Man sterf ná sweeftuig val

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Man is Sondag dood nadat sy sweefvliegtuig buite Potchefstroom in Noordwes neergestort het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel sowat 3km buite Potchefstroom ontbied waar die tuig neergestort het. “Die man is in die wrak gevind. Hy het noodlottige beserings opgedoen en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie.”

Bodasing het gesê verdere besonderhede oor die voorval was nie onmiddellik bekend nie. Die Burgerlugvaartowerheid is van die voorval in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.