Man boet met lewe om geliefdes tydens ‘oorlog’ op kleinhoewe te beskerm

Johan Oelofse en Miempie Du Toit. Foto: verskaf

Johan Oelofse en Miempie Du Toit. Foto: Verskaf

Johan Oelofse, ʼn 42-jarige bouer van Louis Trichardt in Limpopo, het Sondagaand manalleen ses aanvallers afgeweer wat uit die bloute lukraak losgebrand het op die huis waar hy en sy geliefdes op ʼn kleinhoewe buite die dorp woon.

Hy het sy lewe geoffer, maar kon in sy doel slaag om hulle uit die huis te hou.

Oelofse en sy vriendin, Miempie  du Toit (42), het Sondagaand televisie gekyk kort nadat Du Toit se twee kinders, Wimpie (10) en Inge (16), gaan slaap het toe “alle hel” omstreeks 21:30 losgebars het.

“Inge het skaars haar kamerlig afgesit. Die huis was donker en net die televisie was aan toe Inge se kamervenster stukkend geskiet is,” het ʼn erg getraumatiseerde Du Toit Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Oelofse en Du Toit is dadelik na die kinders se kamers. Die vier het in ʼn gangetjie geskuil terwyl skote al om die huis afgegaan en altesaam 19 vensters stukkend geskiet is.

Oelofse kon in die harwar daarin slaag om sy pistool en selfoon in die hande te kry. Hy het in die rigting van die aanvallers geskiet van waar hulle van alle kante om die huis toegeslaan het. Die paartjie het ʼn vriend, Marius Botha, gebel en hulp ontbied. Botha het op sy beurt die polisie en buurtwag ontbied.

“Hulle het van buite af geskree hulle gaan ons almal doodmaak. Johan het vir hulle geskreeu dat hulle nie sal inkom nie. Hy het sy alles gegee om hulle buite te probeer hou en amper al sy patrone gevuur toe hy in die kop getref is.”

Du Toit verduidelik sy en die kinders het net plat op die gang se vloer bly lê en dat daar vir ʼn lang ruk stilte was voor hulp opgedaag het. Die verdagtes het gevlug sonder om enigiets te buit.

“Binnekort was almal daar, maar dit was te laat vir Johan. Hy was op slag dood,” het sy huilend gesê.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die polisie en buurtwag het die verdagtes se spore gevolg en van hulle waargeneem waar hulle onder ʼn klein bruggie geskuil het,” het Otto gesê. “Die verdagtes het op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet.”

Een verdagte is óf deur die polisie óf deur Oelofse gewond. Hy is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Nog ʼn verdagte is daarna in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens wat vroeër die naweek by ʼn naburige plaas tydens inbraak gesteel is.

Volgens Otto is die res van die verdagtes steeds soek en ondersoek die polisie ʼn saak van moord.

“Johan is ons held. Hy het sy lewe opgeoffer om die groep uit die huis te hou. Hy was ʼn sagte mens wat altyd daar was as ʼn mens hom nodig gehad het. Hy het sy alles vir my en my kinders gegee,” het Du Toit gesê.

As Oelofse nie gewerk het nie, het hy takies om die huis  verrig en was ook mal daaroor om te skilder.

Hy laat Du Toit en haar kinders, ʼn broer, twee susters en ʼn dogter agter. Oelofse se verassingsdiens vind Saterdag om 10:00 by die Agape-gemeente op Louis Trichardt plaas.

Du Toit en haar kinders woon tans by familie in die dorp en ontvang berading. Sy het gesê sy gaan nie teruggaan na die kleinhoewe toe nie.

  • Dit is nie die eerste geliefde wat Du Toit weens ʼn aanval op ʼn plaas of kleinhoewe moes afstaan nie. Haar pa, Ben Keyter, is 11 jaar gelede in die ouderdom van 78 op sy plaas naby Alldays in Limpopo vermoor nadat vier verdagtes daar toegeslaan het. Die verdagtes het tydens hul plundertog Du Toit se ma, Daleen, in ʼn boksvrieskas probeer inboender, maar die vrieskas op haar omgekeer nadat sy haar teen hulle verset het. Sy het intussen ʼn beroerte gehad en word in ʼn ouetehuis op Louis Trichardt versorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

SNEL ·

My hart is stukkend vir die mense. Kan my nie eers indink wat julle moes deurmaak met die skote om julle nie. Wat n held van n man om so man alleen te veg vir sy gesin. Jammer dat julle so n wonderlike mens verloor het. Mag die Here julle dra deur hierdie moeilike tyd.

Ken ·

WAT!! Val die huis aan van alle kante af en skiet 19 vensters stukkend.. Liewe hel, klink meer soos ‘n terrorisme aanval as ‘n gewone roof aanval… Die duiwel is los in die land van ons. Roof is lankal nie meer die rede hier nie, moord is eerste op die lys. En hoe langer Zuma regeer hoe meer van die gevalle sal ons van hoor. Het nie meer woorde nie…..

Annie ·

Skrikwekkend kan net dink wat se hel moes daai mense deur gaan – maar Zuma doen niks omtrent die plaasmoorde nie – hoekom sal hy dis nie sy mense nie. In hierdie land is meer as die duiwel los. Sterkte en voorspoed aan die familie.

Constance Visser ·

Baie hartseer hoe die aanvalle net meer en meer raak en ons regering stel glad nie belang om enigsins iets daaraan te doen nie

Noni Henrico ·

Nee dis 2 verskillende dorpe Lephalale is ou Ellisras en Louis Trichatdt was op n stadium Makhado

Mariana ·

Ek kan nie glo dat die regering nie iets wil doen nie..hulle vergeet waar hulle kos vandaan kom van boere… Ek kan my nie eers indink hoe julle moet voel nie..maar weet net GOD sien alles raak en hy weet van alles.

Eddie ·

N brief aan Zuma. Net jammer hy kan nie behoorlik lees nie maar hoop iemand sal dit vir hom kan vertaal. Word wakker en sien wat aan die mense gedoen word. As jy daai pos wil beklee en in daai stoel sit kom daar verantwoordelikhede saam met dit. Om mee te begin stop hierdie moorde op onskuldige mense wat vir geen rede so gemartel word en gemoor word nie. Daar is n hele taakmag aangestel om een van jou lyfwagte se moord te ondersoek. Wat doen jy om hierdie plaas moorde en gemors in die land te stop?????????? Sal jou se net mooi niks nie. Ek het regtig nog nooit in my lewe van so n President gehoor wat dinge toelaat wat jy doen nie. Ek sou as ek jy is my gesteelde geld vat en baaaie ver wegkom uit Suid Afrika. Die mense het genoeg gehad van jou dade wat jy doen en se. Gee die pos aan iemand wat egter die werk kan doen om sy mense veilig te hou en die gemors van die strate af te kry. Nee vrek so kan dit nie aangaan nie. Genoeg is nou genoeg.

arie plaasboer ·

Eddie,
Ek stem saam met jou oproep en ek wil dit verder uitbrei.
Zuma het by altwee kere van ampsaanvaarding PLEGTIG in die openbaar onderneem met `n eed wat hy afgele het, dat hy sy kragte sal inspan om almal wat in die land woonte beskerm …
Bekom maar `n kopis van die Grondwet van Suid Afrika op die internet en indersoek die belofte (EED) wat enige / alle staatspresidente van RSA moet afle by ampsaanvaarding.
Is hier nie `n saak te maak van nalatige versaking van sy plig teenoor AL DIE INWONERS van die land en behoort hy dus nie amptelik daaroor aangespreek (in `n staat van beskuldiging geplaas word) en van sy pos onthef te word nie.
Dit is al voorheen gedoen – dink aan Pres Nixon wat in `n staat van beskuldiging geplaas was en van sy pos onthef was.

Dazel ·

Ek stem so saam met jou Brief! Net jammer daar sal nie iets daaraan gedoen word nie, en soos jy se hy sal dit nie eers kan lees nie… Al wat ek kan se is R.I.P. Neef, jys nou op n beter plek as enige een van ons hier op aarde

Eliza-beth ·

Me Miempie du Toit – my hart en gedagtes gaan uit na jou vandag – dat jy twee keer sulke wreedhede na aan jou moes meemaak is net vreeslik. Ek is so jammer vir jou en ek voel ook bitter jammer vir die twee kinders wat sonder pa gelaat is. Baie sterkte vir almal, ek is seker duisende bid vir julle.

Muller ·

Hoeveel meer moet ons arme boere deur gaan. Wat gaan aan met die regering, kan niemand net opstaan vir ons boere en baklei vir hulle veiligheid nie, dit raak nou regtig absurd! Afri-Forum en Solidariteit kom aan julle kan seker iets doen, help asb die onskuldige mense wat letterlik elke dag afgemaai word, net omdat die regering net mooi niks doen daaromtrent nie. ASB iemand moet seker iewers kan instaan vir ons boere??

Winston ·

Weereens n moord wat rasgedrewe is, op n onskuldige familie. Jammer dat hy sy lewe as n held verloor het en tyd dat ons vir hierdie manne n helde muur bou. n Plek waar almal kan besoek sonder vrees vir hulle lewens en waar gesien kan word.Hoeveel van ons word vermoor onder n dekmantel van huisroof? Dit is nie misdaad nie dit is rasse haat. Geen regdenkende persoon sal hierdie aanval as misdaad sien nie. Ek hoop Maroela plaas my kommentaar. Vriende van my het onder soortgelyke omstandighede n aanval oorleef en kon een doodskiet. Dis absurd en die regering keur dit goed deur n dowe oor te gooi in plaas daarvan om te luister. Miskien moet ons ook begin eis?

Chris ·

En hoe moet ons onself bewapen op n wettige manier as al wat n waapen aansoek wat ingedien word vir die snaakste redes af gekeur word? Die regering wil nie he ons moet wapens besit nie.

Genis ·

Winston, hoekom smeek jy Maroela om jou kommentaar te plaas? As mens se kommentaar nie goed genoeg is vir hulle nie, is mens se ondersteuning en geldelike bydraes ook seker nie goed genoeg nie en onttrek jy dit net eenvoudig.

Sune van Heerden ·

Dagsê Genis

Maroela Media verwyder slegs kommentaar wat ons en ons lesers kan blootstel aan moontlike regstappe, en dis vir ons belangrik dat alle lesers lekker moet kan saamkuier.

Maroela se nuus is egter gratis – daar is geen finansiële ondersteuning of geldelike bydraes wat ons van ons lesers ontvang nie.
Kontak my asseblief dringend by [email protected] indien enigiemand jou onder ‘n wanindruk geplaas het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Genis ·

Ag strooi, maar hou maar gerus julle ou nuus in swak Afrikaans.

Rerig? ·

Genis, wat soek jy dan op hierdie platform? Gaan lees iewers anders of hou op kerm.

Debs ·

En geen woord daarvan word gerep op die TV se nuus saans nie…. maar as iets in KZN gebeur word dit uitgesaai…. ZUMA ZUMA ZUMA !!!

Marianne ·

Boere en publiek is gemaan om hulle wapens aan die SAPS te oorhandig. IS DAARDIE WAPENS HER VERKOOP OF AAN BEMAGTIGING GESKENK? Hoeveel helde soos Johan moet ons nog verloor? In Troepie Doepie sing Rina Hugo doen jou plig teenoor jou land maar kom terug na my… my boetie het nie terug gekom nie. Gaan ons weer oorlog he? Gaan al die mans en nou ook vroue en kinders in plaas oorloe vermoor

RSA ·

Ja daar gaan n oorlog kom,glo my,maar ons almagtige GOD sal ons beskerm net soos hy ons voorvaders beskerm het. Hy sal ons oorwinning gee, in hierdie land en ons SAL weer opstaan

Naomi ·

So jammer oor julle verlies. Mag die Here ons help in hierdie land.

Charl Coetzee ·

Siener sê die volk moet terug keer na God toe. Lees Raath se boek oor siener. Gaan kerk toe want so bou ons ‘n gemeenskap. Bid gedurig. En moenie almal haat vir die oortreding van ses nie.

Tokkie ·

Jammer Charl, maar die meeste “Kerke” waarmee ek te doen kry is klaar NWO – ek hou kerk by my huis.

danie ·

Net n simpel vraag, se die bybel nie sieners en waarse is verkeerd nie, of hoe nou

Kaaiman ·

…. en dan kom jy van die kerk af dan val hulle jou aan …..

Stefaan ·

Wees ten alle tye paraat al sit jy voor die TV. Sit nooit met jou rug na ‘n venster toe nie en hou jou wapen in jou hand . Dit klink drasties maar enige iets om te oorleef. As jy nie in jou eie huis veilig is nie waar is jy veilig. Elkeen moet na sy eie veiligheid omsien. Dit is die wrede werklikheid.

Lettie ·

Kom ons vergeet nou van al die negatiewe kommentaar. Ja ons almal voel presies dieselfde oor die plaasmoorde en aanvalle op ONS mense maar dit help nie ons gaan aan oor iets waaroor ons geen beheer het nie.
Ek wil net vir die familie sê ons innige simpatie met die verlies van jul Geliefde – hy is ‘n HERO.

danie ·

Dit is altyd hartseer om te hoor iemand is onnodig vermoor, en dit maak mens baie kwaad. Maar dan wonder ek hier in die stad . Hier is daar omtrent 10 huise per hektaar. Ek kan nie eers se hoeveel mense nie die slim ouens sal weet. En hier is daar ook daagliks moord en roof aan die gang. As jy kyk na die landbou areas is daar veel minder huise so ek kan verstaan dat daar minder geld in die areas is vir noodsaaklike ding soos sigbare polisieering en dies meer. Maar dan slaan dit my stom dat organisasies geld spandeer om mekaar in die hof te dagvaar oor allerhande onsin soos straat name en wie waar mag wat en wie mag nie. Kan van die geld nie gekanaliseer word om boere te help om hulle sekeriteit op te skerp nie. Of beding pryse met verskaffers om die pryse laag te hou vir boere.

Chris H ·

Hoekom hoor n mens niks op die nuus op radio of tv nie?

Het Maroela media nie n verslaggewer wat met ander media kommunikeer nie?

Fanie ·

Danie, jy is reg. Die bybel se wel dat sieners en waarseers euwels is. Dis vir my verbasend hoeveel gelowiges vir Sien Van Rensburg aanhaal. glo hulle werklik in sulke gemors?

Eliza-beth ·

Ek probeer dan ook weer dieselfde kommentaar wat nie verskyn: Me Miempie du Toit, ek dink aan jou en is baie jammer dat jy alreeds twee sulke wrede aanvalle op geliefdes moes beleef. Sterkte vir jou en ook aan die twee dogters wat hul pa aan die dood moes afstaan. stekte vir die hele familie, ek is seker duisende in SA dink aan julle en bid vir julle. Ek weet nou nie hoe dit nou nie aanvaarbaar was nie Maroela? Dit is al vanoggend gelewer en net weg!

Katryn ·

Tokkie ja ek bly liewers by die huis en luister na ‘n diens oor die radio of tv, want gaan jy kerk toe weet jy nie wat wag vir jou by die huis nie! Sterkte vir die mense wat aangeval is, mag Liewe Jesus julle dra deur hierdie moeilike tyd.

Flippie ·

Wat gebeur het is verskriklik. Ons bid dat Miempie, Inge en Wimpie op ‘n manier die ding sal kan vewerk en op ‘n manier voort gaan met hulle lewens

Hierdie is nie bloot ‘n toevallige rooftog wat deur toevallige rowers op toevallige slagoffers plaasgevind het nie. Nee, hierdie rooftogte word haarfyn vooraf beplan en uitgevoer deur opgeleide operateurs. Die slagoffers word ook vooraf gekies.

Die problem is net ons weet nie wie volgende is nie, maar wees verseker dat die volgende slagoffers reeds geïdentifiseer is asook die mode van die operasie.

Desire ·

Genugtig! Baie baie sterkte uit my hart aan die dame en kinders. Na ons aanval, slaap my kinders steeds nie alleen nie… En niemand het nie eers gesterf nie. xx

anita ·

Mense, dis skokkend! Hier wa ek in my bed le en maroela nuus lees, kan ek nie glo dit gaan al so erg nie.sterkte aan familie! Ons sal moet bid !!

Gerhardt ·

Voorwaar ‘n held! Net bitter jammer dat ‘n gesin van a pa beroof is. Die wiel draai altyd.

Therese van Schalkwyk ·

Gerhard Kleijn, jy is reg, hierdie is beslis ‘n tragedie. Dit is nie meer die SA wat ons geken het nie, maar ‘n daaglikse oorlog-sone. Daar is egter min aan te doen, die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners reken ons mag nie kla nie, want “almal” ly onder misdaad. Die feit dat hierdie dade hoofsaaklik swart op wit geskied, word gerieflikheidshalwe geïgnoreer.

Sou graag wou weet waarom jy hierdie berig beskou as “swak geskryf”. Vind absoluut geen fout daarmee nie; die teendeel is eerder waar. Jou begripsvermoë is moontlik nie te waffers.

E.K. ·

Maroela neem die kommetnaar funksie weg, dit werk net nie. Volgende jaar gaan ANc buiendien alles so sensor niks gaan deurgaan nie

Rudi ·

Vaar wel my broeder. Jy sal n Helde onvangs kry GOD eer sy Krygers.

W.S. ·

Ag, my diebare volksgenote !! Bekeer julle van jul verkeerde weë en die Kroon van die ewige lewe is joue. Die einde is nader as wat ons dink en net God kan ons red — BEKEER JULLE !!!!

Petrus ·

Dis verskriklik ons blankes lewe in n gevaarlike tyd, lewe in vrees terwyl die ander populasie bly vermeerder hul loop vry en verwag als verniet en as hul nie hul sin kry nie gebruik hul geweld, ons dra die rekening, so baie lesers se hier kom oorlog en God sal ons beskerm……6000 Christene in Mosul het dit ook gese hulle was almal vermoor, jy as Afrikaner wag vir die ander Afrikaner om iets te doen, waste plan het jy, intussen wag jy vir more se nuus en sien nog n paar vermoor, waneer gaan die Afrikaner opstaan en saamstaan dis oorlog teen ons en ons oe is toe, die vrees moet omgeswaai word, ons is soos hoenders wat le om geslag te word……..begin beplan

Cheryl ·

Ons is nie veronderstel om DIT op die nuus of koerante of radio te sien of te hoor nie … DIT MOET GLAD NIE met enige iemand gebeur nie… Ons moet net aanhou BID vir genade en verlossing. PUSH PUSH PUSH PUSH PUSH. Pray until something happens!!!

arie plaasboer ·

Ek lees met afsku dat die man sy ammunisie byna weggeskiet het net voordat hy in die kop getref is.

Nou weet ek nie so mooi nie. Sonder om voorskriftelik te wil wees of verwyte te slinger wil ek net graag meld dat met my wapenopleiding is dit baie sterk onder my aandag gebring dat jy nie moet skiet as jy nie jou teiken kan identifiseer nie.
Lukraak skote in die lug of nag gebruik net ammunisie wat jy later dalk regtig nodig sou gekry het. Ook stel dit jou bloot teenoor diegene wat na jou skiet.
Ek weerhou my van verdere kommentaar.

antonie ·

Mens vat nie n paar vyande aan met net een magasyn nie, maar hy het geskiet vir effek, hy wou natuurlik he dat hulle moet weggaan. Dit is tyd dat die boere nie net n pistool (n pistool is nie baie effektief in die nag oor n afstand nie, n pistool is net effektief +- 25m in die dag) het nie, maar n R4 of M16 tipe wapen het met 4 magasyne, tracers kan ook help

Nina ·

Mag ek vra hoekom jy op ‘n Afrikaanse forum in Engels antwoord, terwyl dit baie duidelik nie jou Moedertaal is nie?

Alle simpatie aan hierdie gesin en hul families. Dis hartbrekend om dag-na-dag sulke berigte te lees.

Johannes Meintjes ·

Eerstens diepe simpatie, en dan hope frustrasie. Medemense, ons het mos nou al hoeveel ondersoeke, berade, vergaderings, sit-sit-so belangriklyk instansies en media berigte agter ons. Wat gaan dit verg om barabarisme, onsinnige rassisme, en volksmoord of plaasmoorde, maar ook stedelike terreur, hok te slaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.