks verniet nie.Die sg. gratis eenhede se koste word eenvoudig ingereken by die tariewe van die eenhede wat verkoop word.Dit is dus niks meer as goedkoop politiek waarmee jy miljoene stemme werf.

Alle verbruik moet gemeet word want anders kan jy nooit verliese in die stelsel bereken.
Indien jy dan wel die armes wil help moet dit as ‘n subsidie aangetoon word en dan verval die argument dat veral blanke belastingbetalers niks doen om armes te help nie weg.

In die skole leerplan moet plek gemaak word om die finansiële funksionering van ‘n moderne staat en plaaslike Owerhede ‘n verpligte vak te maak en kan moontlik bv in ‘n vak soos wiskundige geletterheid of ekonomie opgeneem word.

Intussen moet blankes georganiseerd raak en veral burgerlike instansies ondersteun.
Min politieke partye win sake in die hof en dit is meesal burgerlike instansies wat sukses behaal.

Johann Marx ·

Frans. As Maroela dit toelaat, hoop ek jy lees hier. Kontak my asseblief sodat ons ‘n sinvolle gesprek kan voer oor hierdie situasie. Indien Maroela nie hierdie reaksie wil plaas nie, gee asseblief vir Frans my e-pos adres sodat ons ‘n beweging aan die gang kan kry om hierdie onaanvaarbare situasie stop te sit. [email protected] Baie dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.