Linden-gesin emigreer na huisroof

Hans Somsen. Foto: Facebook

Hans Somsen. Foto: Facebook

Die eienaar van die huis in Linden, Johannesburg waar 35 mense Saterdagaand deur gewapende rowers aangehou is, het gesê sy gesin sal binne die volgende drie maande na Nederland emigreer.

Hans Somsen het Woensdag aan Maroela Media gesê dat hy reeds ongeveer twee maande gelede besluit het om die land te verlaat uit vrees vir sy gesin se veiligheid. Ironies het sy gesin en baie van hul vriende enkele weke later die slagoffers van ʼn gewapende roof geword.

Die Somsen-gesin het die aand ʼn partytjie by hul huis gehou wat deur vyf gesinne, wat 17 kinders ingesluit het, bygewoon is. Omstreeks 18:30 het drie gewapende rowers met klapmusse en 9mm-vuurwapens by die hek ingeglip terwyl die hek besig was om toe te gaan nadat gaste ingekom het.

Die rowers het eers mense in die oprit laat platlê voordat twee van hulle die huis ingestorm het en die mense daar ook gedwing het om op die vloer te lê. Die rowers het selfone, horlosies en skootrekenaars bymekaargemaak en deurentyd aangedring op die kluis se sleutels.

“Ek het my vuurwapen so halfpad uit die holster getrek, maar een van die rowers het gesien wat ek doen en vir my gesê ek moenie, hy gaan skiet. Ek het gesien dat een van sy makkers die pistool op die kinders op die vloer gerig gehad het en ek het besluit om eerder my vuurwapen aan hom te oorhandig.”

Somsen het gesê hy vermoed die rowers was effens oorweldig deur die groot aantal mense in die huis en dit was vir hulle te moeilik om alle waardevolle items in die huis bymekaar te maak.

“Amper al die kinders daar was Voortrekkers en hulle het geleer as jy in so situasie is, moet jy alle waardevolle items weg van jou af gooi. Hulle het hul selfone en ander goed onder die banke in gegooi. Die vrouens het al hul juwele afgehaal en in die bakke met skyfies gegooi. Dit sou die rowers dus te lank gevat het om te grawe om by alles uit te kom.”

Terwyl die rooftog steeds aan die gang was, het nog ʼn gas by die hek, wat toe oopgestaan het, ingery en een rower buite gesien met mense wat in die oprit lê. Hy het vinnig weer uitgery en 300m verder gestop om die polisie te bel. Toe die rowers die motor sien uitry, het hulle geskrik en op die vlug geslaan.

“Ek ken nie een enkele mense in Nederland wat al ooit met ʼn wapen aangehou is nie. Nie een enkele mens nie. In een aand is my hele gesin en al ons vriende met vuurwapens aangehou. Dit is heeltemal absurd,” het Somsen gesê.

Hy vertel dat hy al 20 jaar lank in Suid-Afrika bly en alles in sy vermoë gedoen het om dringende kwessies in die land te hanteer. Hy was onder meer jare lank deel van sy plaaslike buurtwag, het betogings teen e-tol help reël en was deel van verskeie aktivistiese veldtogte.

“Ek het my beste jare vir hierdie land gegee. Ek is lief vir die land en lief vir sy mense. Die mense hier is goed. Ek het baie hoop vir Suid-Afrika gehad. Maar ek sien nie meer kans nie, ek gee nou op… Dit voel regtig soos opgee, maar ek gaan nie weg met woede nie. Ons laat ʼn baie hegte vriendekring en baie van ons familie agter. Dit is tragies.”

Somsen en sy vrou, Riana, het drie kinders van onderskeidelik ses, 13 en 15 jaar oud. Hy het gesê al die kinders wat deel van die gewapende rooftog was, ontvang berading. Baie het ook hul skooleksamens uitgestel. “Ek voel skuldig dat die kinders en my vriende deur so iets moes gaan by my huis, maar ek probeer alles doen wat ek kan om te help,” het hy gesê. “En daar sal nog partytjies wees voor ons emigreer, hierdie keer net met baie gewapende wagte.”

Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Somsen het beeldmateriaal op YouTube gelaai van gedeeltes van die rooftog wat deur veiligheidskameras vasgevang is:

https://youtu.be/-HYekkF97ik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Willimien ·

Nie n maklike besluit Hans, maar wel een verstandige besluit.
Alle suc6 aan julle met die ‘verhuising’
Enne… Alvast Welkom in die land van klompe en kaas, met baie regels, maar waar dit ook alles heel goed is geregeld;)

Frida ·

Hans ….. je heb groot gelijk!!!! Ik ben jaloers! Ik wens jouw en je gesin het allerbeste!

Hannelie du Plessis ·

En dit by ‘n huis met veiligheidskameras! Die eienaar is gewapen! Die bose bang niks en niemand!

Pieter dp ·

Soo sal die ANC nie van my onslaaraak nie. Sal staan vir my opregte volk en vaderland.

Johan 2 ·

100% Pieter, ons is Afrikaners waar sal ons nou gaan. Engelse probeer al vir jare om ons uit te roei…en hier is ons nog.

Marie ·

Johan as ek kan trek ek more UK toe, die Engelse!!! het my nog net goed behandel, daar hoef ek nie agter slot en grendel te lewe nie.

Schalk ·

goeie besluit, sal graag daar woon, miskien eendag! Alle sterkte, wyse man, n land sal nooit n lewe werd wees nie.

Landie ·

Barbare wat meer regte in ons land het as gewone landsburgers. Hans ek hoop as jy in Nederland aankom, daag jy SA voor die Menseregte Hof!! Dit sal die beste dag vir al ons landsburgers wees!!!

Se Maar Net ·

Nee ek kan die man nie kwalik neem nie. Ons het ‘n mooi land, en hier bly ek.
Maar dit raak net soms te veel. Die probleem is dat niks gebeur met die wat hul skuldig maak aan misdaad nie want
die voorbeeld wat gestel word , laat veel te wense oor!!!!!.

Jax ·

Ek kry die betrokke gesinne werklik jammer! Baie sterkte, veral aan die arme kinders!
Net n kort waarskuwing aan mense, met n SA burgerskap, wat na die EU wil emmigreer. Maak baie seker jy het n vaste aanstelling na die land waarheen jy wil trek. Daar sit tans baie Suid Afrikaners in EU sonder werk. Daar word van die maatskappye verwag om enige oop poste eers lokaal, vir ses weke, en dan binne die EU ook vir ses weke, the adverteer. Sorg dat jy, voor vertrek, n getekende kontrak vir meer as 12 maande, in jou hande het. ‘n Mens kan nie n huis huur sonder n vaste aanstelling van minimum 12 maande. Wees asseblief versigtig.

Chris Erasmus ·

Dit is voorwaar nie ‘n lekker belewenis nie. Die probleem is dat die goed wat die rooftogte uitvoer lafaards is en op die sagte teikens konsentreer. Ek voorsien die dag dat die beskaafde burger in die land gaan sê genoeg is te veel en wet in eie hande neem. Ek was nog nie in so ‘n situasie nie maar het familie en vriende al aan die dood afgestaan in plaasmoorde. Ek dink ek sal my te buite gaan indien ek so iets moet ervaar. Soos gesê, ek was nog nie in so situasie nie en ek hoop en bid ek kom nooit in so ‘n situasie nie. Ek het egter slegte nuus vir die tipe persoon en vir die regime. So maklik sal julle nie van my ontslae raak nie en ek gaan nog die wit waks uit julle irreteer.

moeks ·

Sterkte aan Hans en almal wat hierdeur is. Ek weet hoe julle voel. Dieselfde het met my en my dogter gebeur verlede Desember. Vyf rowers teen ons twee. Hul het selfs die wapen in my kind se mond gedruk en gedreig hul gaan ons doodmaak. Ten spyte van alles wat op kamera opgeneem is het daar net mooi niks van gekom nie. Polisie het ‘n uur en ‘n half later eers opgedaag. Ek is net dankbaar dat ek deur genade kon loskom en ontsnap om te gaan hulp soek.

riana Somsen ·

Ek lees deur al die kommentaar en by joune was ek in trane.. ek weet nie deur waste hel jy moes gaan het nie, regtig dit is iets verskrikliks! Sterkte vir jou en jou dogter want dit is skade vir die res van jou lewe. bid vir jou .!

Theresa ·

Wys jou net hoe arrogant die gemors is. Huis met 35 mense en hulle roof nogsteeds. Ek beny julle wat nou immigreer. Ek wens ek kon dit ook doen. Baie sterkte met die trek en geniet julle wonderlike oor begin.

Lolla ·

ek wens ek het geld gehad om die land te verlaat, dit is net nie die moeite werd om hier te bly nie, maak nie saak hoe lief ons vir ons land is nie, my en my kids se lewens is baie meer werd…..

Tamz ·

Ek wens ook baie keer so…. veral ter wille van my kids, ons nie so gelukkig om net op te pak en te trek nie so nou sluit jy jouself maar toe en bid dat God jou gesin en geliefdes sal beskerm. Hartseer né

Cathy Kotze ·

Die trauma van veral kinders, neem jare om te verwerk. Niemand besef hoe onwerklik die situasie in Suid-Afrika is voordat jy in “normale” omstandighede beland nie.

Ek weet van klein kindertjies wat té bang was om in hulle nuwe huis in Kanada te slaap omdat daar nie heinings rondom of diefwering aan die vensters is nie. Vroue het aanvanklik steeds hulle handsakke in die bagasiebak toegesluit. Dit het een vrou ‘n jaar geneem voordat sy die kondome in haar handsak weggegooi het. In Suid-Afrika was dit daar vir beskerming indien haar motor geskaak en sy verkrag sou word.

Emigrasie is verskriklik moeilik, maar veiligheid, vryheid en ‘n goeie toekoms vir jou kinders is regte waarvoor baie mense bereid is om die opoffering te maak.

nikki ·

Another house with a party was robbed the same evening, the same hour, possibly by the same guys, about 10 blocks away.

Dave ·

Exactly Niki, learn from Tommy. Make an effort and use your language right. It is easy enough.

Streicher ·

Sterkte Hans, net dankbaar niemand het sy of haar lewe verloor nie. Indien dit vandag vir my finansieel moontlik was, het ek my familie ook die land uit gevat. Ek sal myself nooit kan vergewe indien een van my familie lede iets sou oorkom en ek was in n situasie waarin ek dit kon voorkom het nie.
Die skrif is teen die muur, die ANC stel nie belang om burgers van die land te beskerm nie, die oposissie partye is behep met korrupsie en swyg. Hoop van harte julle sal gelukkig wees in julle nuwe land, waar n lewe nog waarde het.

Isabella ·

Het ook ernstig gekyk na Nederland, my man het goeie werk daar gekry, maar my detail navorsing het gewys ons gesin sal nie daar aard nie, die taal is dalk effens dieselfde, die kultuur is totaal anders, probeer maar eerder Oz of Engeland.

Riana Somsen ·

Jip my man is ‘n “kaaskop” , maar die kinders praat nie Nederlands nie. Ek is Afrikaans, maar het daar gebly. dit gaan vir ons almal ‘n baie groot aanpassing wees . Dit maak nie saak waarheen jy trek,dit bly moeilik, ook vir hom, Want eintlik is alles van ons maar hier. BAIE vriende en familie , daaris net ‘n klein bietjie familie. So mens begin weer van voor af ! Maar jou hart le in Afrika en jou verstand is daar….? so dan neem mens die besluit een van die moeilikste wat ons tot nog toe moes doen. Maar dit is nou maar so.! Dit was een wat ons al 2 jaar mee besig was. Daar het al baie trane gevloei in die lasste paar weke en daar gaan nog baie. Maar ons sien dit as ‘n “adventure” en ‘n uitdaging. Die een ding wat ons nie wou gehad het was om so weg te gaan. Dit was die laaste . Maar soos Hans gister gese het dit is soos die Lottery balletjies en ons balletjie het Saterdag toe op ons nommer geval.! Dit is hoe vreeslik dit is.! My hart breek in stukke want ek moet almal agterlaat!

Dirk en Elly Visser ·

Heer Hans Somsen… u bent van harte welkom in het land van molens, dijken. koeien, melk en kaas en niet te vergeten onze tulpen.
Groeten uit Nederland (Holland),
Dick Visser.

Manda Rossouw ·

Julle is baie oulik om die mense so te verwelkom. Pragtig.

riana somsen ·

Baie dankie, maar die proses is nie so maklik. Die feit dat ek al byna 19 jaar getroud is en ook ander half jaar jaar daar gewoon het word ek nog steeds nie toegelaat.Die kinders wel maar ek nie. So ja. Soos ek se Maklik is dit verseker nie.

Rupert Ashford ·

Riana moet jou nie steur aan die bitterbekke nie. Wat julle gaan deurgaan is absolute hel, maar as julle vasbyt (veral die eerste jaar) sal julle vrede kry. Sterkte…

Dave ·

Duidelik is dit vir hulle maklik want ooglopend ìs hulle Nederlanders. Vir my klink dit meer na ‘n huistoe gaan as emigrasie. Nederland sal egter nie maklik vir my ‘n gunsteling wees. Ek dink die land is besig om te veel moslems in te voer – en dìt geld vir die hele Europa.

Cathy Kotze ·

Riana, sjoe! Dit moes verskriklik gewees het. Hoe verwerk kinders soiets?

Sterkte vorentoe. Onthou, Nederland hoef nie noodwendig julle laaste bestemming te wees nie. Baie Suid-Afrikaners is al wêreld burgers en vind uiteindelik ‘n holte vir die voet.

Julle gaan nogtans ‘n moeilike tydjie tegemoet, iets wat net diegene besef wat self daardie paadjie geloop het.

Ons Suid-Afrikaanse vriende hier in Kanada het almal een ding in gemeen. Eers het een kind hiernatoe getrek. Toe borg daardie kind die ouers en hulle trek Kanada toe. Met verdrag het hele families hier beland.

Thanksgiving is deesdae ‘n GROOT fees vol dankbaarheid.

Karel ·

My vraag is, HOEKOM KOM SO BAIE MENSE WAT EMMIGREER DAN TERUG SUID AFRIKA TOE?
Wat is beter daar buite…..net misdaad wat minder is, verder is alles down the drain. Behuising is pateties, medies is swak, stelsels en selfoon opvangs wat nie oral werk nie, godsdiens is nie eers in die mense se woordeskat nie, hulle is so ongelowig, hulle glo nie eers in die duiwel nie, kosse is nie waaraan jy gewoond is nie en baie goed waarvan jy hou kry jy nie daar te koop nie…..raak alles op die ou einde net te veel en dat misdaad dan nie meer genoeg rede is nie? Jou kinders word ook blootgestel aan die goddeloosheid, oorbelle op plekke waar nie eers n gat moet wees nie en tatoës dat jy eintlik n wit stukkie vel moet soek op daai lyf. Watse invloed is die geen dissipline in die ander land ook op jou kinders, en het jy hulle in n land waar hulle kon kerk toe gaan en waar almal van die Here praat en jy op TV en radio gereeld godsdiens programme hoor, dit van hulle ontneem deur hulle oor die water te vat waar godsdiens niks tel nie en in kerke preek hulle en sing hulle n deuntjie om al die verskillende nasies wat daar sit gelukkig te hou, eerder as om uit die Woord die Waarheid te preek. Nou gaan jy ook nie eers meer kerk toe nie, want dis misleidend en glad te gevaarlik om daaraan blootgestel te word. Hoekom trek as jy niks beter kry nie en werk oral oor die hele aarde is skaars op die oomblik? So wat is beter en wat maak dat veiligheid op die ou einde niks meer tel en dat mense weer alles oppak en terug kom na hulle land toe, al sit en wag hulle vir misdaad om plaas te vind. Ek dink al wat beter is is misdaad in die ander lande (wat minder is), maar behalwe dit is niks beter nie en in die begin is dit n avontuur en probeer jy aanpas en leer jy dinge van die land, maar as jy later stilsit en kyk wat jy alles moes opoffer, familie, pragtige huis vir n krot, standvastige geloof vir n geloof soos n boot op die golwe, Afrikatyd net op n ander kontinent, kinders wat se maats se hare en klere soos misdadigers lyk, dan wonder jy, nou wat is dan beter……net misdaad…..was dit dan nou die moeite werd of moet jy maar oppak en terug gaan en jou mure wolke toe vat, kwaai honde kry en jou alarm opknap, maar jy is tussen jou stelsels wat jy ken en jou mense wat dink en redineer soos jy, kan weer aan n goeie medies behoort, jou kinders en jy kan weer na n lekker kerk toe gaan waar jy weet jy hoor die Waarheid uit die Woord en jy kan uit volle bors vir die Here in jou moedertaal sing, die gras, die diere, die see is joune en jy ken dit, jou houthut word weer n huis van steen en dan die beste, n teetjie by jou ouers net wanneer jy wil….of Veiligheid? Wat laat die skaal tip?

Christiaan Terblanche ·

Tik nou hier uit Kanada uit – en het te veel om te sê…baie dankbaar niemand by julle het seergekry nie. Ons het maar toevallig gekom vir ‘n goeie werk; en na 3 jaar worstel ons met die kwessie: gaan ons teruggaan, wanneer gaan ons teruggaan, wil ons regtig teruggaan. Ek kan vir julle een ding sê: daar is nie nog ‘n land met soveel mooi natuur en verskeidenheid en kultuur in een land vasgevang soos Suid Afrika nie. Kanada, Engeland, Nieu Zeeland (waar broer en suster bly) is almal GOEIE lande, maar dis nie Afrika nie. Weet verseker dat in die buiteland jou kinders gou ander-landers sal word, maar jy sal vir altyd Afrika mis.
Hier lê die fietse buite, geen heinings nie, ons vergeet partykeer om die voordeur te sluit – voorwaar ongelooflik veilig. So kom gerus – hier is 100e SAners in Vancouver, en dieselfde geld vir Perth, London en Toronto. Maar wat my elke dag pla – hoe kan ons toelaat dat ‘n spul barbare (en almal is nie so nie) ons uit so ‘n mooi land uit dryf – is daar nie iets wat ons kon doen nie; sou ons nie eers daaroor kon saamstaan nie?
Christiaan Terblanche
(NS daar is baie hekkies waar mens moet oor om hier aan te pas – en die weersinwekkende Amerikaanse kultuur dring oral is- en die Asiers kom in duisende – en jy moet Engels praat :) – en als is vrek duur – en dis koud!) Voorspoed!

Bernadine ·

Jammer dat julle deur so iets moes gaan. Ons het ook in Linden gewoon. Ons het reeds ons besluit 5 jaar terug gemaak, bly tans in Cincinnati Vsa. Ons voel soveel veiliger en ons kinders het n toekoms.

Swanna ·

Hans is moontlik ‘n gebore Nederlander, dit is hoekom hy so maklik kan terug gaan na sy geboorte land. Baie jammer wat met hom en sy gesin gebeur het maar het ons nie meer die “guts” om hier in hierdie land aan te bly nie? Gaan ons almal die land verlaat as so iets met ons gebeur? Ons voor ouers het geveg vir hierdie land en hulle kinders en hulle het gesterf in hierdie land om dit aan ons te gee. Is dit nie tyd dat ons moet begin besef dat ons ons slaapgat gyt moet laat staan en begin om op te staan teen hierdie tipe dinge wat gebeur nie? As dinge daar oorkant in die ander lande ook begin warm word dan pak ons weer ons goeitjies op en vlug na ‘n ander plek. Is dit die tipe mens wat ek hier bespeur as ek so deur al die kommetare lees. Vlugtelinge!

El-Ria ·

Swanna, as jy vir Hans geken het, sou jy geweet het dat hy die heel eerste een was (en is) om op te staan as iets verkeerd lyk of klink in hierdie land. Hy en Riana en hul kinders is beslis nie vlugtelinge nie … hulle is eerder suvivors! Hans was altyd te kry aan die voorpunt van betogings en organisasies om die korrupsie in hierdie land te beveg. As jy slapgat soek, gaan jy die nie in die Somsen gesin kry nie. To each his own. Ek wens Hans en sy gesin die beste toe. As een gesin dit kan regkry om aan te pas en ‘n nuwe lewe te begin in ‘n ander land, dan is dit nou hulle!

Thea Gerber ·

Julle is gelukkig om terug te kan gaan na julle geboorteland.
Wat my verwonder is dat julle 20 jaar gelede (1995) hierheen gekom het.
Feitlik elke Suid Afrikaner het gedurende 93-95 uit die land probeer wegkom.
Ons het almal geweet waarheen ons land op pad is.
Die probleem is dat sommiges van ons reeds te oud is om te immigreer, en verder is die wisselkoers so sleg.
As ons vandag 20 miljoen rand het en ons 1.4 miljoen Euros en dit is bietjie min om mee van vooraf te begin. Huis te koop, kar te koop, ens, ens.
So vir ons is daar nie die vooruitsig om weg te gaan nie. Botswana of Namibië miskien, maar hulle het weer hulle eie probleme en hulle regerings gaan ook maar die Afrika gang.
Ek is regtig jammer dat julle so ‘n verskriklike ding oorgekom het. Baie sterkte.

magriet ·

ek kan nou nie die f woord gebruik nie, so ek se maar flippen vuilgoed mag ‘n trein hulle trap

Eliza-beth ·

Sterkte aan die gesin – jammer wat gebeur het. Wat my betref – ek bly net hier. Was al oral – Japan, VSA, Australië, die Verre en Midde Ooste, hope kere in Brittanje en meeste lande in Europa maar nee dankie vir enige ander plek as hier. Ek sal nooit die aaklige weer oorleef nie, nog minder die kultuur. Die naaste is Australië en daar sal mens ook maar ‘n buitestaander bly. Ek stem met Thea Gerber wat die geld betref – mens het miljoene der miljoene nodig om net enigsins aan die gang te kom en te oorleef sou jy net tydelik werk kry of wat ookal. Ek het dit nie en verder bly ek hier en klaar. Ek lief my land en soos ek al voorheen gesê het as iemand my dan nou wil kom vermoor oor my velkleur of wat ookal, wel, ek sal nie gaan sonder ‘n groot kabaal en geveg nie, maar dan is dit op hulle en ek glo daar is “justice” eendag.

Sindie ·

Ek is so hartseer terwyl ek hier tik. Nog ‘n pragtige familie wat landuit gaan. Om my is grootouers, ouers, broers en susters wat almal huil oor familie wat weg is en op pad uit is. Meeste van ons is in ‘n mindere, en meesal meerdere, mate deur die misdaad aangeraak. Voorspoed aan hierdie familie, mag die aanpassing maklik verloop, veral vir die kinders. Ons vra net dat jul alles in jul vermoeë sal doen om die misdaad in Suid Afrika onder die wereld se aandag te bring.

Ben ·

Ek wens ek kon ook gaan, maar as al die wittes gaan, sal dit wees soos ‘n hond wat ‘n bus jaag. As die bus stop, weet die hond nie wat om met die bus te maak nie. SA sal verdwyn!

Elmarie Venter ·

Ek wens die gesin voorspoed toe. Ek was daar Saterdagaand. Het probeer. Is van Linden Victim support eenheid. Sterkte.

Collin Parker ·

Wanneer jy jong koring op die land het kan jy nie net vir jouself besluite neem nie. “Ons sal lewe , ons sal sterwe, Ons vir jou RSA” gaan nie vir jou kinders i toekoms gee nie. Dit gaan nie vir jou lewens kwaliteit gee nie. Dit gaan nie vir jou kos op die tafel sit nie. Dit gaan nie vir jou i dak oor jou kop sit nie. Sonskyn, sunny skies, boerewors, biltong en Chevrolet, rugby, is nie waaruit die lewe bestaan nie. Ek het in die gewapende magte gedien, op die Angola grens geveg, in RSA geveg en toe is ons uitverkoop deur diegene v.d. Afrikaner Broederbond wat die indoktrinasie ontwerp het van “ons sal lewe , ons sal sterwe vir jou RSA” (wys my een Ma wat die drek gesing het toe haar seun/s moes gaan veg op die Angola grens vir PW Botha, Pik Botha, F.W. De Klerk en gespuis….. Hulle het nie daardie gedeelte gedoen nie. Nee Meneer, hulle kinders het op Tukkies en Stellenbosch gesit sodat hulle die decision makers kon word en besluit vir die stupid massa mense wat hulle in 3 groepe verdeel het. Dit is nou die Afrikaner Broederbond. Niks het in RSA gebeur sonder die AB se toestemming nie. Vandag sit ek in Kanada. My jong koring is profesioneel gekwalifiseerd en verdien 6 syfer salarisse. Ek het nog nie een oomblik terug gekyk nie. Oh yes. Ek het die tipes gesien wat terug gaan RSA toe. In my opinion ” Good riddance”. Ons het julle nie nodig in Kanada nie. Niemand het julle gevra om hiernatoe te kom nie…..

nig ·

Colin Parker wat se narigheid is dit met jou “good riddence…”. Dis nou wraggies nie nodig nie, skaam jou man! Jy dink met ander woorde jy is wonderlik en mense wat terugkom is ‘n sekere “tipe” volgens jou aanmerking.

Alwene ·

Baie sterkte aan die gesin met die nuwe uitdaging. Soos in vorige boodskap versoek is: Maak ASB die wêreld bewus van wat regtig in SA aan gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.