Meisie (12) ‘kan presies onthou’ hoe ma doodgeskiet word

Elsabe Muller. Foto: Facebook

Elsabe Muller. Foto: Facebook

Die 12-jarige meisie van Fochville wat gesien het hoe haar ma en haar ma se vriend voor haar doodgeskiet word, is erg getraumatiseerd en kan al die gebeure van die aand duidelik onthou, het haar oupa Dinsdag gesê.

Carolize Muller sterk tans in die hospitaal aan nadat sy gewond is toe twee gewapende mans Saterdagaand die motor waarin sy, haar ma, Elsabe (43), en haar ma se vriend, Jaco van Eeden (47), was voor hul huis in Fochville probeer kaap het.

Fanie Muller, Carolize se oupa, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Carolize moes geopereer word om die koeël wat deur Jaco se bolyf gegaan en haar in die been getref het, te verwyder. “Dit gaan medies gesproke goed met haar. Die operasie was ʼn sukses en sy sterk in ʼn gewone saal aan.”

Hy het gesê Carolize is egter erg getraumatiseerd ná die voorval en kan duidelik die gebeure van die aand onthou. “Sy het vir my en haar ouma presies vertel wat gebeur het. Ek dink sy is nog erg geskok, want terwyl sy praat, staar sy net so voor haar uit,” het hy gesê. “Sy het vir die speurders gesê sy sal beslis die verdagtes kan uitken as sy hulle sien. Sy onthou duidelik hoe hulle gelyk het en het gesê hulle was albei jonk. Sy kan selfs onthou watter klere hulle aangehad het.”

Volgens Fanie is daar vroeër foutiewe inligting versprei dat Jaco die motor se sleutels in die erf in gegooi het toe die moordenaars dit geëis het. “Die sleutels het in die kar geval en Jaco het nie geweet waar dit is nie,” het hy verduidelik. “Die twee mans het Carolize, Elsabe en Jaco agter in hulle motor in gedwing en vir Jaco gevra waar die sleutels is. Hy het gesê hy weet nie, want dit het êrens in die motor geval, maar hulle het aanhou vra hy moet die sleutels gee en gedreig om hom te skiet.”

Toe die moordenaars die derde keer vir die sleutels gevra het en Jaco dit nie kon gee nie, het hulle hom in sy bors geskiet, het Fanie gesê. Die koeël het dwarsdeur hom gegaan en Carolize in die been getref. Elsabe het na Jaco toe uitgereik en sy is in die bors geskiet. Sy het bo-oor Carolize inmekaargesak.

“Carolize is ontsettend getraumatiseerd en verskriklik hartseer oor wat gebeur het. Ons het gereël dat sy traumaberading kry en ʼn professor wat hierin spesialiseer, sal haar môreoggend kom sien,” het Fanie gesê. Hy het gesê sodra Carolize uit die hospitaal ontslaan is, sal sy saam met hom en sy vrou terugkeer na Brits in Noordwes. Dan sal hulle besluit by wie sy voortaan gaan bly. “Ons gaan die besluit aan haar oorlaat. Sy kan self besluit waar sy wil bly.”

Intussen wag die families dat die nadoodse ondersoeke afgehandel word voordat begrafnisreëlings gefinaliseer sal word. “Elsabe sal in Brits begrawe word waar sy vandaan kom. Voorlopig sal die begrafnis Dinsdag om 11:00 by die AP-kerk plaasvind,” het Fanie gesê. Jaco sal glo tydens ʼn aparte gedenkdiens in Klerksdorp ter ruste gelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Victor ·

Dat die ouers nou só koudbloedig moes vermoor word…! Dit was mos nou glad nie nodig nie…! Sterkte en ek hoop Coralize herstel vinnig weer.!

Mag daai rowers gevang word en sommer lewenslank tronkstraf kry…

Aster ·

Tronkstraf? Nee genade dis nie genoeg vir hulle wat so moor nie. Doodstraf! Dis justice!

heni seemann ·

ek het toevallig op jul webblad afgekom, daar ek nuus oor die droogte gelees het… hierdie kaping en brutale moord skok my geweldig… my dogter reis op die oomblik deur SA & hierdie artikel is nie juis rus vir ‘n ma se gemoed nie… groete vanuit switzerlanf

heni seemann ·

ek het toevallig op jul webblad afgekom, daar ek nuus oor die droogte gelees het… hierdie kaping en brutale moord skok my geweldig… my dogter reis op die oomblik deur SA & hierdie artikel is nie juis rus vir ‘n ma se gemoed nie… groete vanuit switzerland

Rina Pretorius ·

Hulle moenie tronk toe gaan nie want dit is deesdae ‘n hotel lewe daar en ons belasting moet vir hulle gerief betaal, nee stuur hulle diep binne die woestyn in waar hulle die sand eers eenkant toe moet skuif (per hand) dan na die anderkant toe elke dag die hele dag sonder water of kos

Victor ·

Dat die ouers nou só koudbloedig vermoor moes word… en dit oor hulle nie hulle voertuig (waarvoor hulle hulle alies afgewerk het om te koop…!) wou opgee nie… Dit was mos nou nie nodig om hulle te gan staan en vermoor nie…!! Ek hoop daai rowers kry lewenslank tronkstraf…!!

Sterkte aand Coralize en die res van die familie…! Ek hoop sy/julle herstel gou weer.!

Theresa B ·

Dis verskriklik. Arme kind. Alles is net eenvoudig buite beheer. Die doodskiet van hierdie 2 mense is SO sinneloos en onnodig gewees. Dit laat ‘n woedende magteloosheid in mens opkom.

Johan ·

Ek is n inwoner van Fochville en dis so tragies dat die dogter nou ouerloos gelaat word. Ons innige simpatier met die familie. In 2008 is my skoon seun in n huisroof doodgeskiet, en tot vandag het niemand verantwoording gedoen vir sy dood nie. Ek sorg nou al sewe jaar vir my dogter en sy seuntjie. Dit breek my hart as my kleinseun vir my vertel “Oupa, ek mis my pappa”. Wat se mens? Hoe neem jy n kind se hartseer en gemis weg?

Lettie ·

Ek wil net graag my innige simpatie aan Coralize en haar ouma en oupa meegee. Jul het nie net ‘n dogter verloor nie maar ook ‘n pragtige moedertjie. Ek hoop jy sterk gou aan !!

Liewe lulu ·

Begin om die MRK te dagvaar. Eis vergoeding. Sodra daar aan hulle sakke geraak word, sal daar opgetree word teen misdaad.

HVR ·

Het julle geweet wat gebeur met daardie gemors wanneer hulle tronkstraf uit dien?
Die voorregte in terme van opleiding; voedsel; medies; kleding – en ‘n hele rits ander faktore wat bydra tot ‘n goeie lewens kwaliteit – kry hy verniet, en jy en ek betaal daarvoor. Die tragedie is dat die boedel belasting wat betaalbaar is deur die oorledene se boedel, help dat die moordenaars ‘n sinvolle lewe kan he. ………….

Paul ·

In die berig moet dit nie lees AP -kerk instede van APK -kerk nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Ons vra om verskoning vir die oorsig, ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gerhardt ·

Eerstens: Ek hoop iemand in die familie neem haar aan en dat sy ‘n redelike kinder en hoërskool lewe het, ons sal haar ook aanneem maar ek glo die familie sal ‘n plan maak.

Tweedens: Vertel asb vir Carolize dat ek ook twee keer my pa en stiefpa direk aan die “freedom fighers” verloor het, een keer in die polisie en tweede keer ‘n bus. Maar ek het vrek hard geleer en maak nou goed geld. Meisie, wraak help nie, leer hard, mark geld en dan tou jy oorsee en lewe lekker.

Vasbyt, jy is God se engeltjie en jy sal dit maak!

Gerhardt ·

Wens ons kan haar aanneem! Sy moet hard leer, hard wek , geld maak, en dan oorsee met ‘n wonderlike afrikaner trou en dan lekker leef. Sy het nou haar hele kwota hartseer vir haar hele lewe gehad en verdien net die beste vorentoe.

heni seemann ·

oorsee leef is nie altyd so gemaklik nie… die realiteit is meestal ‘n harde landing… groete vanuit switzerland

Anoniem ·

Afrikaanse Protestanse Kerk, daarom AP Kerk, as dit APK kerk is, dan lees dit Afrikaanse Protestanse Kerk Kerk
Sterkte aan die familie

Shareen ·

sterkte ook aan my man Kobus van Eeden en Christelle van Eeden kinders van Jaco van Eeden . Julle gaan deer net so n moeilike tyd .dink aan julle en lief vir julle mwa mwa

Sons ·

Shareen, baie sterkte ook vir Kobus en Christelle. Julle het net soveel verloor en seer. My innige meegevoel met julle saam in hierdie bitter moeilike tyd.

david ras ·

Iets moet gedoen word om hierdie onverklaarde oorlog te stop !

Sommiges vra die doodstraf, maar ander waarsku daarteen omdat die straf in die verkeerde hande rampspoedige gevolge vir ons kan he.

Ek het iewers gelees dat in die VSA daar vir moord op twee maniere onderskei word:
“Crimes of greed, or Crimes of passion”
Onder eersgenoemde resorteer moord met die doel om te roof—soos in hierdie geval. Met ander woorde die oortreder neem eintlik deur sy optrede die besluit uit die gereg se hande en is die doodstraf wenslik. Dit was koelbloedig , beredeneerd, en dodelike gevolge kon voorsien gewees het.
Onder die tweede definisie val dan moord a.g.v. woede, jalousie —enieg emosioneel gedrewe aanval.
Vir lewenslange gevangenisstraf meen ek die volgende moet in gedagte gehou word:
Die naasbetaandes van die slagoffers is vir ewig weggeruk van hule geliefdes se emosionele, en waarskynlike finansiele bystand.
Om hierdie situasie gelyk te stel, moet die oortreder vir die res van sy lewe toegesluit word, sonder enige kontak met enige familie of vriende buite die gevangenis.
Mens kan wel beweer dat die straf dien as ‘n vorm van rehabilitasie, maar niks aan die slagoffer se kant kant ooit dien as rehabilitasie nie.

Doe koelbloedige moorde MOET GESTOP word–die ANC en die liberaliste raak nou heeltemal sonder verskonings.

Ronèll ·

Sterkte aan Jaco, Elsabe en Carolize se mense wat agterbly… Mag die gereg geskiet. Dit gaan so in SA want die mense besef hulle kan hier kom moor en en hier bestaan nie Doodstraf nie.. dit gaan te lekker hier!!! en as hulle jou vang voorsien die land jou van verblyf verniet!!!

Nicoline ·

Ek voel regtig jammer vir die dogter, geen een oud of jonk moet deurso iets gaan. Maar julle sê blatant dat sy die rowers kan uitken… Dink julle nie dit bietjie gewaagd met hulle nogsteeds op vrye voet. Met so tipe stelling stel jul haar lewe net meer ingevaar

pop ·

Henni seemann<Hou asb aan die webblad lees. Jy sal siek word tot in jou siel as jy daagliks die goed moet lees. Maar stel jou voor jy leef elke dag in n land waar dit so gaan, en jy weet nie wanneer is dit jou beurt nie.

Belinda ·

Dit is so skokkend. Doodstraf moet terug. “Oog vir n oog…”. Dis al hoe ons die onnodige en wreede moorde in die land kan stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.