Matriekuitslae: Meer druipelinge in 2015 verwag

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, het Woensdag gesê die matriekuitslae van 2015 is aansienlik swakker as dié van 2014.

Die matriekuitslae sal eers volgende week amptelik bekendgemaak word, maar Umalusi het reeds onthul dat ʼn laer slaagsyfer as 2014 te verwagte kan wees. Professor John Volmink, voorsitter van die Umalusi-raad, het hierdie uitspraak by ʼn mediakonferensie in Pretoria gemaak.

Volgens Volmink is die beleid om leerders sonder die voldoende punte na ʼn volgende graad deur te sit om te verhoed dat hulle meer as vier jaar lank in dieselfde skoolfase spandeer, een van die sleutelfaktore wat tot die verhoging in druipelinge bygedra het. Hy het gesê swakker prestasie was grootliks sigbaar in rekeningkunde, geografie, geskiedenis en wiskundige geletterdheid.

Altesaam 674 232 voltydse leerders en 127 456 deeltydse leerders het vanjaar die nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Sodra die druipelinge deur die grade ‘slaag’ en uiteindelik in Gr 12 kom en dan weer druip dan sit hulle in Gr 12 vir die volgende hoeveel jaar? Help my asb. hier want ek het nie kennis van hierdie klugspul.
Die slaagsyfer van Gr 12’s sluit ook in druipelinge van die vorige jaar (jare?) en is dus ook ‘n slaagsyfer wat nie heeltemal korrek is volgens my mening.

Is so ·

Hy praat van leerders wat deurgesit word in laer grade omdat hulle reeds n graad in daardie fase gedruip het. Leerders mag net een graad in n fase druip – dus kan n leerder net 4 keer druip in sy skoolloopbaan tot graad 11. Die werk raak ook nie makliker soos baie “ouer” mense dink nie. Dit sal nogal interessant wees as een van die ouer garde nou ‘n matriekvraestel moet skryf – hul slaagsyfer sal ook nie te hoog wees nie. Dink maar hoe kla baie laerskoolouers oor die moeilike werk van hul kroos…

Johann Marx ·

Peet? Jy moet begin “verstaan” hoe Afrika se koppe werk. Hulle lees in die “constitution” dat almal die “REG” het op goeie opvoeding en opleiding, maar hulle verstaan nie dat daar ‘n teenprestasie gelewer moet word voordat daardie “reg” opge-eis kan word nie. Om die “REG” tot goeie opvoeding en opleiding op te eis, MOET jy elke oggend opstaan, jou skoolklere aantrek, skool toe gaan, klas bywoon, na die juffrou luister, jou huiswerk doen, toetse skryf en eksamens slaag. Gaan kyk ook maar na die sogenaamde “studente” by ons Universiteite. Verstaan nie dat jy moet “SLAAG” om jou graad te kry nie…..verstaan net “I’ve paid my fees, now give me my degree”!! Afrika werk nie met “kwalifikasies” nie. Afrika werk met “wie jy ken”……en dis so helder soos daglig as jy na al die “CEO’s” kyk van Eskom, SAL, SABC, Poskantoor, Spoornet, Transnet……en al die “nette” waar daar net geskep word, en niks gedoen word nie. Dink jy Des/Dave/Don van Rooyen het enige “kwalifikasie” gehad om as Minister van Finansies aangestel te word, deur ‘n “aansteller” wat Standerd 3 deur die klaskamer se venster afgeloer het? Hoekom sal dit anders werk in ons skole?

Kaspaas ·

Met ‘n 30% slaagsyfer kan hulle dit nog steeds nie maak nie ??
Tragies: geluk, jy ken net 30% van jou werk. Jy slaag.

Jaco Grobler ·

En slaag 100% van hulle, waar akkomodeer ons 800 000 nuwe toetreders in ons wankelende ekonomie? Kommerwekkend.

Ahooy ·

Maklik Jaco,
In die staatsdiens – in n hoë pos – met n groot salaris.
Hulle noem dit werkskepping.
Dienslewering en of jy die werk kan doen is daar nie so belangrik nie!!!
Dis demokrasie vir jou. Dis wat die meerderheid wil hê!

Andre ·

Ek is baie bly dat ek oud is. Sien nie kans om deur “profesionele” mense met ‘n 30% vakkennis geadfiseer te word nie. Ek het geleer dat 2×0 nog steeds nul is.

Evalo van Wijk ·

As we are hopefully all aware teenage suicide is on the increase and every year when matric results coming out this phenomena is happening (not a lot but one is too much). I am very concern that the comments of the department a week before the results are released can have a negative impact on those who know/think they did not perform well in the exams-in particularly the subjects mentioned. My statement is not an assumption- for the past 12 years I dealt on numerous cases where children because of fear for their results/pressure from society/parents have suicidal ideas.

Elmarie Gerber ·

Ek stem saam met Evalo van Wijk. My seun was in matriek hierdie jaar en elke boodskap wat ek lees van die matriekuitslae maak my benoud al weet ek hy het dwarsdeur die jaar goed gedoen. Ek weet ook nie hoekom moet ons so lank wag vir die uitslae nie, geen mens kan sy vakansie, Kersfees of Nuwejaar geniet totdat die uitslae uit is nie.

CHRISTA ·

Soos ek reeds gesê het: dit neem so lank want hulle moet eers die nasieners LEER LEES EN SKRYF!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.