Man vas ná vrou, kleuter se valdood

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Gautengse polisie het Sondag bevestig dat ʼn 39-jarige man in hegtenis geneem is nadat hy glo sy vrou en kind by die sesde vloer van ʼn gebou in Joubert Park, Johannesburg, uitgestamp en hulle na hul dood geval het.

Maroela Media het vroeër berig dat paramedici die ma en die vyfjarige kleuter op grondvlak in Claimstraat aangetref het nadat hulle ses vloere ver geval het. By die paramedici se aankoms was die vrou reeds dood. Die kind is kort daarna ook op die toneel dood.

ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê die man is deur lede van die gemeenskap aangekeer en aan die polisie oorhandig. ʼn Klag van moord is teen hom aanhangig gemaak en hy sal Maandag in die Hillbrow-landdroshof verskyn.

Meer besonderhede oor die voorval was nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DPJ ·

Net soos ek gesê het met die eerste berig. Polisie is nie instaat om skuldige aan te keer nie

Ingelig ·

Ai dis so jammer, onskuldige kind moet so tot n einde kom. Suid Afrika moet wakker skrik, die tipe van ding kom te gereeld voor. Maar dan moet ek ook se dat die verkeerde goed genoeg aandag kry

elize naude ·

ons leef in ń wêreld van moord en doodslag… en dit duur al van kain se moord af…

Johan ·

Sal ma nie weer probeer nie,lyk my ek praat n te reguit taal. Dankie dat ek kon deelneem en kon berigte lees op u webtuiste

Gesiggie ·

So n vark om instaat te wees om so iets te doen??? Geweteloos??? Jammer vir daai Ma en kind wat so tragies aan hul einde moes kom… Ja … Rot in Hell””’ jou dag sal kom… Monster”’

Ria ·

Dus snaak hoe almal kan “judge” as hulle nie daar was of regtig weet wat gebeur het nie ja enige opinie kan gelig word maar hoekom moet daar “gejudge” word dalk het die ma selfmoord gepleeg en met die kind gespring dat daar dalk n gestryery was wie weet regtig daar word dadelik na “conclusions” gespring en sê die man moet rot in die tronk waar hy dalk probeur keur het mens weet nie wat gebeur het nie!!

Hettie ·

Die afrikaanse woorde wat jou ontbreuk is
‘veroordeel/oordeel’
‘gevolgtrekkings’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.