Liggaamsdele langs vrou se lyk aangetref

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se liggaam sonder haar neus, lippe en geslagsdele die naweek gevind is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Mecklenburg in Limpopo gebeur.

“Carol Motene (24) se liggaam is Saterdagoggend voor haar huis aangetref. Sy het ʼn koeëlwond in haar voorkop gehad en haar neus, lippe en geslagsdele was verwyder,” het Otto gesê. “Die liggaamsdele is langs haar liggaam aangetref.”

Volgens Otto is ʼn 28-jarige man wat glo voorheen met Motene in ʼn verhouding was later in hegtenis geneem. Hy sal hierdie week in die hof verskyn.

Die motief vir die moord sal deel vorm van die ondersoek, het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Motief vir die moord ? M.a.w. beweegrede vir die moord ? Dit kan mos nie wees vir enige normale mens. Hy moet totaal van die duiwel besete wees.

Dave ·

Jy’s reg Peet. Hy gaan bietjie langer as Pistoors sit en ook weer vrygelaat word.

Francois ·

WAT de hel het Pstoors hiermee te doen? Wat prober jy sê “Dave”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.