Man vertel aan hof hoe hy en meisie ma vermoor

Rosemary Theron

Rosemary Theron

Kyle Maspero, die tiener wat vir die moord op die Kaapstadse kunstenaar Rosemary Theron (39) aangekla word, het Woensdag in die hof verduidelik hoe hy haar met ʼn tou verwurg het. Sy meisie het hom aangesê om nie na Theron te kyk nie, maar eerder vier minute saam met haar af te tel.

Toe Theron ʼn “groot sug geslaak het”, het Maspero die tou gelos en teruggedeins, maar sy meisie het hom gerusgestel dat die geluid net “lug was wat vrygelaat word”.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vroeër Woensdag Maspero se skulderkenning aanvaar, wat beteken daar sal nie ‘n verhoor wees nie. In sy pleitooreenkoms het hy verduidelik hoe hy en sy meisie, Phoenix Racing Cloud Theron, op 7 Maart 2013 ʼn plan beraam het om haar ma te vermoor.

Maspero was 18 jaar oud ten tyde van die moord en het saam met Phoenix (19), haar agtjarige halfsuster, Shariel, en haar ma gebly. Hy het ʼn prentjie vir die hof geskets van ʼn disfunksionele huishouding waar die paartjie saam dagga gerook en gereeld met Rosemary baklei het. Die oggend van die moord het die paartjie dagga gerook en Maspero het verskeie kere metamfetamien (crystal meth) gerook.

Phoenix het haar ma gekonfronteer oor die feit dat Shariel nie skool bywoon nie. Maspero het gesê Rosemary het uitgebars van die lag en gesê Shariel sal net weer van die skool af weghardloop soos sy die vorige jaar gedoen het. ʼn Bakleiery het tussen die ma en dogter ontstaan en Maspero het badkamer toe gegaan om nog metamfetamien te rook.

Volgens Maspero het Phoenix en Rosemary op mekaar geskree, maar toe hy probeer om tussenbeide te tree het Rosemary hom gevloek en gesê om nie in te meng nie.

Theron het die huis verlaat en die paartjie is na buite om nog dagga te rook. Hulle het saamgestem dat Rosemary “versteurd” is en dat haar houding gaan veroorsaak “dat Shariel op 16-jarige ouderdom ʼn dwelmverslaafde is”.

Die twee het toe ʼn plan beraam om Rosemary te vermoor. Maspero het gesê Shariel het reeds geslaap en Phoenix het voorgestel dat hulle Rosemary met ʼn graaf oor die kop slaan. Hy het in sy pleitverduideliking gesê hy het gevoel dit is “meer menslik om haar te verwurg, omdat sy haar bewussyn sou verloor en nie lank sou moes ly nie”.

Hulle het ooreengekom dat wanneer Rosemary terugkeer, sou Phoenix haar aandag aftrek deur haar ʼn drukkie te gee en saam met haar buitentoe te stap om haar die sterre te wys en dan sal Maspero “van agter af kom, ʼn tou om haar nek glip en haar verwurg terwyl Phoenix haar stil hou”.

Met Rosemary se tuiskoms is die plan in werking gestel. Maspero het gesê hy wou dit eers nie deurvoer nie, maar Phoenix het hom ʼn vraende kyk gegee en Rosemary nog ʼn drukkie gegee. Dit is toe dat Maspero die tou om Rosemary se nek gesit “en dit styf getrek het”.

Hulle het Rosemary in haar kamer in gedwing en haar op die bed neergegooi, terwyl Maspero die tou steeds styf om haar nek gehou het. Maspero het beskryf toe Rosemary dood is, was hy “met afgryse gevul” oor wat hy pas gedoen het.

Twee dae later het die paartjie Rosemary se liggaam in ʼn vlak graf begrawe. Vier maande later het die paartjie besluit om die liggaam te skuif uit vrees dat dit ontdek sal word en ʼn kennis, Godfrey Scheepers, gevra om hulle daarmee te help. Scheepers het later ʼn erkenning aan die polisie gemaak wat tot die ontdekking van die liggaam gelei het.

Aanklagte teen Scheepers is later teruggetrek en Phoenix Racing Cloud het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en dien tans 15 jaar tronkstraf uit.

Die saak is uitgestel tot 16 November wanneer Maspero gevonnis sal word.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Wilde Weste ·

Te veel onwerklikhede, soos ñ TV drama. Al die rook & gebruik van dagga gaan nou die oorsaak wees! Moord bly nog steeds moord!

Eish! ·

Ek voel ook so. Moord bly moord. As jou kind jou laat/help verwurg, is dit seker die ergste erg.
Tog sal ek graag wil weet hoekom is hul aan dwelms verslaaf? Wat gaan aan in die mense se lewe? Is die man swart of bruin of wat? Alles klink net so deurmekaar. En waar is die kind wat ‘n half sussie was? Eerlik ek kan nie kop of stert uitmaak nie.

·

Dwelms veroorsaak demoniese besetenheid. Later begin jy stemmetjies hoor wat jou mislei en dinge laat doen wat jy normaalweg nie sou gedoen het nie. Die grootste oorsaak van demoniese besetenheid is glasie-glasie (Ouija board)

WL ·

Is dit slegs dwelms wat die demone so aantrek? Is dit omdat hulle daar onder bly en daarvan hou om op ‘n high te wees? Wat van sigarette en drank, of is demone nou nie so lief daarvoor nie want dit stink te veel?

·

Ek het dwelms genoem want die berig het genoem dat die persone dwelms gebruik. Dwelms veroorsaak dat jy minder tot niks geestelike waaksaamheid kan toepas nie en die goggas vrye toegang kry. Sigaretrook is slegs ‘n slegte gewoonte.

Michiel ·

Al wat ek kan sê is dit maak my bang dat daar die is wat dagga se gebruik wil laat wettig…

Michiel ·

Dan is daar die wat dagga gewettig wil hê! Mens weet nie wat se reaksies dit in jou kan veroorsaak en dit lei meestal na die gebruik van ander sterker dinge. Hierdie was ‘n vreemde “gesin”….

Michiel ·

Dan is daar die wat dagga gewettig wil hê! Mens weet nie wat se reaksies dit in jou kan veroorsaak en dit lei meestal na die gebruik van ander sterker dinge. Hierdie was ‘n vreemde “gesin”….

Eish! ·

Wel ek wil daggaolie gewettig he Dit genees siektes wat geensins genees kan word deur ander medikasie nie. Maar nie vir die rook doeleindes nie. Olie vir medisinale doeleindes en dit maak nie hoog of enigiets nie. Heeltemal iets anders.

Michiel ·

Eish, ja die het olie-storie ek van gehoor en as dit met siektes kan help, dan is ek vir dit. Maar vir geruik om te rook is dagga baie baie sleg. en of ander universiteit kan nie onthou of dit Oxford of Cambridge is het bevind met studies dat selfs jou kanse op long kanker baie groter is met rook van dagga as met sigarette. So slegte nuus all in all soos hulle sê. Hierdie berig is ook ‘n voorbeeld van hoe mense meestal oorslaan na sterker en erger goed, hulle begin met dagga en eindig as verslaafdes van ander middels. Ek ken ‘n paar jongmense wat in daardie slaggat beland het.

Lulu ·

Wat vir my die snaaksste is van als, is dat die geveg onstaan het oordat hulle bekommerd was dat die halfsussie ‘n dwelmverslaafde sou word indien sy nie skool toe gaan nie.. En dan gaan rook hulle weer of gebruik weer meth en kom terug en veg verder??

·

Demone is maar baie arrogant. Daar is soms tye wat die persoon homself of haarself is, dan verstaan hulle nie hoekom hulle die gruwel dinge gedoen het nie.

SkarrelKind ·

Dagga behoort gewettig word, vir allerlei gebruik. Brandewyn is wettig en veroorsaak meer moles as wat dagga oot kan of sal. “Crystal meth” lei wel tot die neiging tot geweld. Dis niks anders as tik nie. Demone bestaan nie. Nie omdat ek so sê nie, omdat daar geen wetenskaplike bewys daarvoor is nie, behalwe die twak wat pastore kwyt raak vir hulle eie beroemdheid as hulle dit kastig “uitdryf”.
‘n Mens moet regtig meer ingelig wees voor mens op ‘n openbare forum onbenullige komentaar lewer oor dinge waarvan mens niks weet nie.

Yvonne ·

Ek stem 100% saam Skarrelkind, WEES ASB MEER INGELIG VOOR JY OP ‘N OPENBARE FORUM ONBENULLIGE KOMMENTAAR LEWER OOR IETS WAARVAN JY BLYKBAAR NIKS AF WEET NIE!
Hoop van harte jy ontmoet nie jou demone eendag persoonlik nie

E.K. ·

Oor wie skree jy tog nou weer Yvonne? Wie moet watter demone ontmoet? Kom by. Julle hoor paar stories oor dagga olie en dink somemr dagga per se is goed. Morfien doen ook goed as pynstiller vir mense wat bv in erge pyn is soos kanker maar dit word slegs dan onder toesig toegedien op die regte manier en word dit op ‘n sekere manier na operasies of wat ookal onder toesig toegedien en reg verminder om afhanklikheid te voorkom. Die ge(mis)bruik van morfien as net ‘n dwelmmiddel is verkeerd en lei to afhanklikheid en verslawing wat erger dinge tot gevolg het. So moenie skree nie, dink JY liefs voor jy sommer net kommentaar lewer.

Stuart ·

Yvonne jy stem (skree) saam met Skarrelkind maar vertel hom/haar dan jy hoop nie hy/sy ontmoet eendag sy/haar demone persoonlik nie? Wat het jy gerook my pop, want jy klink klaar baie deurmekaar

·

Daar is geen wetenskaplike bewys vir die bestaan van demone nie want wetenskap deel met die fisiese materie en nie met die geestelike nie. Die bewys is mense wat bevry word – hul getuienis. Daar is ‘n blad op FB ‘Demon buster’ – gaan terug in die verlede en lees van die kommunikasie met ‘n demoon waar die persoon bevestig dat hy die eerstekeer in 2 jaar homself is en dat hy net ‘n toeskouer in sy eie liggaam was.

pop ·

Maak my hartseer, daai kinders het nie n kans in die lewe gehad met daai familie opset nie. Kan nie dink hoe het dit gegaan toe hulle klein was nie. Foeitog en nous die arme sussie wie weet waar.

ladybug ·

Phoenix Racing Cloud … nou het ek alles gehoor … wragtig alles!

ladybug ·

Phoenix Racing Cloud? Nee wragtig, nou het ek ALLES gehoor!

·

Laat my dink aan die paartjie wat die seun van Welkom se gesig afgeskil het in die begraafplaas – emosieloos die goggas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.