‘Leuens, foute, wanvoorstellings’ van Afrikanergeskiedenis op skool wek kommer

Argieffoto

Argieffoto

’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die vertolking van Afrikanergeskiedenis in die kurrikulum vir gr. 4 tot 12-leerders lei tot kommer.

Volgens Dawie du Plessis, wat die verslag vir die FAK se N.P. van Wyk Louw-sentrum opgestel het, voltooi leerders in gr. 4 tot 9 die vak sosiale wetenskappe, wat uit twee komponente bestaan, naamlik geografie (aardrykskunde) en geskiedenis. “Vir leerders in gr. 10 tot 12 is geskiedenis ’n keusevak.”

Du Plessis het gesê die ondersoek het bevind dat leerders aan “leuens, foute en wanvoorstellings” blootgestel word. Volgens hom is slegs twee voorbeelde hiervan dat Nederlanders onder leiding van Jan van Riebeeck die vrede en harmonie wat in suidelike Afrika geheers het onomwonde kom vernietig het, asook die min plek wat aan die Groot Trek in die geskiedenis-kurrikulum afgestaan word.

Volgens die FAK is dié soort hantering van geskiedenis ’n klassieke gevallestudie van kulturele imperialisme. “Die doel van die ANC se kulturele imperialisme is duidelik: Afrikaners se historiese selfbeeld, kulturele selfvertroue en trots moet vernietig word. Die ANC se imperialistiese hantering van Afrikanergeskiedenis kom in wese neer op kulturele moord.”

Jackie Grobler, ’n historikus aan die Universiteit van Pretoria, het in reaksie op die verslag gesê dit is vanselfsprekend dat die Suid-Afrikaanse onderwysowerheid daaraan toegewy is dat die geskiedenis wat aan die skoolgaande jeug onderrig word, die ontstaansmite van die nuwe Suid-Afrika moet ondersteun. Gevolglik kom die selektiewe aard van veral opdragte en gespreksonderwerpe wat in die boeke aanbeveel word, soms so eensydig voor dat lesers nie ’n ander indruk kan kry nie as dat hulle met ’n verminking van die verlede en die werklikheid daarvan te kampe het.

Volgens die FAK is die organisasie reeds besig met verskeie aksies vir die bevordering van Afrikanergeskiedenis, waaronder die eerste Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis.

Klik hier om die volledige verslag en die FAK se doenplan te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hanloe Muller ·

Voor ons verder hieroor kan gesels moet ek eers weet wie DIÉ Afrika-ners is? Is dit mense van Afrika of praat ons nou van die Europeërs? Want ek kan onthou dat daar op n tyd verwys is na die inheemse Bruin en Swart volke as Afrikanders/Africanders deur die Europeërs.

Willie ·

Hanloe
Iewers het jy nsa se propaganda raak gelees
Die Swart en Bruin volke was en word nogsteeds as Africans en Afrikaane genoem
Die Afrikaners was nog altyd Afrikaanders is Nederland genoem en die Engelse uitspraak Africaanders
Ons voorouers was van Europese afkoms 363 jaar gelede en hul kinders is almal hier gebore dit maak van ons ‘n wit inheemse volk

Dee ·

Hoop jy verstaan nou na Willie se verduideliking, Hanloe. As jy nie verstaan nie, lees dit weer en stadiger die keer. Waarom sal òns die gesprek terughou totdat jý kan verstaan? Jy kan mos maar later aansluit.

Sonja ·

Ek is stomgeslaan oor jou kommentaar Dee. Wat was nou eintlik jou impak op die artikel behalwe om vir Hanloe met jou woorde neer te gooi? Jy is grootbek met Hanloe dat hy eers moet later aansluit, maar vinnig om self niks te sê oor die berig nie. Dis hartseer dat daar mense is wat nooit die son oor ander wil sien skyn nie.

Hanloe Muller ·

Willie. Het jy “common sense” en kan jy van logika gebruik maak? As jy van Holland is – dan is jy Hollander, as jy van China is – dan is jy Chinese. In India word die mense van India benoem as Indiërs, Indiaane, of Indiaaners. In Amerika is dit, Amerikaaners, Amerikaane, of Americans(English). So in Afrika het die volgende terme dieselfde betekenis, Afrikaane, Africans(English), Afrikaaners. Nou vra ek jou weer, wat gee die mense van n ander kontinent die reg, bv. Europeers van Europa, om in Afrika te kom en hulself na die kontinent te benoem – wat reeds mense in/op dit het? Wat dit vir my sê is dat wanneer iemand van Russia na Japan toe trek, dan word sy nageslagte Japanese? LOL!!! Moet my nie laat lag nie, asb! En dan is hulle sommer inheems ook in Japan? LOL! Willie, ek dink ons altwee is geskape met die vermoë om te dink en te redeneer. Wittes kan nie inheems in Afrika wees nie, dit geld vir Japanese ook wat in Russia gaan bly – hulle kan nie inheems daar wees nie. Ek verwag n terugvoering wat nie beledigings het nie, maar met logika en algemene kennis. Dankie.

HEVW ·

FAK bravo en baie dankie vir die internetmuseum van ons werklike Afrikanergeskiedenis.

Jacques Toua ·

Stem saam, dit is n brilliant idea. Ek kan ook nie wag nie en is ook al lankal bang dat die werklike (Ware) geskiedenis verlore gaan.

EMK ·

Ja laat ons ons nie ontsel nie, dis wat die klomp wil hê. Dis elke ouer se plig of elkeen wat omgee oor die ware geskiedenis om hul kinders bloot te stel aan die waarheid soos deur die internetmuseum beskikbaar gestel word. Maak dit ook lekker en interessant as jy jou kind/ers vertel van wat gebeur het in ons geskiedenis sodat dit vir hul iets word wat belangrik geag word.

Berhalet Beukes ·

Wat ‘n verfrissende kommentaar om te lees… Jy is reg…. Jou kommentaar is baie gebalanseerd! :-)

Piet Snot ·

Jy’s reg.
Laat jou kinders ook aansluit by die Voortrekkers. Hulle is eietyds, modern, en leer die kinders o.a. die korrekte geskiedenis. Uitstekende klomp bymekaar.
Dit sluit goed aan by wat jy as ouer jou kinders wil vertel.

EMK ·

Dankie Berhalet en Piet. Mense raak so gou op hol en ons MOENIE – dis wat die regering en hul boelies wil hê. Steur jou nie, maak geskiedenis (die ware geskiedenis) pret vir joukind om te leer. Hou onderlinge vasvra sessies tuis maar op so manier dat dit iets is waarna hul uitsien. Laat hulle jou klop met feite en sien hoe blom jou kind omdat hy jou, die grootmens wen!

Elmarie Swart ·

Net graag iets sê. Dit is skokkend om die geskiendenis handboeke te lees. Die skooktake is nog erger. My kind moes n taak maak oor menseregte. Gee natuurlik name van mense wat geveg het vir n menseregte. Maak n plan, Paul Kruger het oorsee geveg vir die boerevolk. Adam Tas het opgestaan teen die regering oor die koop van produkte van die grenseboere. Gaan krap maar jou ou kennisboeke uit die kas. Dit werk.

Bert ·

Kan ons nie dalk ‘n goedkoop, alternatiewe ‘Geskiedenis vir elke huishouding’ boekie vir veral die jongspan opstel nie? Met baie fotos en illustrasies? Iets wat op groot skaal en maklik versprei kan word. Dit sal my taak as ouer baie vergemaklik.

Piet Snot ·

Bert, sien my opmerking hierbo oor die Voortrekkers.
Hulle het reeds alles – jou kind moet net aansluit (ek belowe, dit doen ons kinders baie goed).

Leonie Terblanche ·

Gaan kyk gerus op die BCVO se webwerf. Hierdie privaatskole bestaan al 21 jaar en as jy regtig omgegee het oor wat jou kinders leer, nie net in geskiedenis nie maar ook in vakke soos Lewensorientering, sou jy dalk bietjie harder gesoek het na die regte skool.

Hendrik ·

die enigste nuwe skoolboeke wat hulle in Poland gehad het na die komminuste oorgeneem het was hulle geskiedenisboeke

hendi ·

As ek so na die berigte in die koerant kyk , is die Afrikaner kort voor lank geskiedenis :…( Dankie vir Afriforum en Solidariteit. Hulle is nie teen ander nie, maar vir hulle eie mense.

Gert ·

Hoe kry ons onderwysers dit reg om sulke foutiewe geskiedenis vir ons kinders te wil leer.?

Sarie ·

Propaganda wat op ‘n subtiele manier in die kinders se kele afgedruk word. Die Lewensorienteringleerplan is ook ‘n propaganda stuk. Voorgeskrewe boeke word ook so gekies om die struggle te herdenk. Baie het nie eers letterkundige waarde nie. Mooiste van die grap die meeste onderwysers wat die vakke onderrig is nie kritiese denkers nie maar volg soos slagskape.

chris ·

Ek wonder net of die hedendaagse ouers self die geskiedenis van die Blanke in ons land ken, of beskou hulle dit ook as onbenullig en so apartheid? Geen wonder die jongspan ken nie meer die ware geskiedenis nie!

neelsie ·

Dankie FAK.
Ouers en grootouers kom julle plig na en vertel vir ons kinders die waarheid.
Materiaal is beskikbaar.

Hanloe Muller ·

@Willie and Dee. Het jy “common sense” en kan jy van logika gebruik maak? As jy van Holland is – dan is jy Hollander, as jy van China is – dan is jy Chinese. In India word die mense van India benoem as Indiërs, Indiaane, of Indiaaners. In Amerika is dit, Amerikaaners, Amerikaane, of Americans(English). So in Afrika het die volgende terme dieselfde betekenis, Afrikaane, Africans(English), Afrikaaners. Nou vra ek jou weer, wat gee die mense van n ander kontinent die reg, bv. Europeers van Europa, om in Afrika te kom en hulself na die kontinent te benoem – wat reeds mense in/op dit het? Wat dit vir my sê is dat wanneer iemand van Russia na Japan toe trek, dan word sy nageslagte Japanese? LOL!!! Moet my nie laat lag nie, asb! En dan is hulle sommer inheems ook in Japan? LOL! Willie, ek dink ons altwee is geskape met die vermoë om te dink en te redeneer. Wittes kan nie inheems in Afrika wees nie, dit geld vir Japanese ook wat in Russia gaan bly – hulle kan nie inheems daar wees nie. Ek verwag n terugvoering wat nie beledigings het nie, maar met logika en algemene kennis. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.