Man op Vrystaat-plaas doodgesteek

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man is Vrydagaand op ʼn beesplaas buite Harrismith in die Vrystaat vermoor, terwyl sy vrou ernstige steekwonde opgedoen het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het tussen 20:00 en 22:00 die aand aan die deur van die huis van Robert Rhadebe (67) en sy vrou, Martha, ook in haar 60’s, geklop. Robert werk glo al jare lank op die plaas as bestuurder.

Volgens Mophiring het die twee mans eers voorgegee dat hulle hout wil koop en daarna messe uitgeruk en geld en vuurwapens geëis. Hulle het Robert én Martha oorval en hul hande en voete vasgebind. “Die verdagtes het Martha in die rug en arms gesteek en Robert na ʼn ander kamer in die huis gesleep,” het Mophiring gesê. “Nadat hulle ’n ruk in die kamer was, het hulle in ʼn wit Nissan-dubbelkajuitbakkie gevlug.”

Mophiring het gesê Martha het gewag totdat dit stil was voordat sy na ʼn ander huis op die plaas gekruip het om hulp te kry. Ander inwoners van die plaas het hulle na die Rhadebe-egpaar se huis gehaas waar hulle Robert se liggaam onder ʼn hoop klere en linne in ʼn kamer aangetref het. Hy het reeds aan sy veelvuldige meswonde beswyk. Martha is deur ʼn ambulans na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

“Die polisie ondersoek sake van huisbraak en moord,” het Mophiring gesê. “Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat die wit Nissan-dubbelkajuitbakkie met die nommerplaat MLZ 880 GP gewaar, om hul naaste polisiestasie in kennis te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Drieks ·

ANC !!!!! Jul vermoor ons land se boere. Jul kan nie eens vir ons ñ leier gee nie. Gooi asseblief vrywillig handoek in !!!!

Michelle de Wet ·

Nog n plaasmoord!!! Wanneer gaan hierdie barbare besef dat hulle eet omdat daar boere is. Baie dankie aan al die boere en werkers op plase wat daagliks hulle lewens in gevaar stel sodat ons kos op die tafel kan hê. Rus in vrede Robert. Sterkte aan sy vrou en familie. Mag die Here vertroosting bring met hierdie sinnelose daad.

Winston ·

Ja net weereens n sinnelose plaasmoord. Sterkte vir die familie van n man wat gewerk het en iets werd was vir die landbou. Hierdie moordenaars verdien die doodstraf. Zuma hou op lag en begin self iets doen iets aan die probleem. Of moet ons dit doen?

Ryan Kommentaar ·

My hart bloei vir die familie van Robert en vir ons land.

Ons (die wat rerig omgee vir ons land…..nie ‘n kleur, skakering, politieke oortuiging of taal assosiasie nie) moet die leiding neem.

Daar is baie mense op ons plattelandse dorpies. Kom ons stig ‘n Nie-Vir-Wins organisasie wat veiligheidsdienste vir ons landbouers verskaf.

Johann Marx ·

En net hier gaan daar nou ‘n nuwe gestryery ontstaan wat min of meer so gaan: Sien? Dis nie net swart kriminele wat duisende WIT boere vermoor nie…..swart boere word OOK vermoor!! Dan word daar gestry oor HOEKOM soveel wit boere vermoor word en so min swart boere….Dan kom die antwoord…Want daar IS so min swart boere….en dan begin daar ‘n bakleiery oor grondbesit…..en intussen moor die kriminele lustig voort.

Ria Bezuidenhout ·

Sterkte aan die familie. Dit is regtig nie regverdig dat daar soveel moord gepleeg word nie

Hettie ·

Nog steeds plaasmoord!!!! DOODSTRAF MOET TERUG!!! Wanneer sal ophou om boere dood te maak?????

Peet J ·

Bejaarde mense, verafgeleë plek sagte teiken: hulle soek geld wapens voertuig om nog verder te gaan steel en moor
Sterkte aan die familie niemand verdien dit om op so’n wyse vermink en vermoor te word nie.

Joey ·

Boere moet nou begin besef hulle is teikens. Elke naweek word boere vermoor. Moenie deure oopmaak nie. Moet niemand vertrou nie- raak ASB paraat. Die mense is moordenaars…..hulle gaan nie stop nie..my hart raak so seer as die berigte lees! Ek bid dat die regering sal uit hul blokke kom en na die veiligheid van ons boere begin kyk.

Hennelie Rust ·

Wat is werklik waar? Dit is polities.Daar is die ekstrimistiese partye wat : Polities onvolwasses aan hul kant kry met moord propaganda. Die regdenkende, goeie swartes en die wittes werk skouer aan skouer op die plase. Die werkers word beskou as verraaiers en daarom moet hulle ook vermoor word. Die oplossing: Staat moet geld jaarliks bewillig vir kommando stelsel en die boere sal hulle self verder beskerm,Plase is te ver van polisiestasies af,en die radikales tref jy ongelukkig oral tot in die polisie. Boere lig die werkers dienooreenkomstig in om te weet van die radikales,vir hul veiligheid ook, Staan julle wat kosmaak saam, op die plase en baie sterkte,vorm’n Christelike mag om mee rekening te hou ! Vir die radikales wil ek net sê: Om kos in te voer,kan maklik skeef loop as die lande self droogtes het sal hy sy eie land eerste voed en vir jou net sê : Jammer ek kan nie vir jou kos voorsien nie. Zimbabwe het so deurgeloop a.g.v. politiek maak en kosvoorsieners, vermoor en plase gevat,en oorblywende boere aangespoor het om tabak,eerder as kos te produseer. Niemand kan tabak eet nie. 5000 per dag stroom hul mense S,A. toe. Hoe dink die radikales watter druk om ook te eet,gaan dit nog oor ons land bring? Boere probeer deur beter tegnologie meer produseer,maar moet ook maar na die reën kyk en as dit hier, nog droogte by die moorde kom? Die kastige koop deur vreemdes op plase en ander stories! Die ordentlike mense, moenie vertrou nie,vreemdes is vyande van die vrede en veiligheid op plase. Ag ons harte gaan uit na die ordentlike en goeie man wat vermoor is jou loon sal groot wees in die Hemel.Aan sy vrou…..jy het ‘n dapper, goeie man ghad en baie sterkte !

Treurdgrond ·

Plaasmoorde – ‘n aanslag teen ons WIT boere – dit is so frieken hartseer. My hart gaan uit na almal toe wat vermoor word deur doellose mense – doelloos wat nie weet wat hulle wil he nie – hulle wil net WIT mense doodmaak. Maak my net frieken upset hier in my hart.

Johannes Meintjes ·

Ons sien uit na die resultate van die nuut-aangekondigde nasionale AfriForum plan vir burgerlike beveiliging in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.