Moontlikheid ondersoek dat meteoriet in Oos-Kaap val

Argieffoto: NASA

Argieffoto: NASA

ʼn Rampbestuurspan van die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap is na die Baviaans-area ontbied om die moontlikheid te ondersoek dat ʼn meteoriet in die gebied geval het.

Volgens boere in die Patensie-omgewing het hul huise Sondagaand geruk. Inwoners van Cambria het aan The Herald gesê hulle het ʼn blou flits van lig gesien wat die hemelruim verlig het.

Die lig het glo van Jeffreysbaai se rigting na Steytlerville beweeg. ʼn Knal is glo hierna gehoor, wat soos ʼn ontploffing geklink het.

Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, het gesê rampbestuurspanne ondersoek die moontlikheid dat ʼn meteoriet in die gebied geval het. – The Herald

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tobie ·

Dis net die rand wat nog gedaal het teenoor ander geldeenhede. Niks ernstig nie

Shaan ·

LOL! !!!!! Die voorvaders het lankal van hom vergeet. Hy is n ou vergaande skeep in die kelders van die see…..

Ronel ·

Hoe lekker lag ek nou vir die kommentaar! Hulle julle die mooi wolke gesien in Kaapstad.

arie plaasboer ·

Die knal wat gehoor is was.beslis nie ‘n ontploffing nie maar veel eerder die knal wat gehoor word as iets teen supersoniese snelheid beweeg.
Hoe vinniger die “iets” beweeg hoe harder die supersoniese knal.
Verder is dit.bekend dat meteore of dergelyke hemelliggame teen ongelooflik hoge snelhede beweeg – tot 29 000 km/ minuut of vinniger.
‘n Supersoniese.knal is dus nie onwaarskynlik nie in hierdie geval nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.