Motorfietsryer sterf in Moreletapark-ongeluk

Foto: Netcare 911 (verskaf)

Foto: Netcare 911 (verskaf)

ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand in ʼn ongeluk voor die Pretoria-Oos-hospitaal oorlede.

“Die ongeluk het op die hoek van Garsfontein- en Netcareweg in Moreletapark plaasgevind,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die 31-jarige man is op slag dood. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Steinmann het die man se motorfiets die bestuurderdeur van ʼn motor getref. Die pad was besaai met wrakstukke van die motorfiets.

“Die bestuurder van die motor is ongedeerd.”

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Landie ·

Almal jaag mos oor rooi robotte asof hulle betaal word. En by daardie selfde kruising staan motors/taxi’s/motorfietse in die draaibaan om dan net as die lig groen word reguit oor te jaag. Wetteloos hierdie land van ons!!!! En soos motorfietse deesdae ry is dit vir my ‘n groot wonderwerk dat daar nie meer van hulle in ongelukke betrokke is nie!!!

Limpopo ·

Dis vir my altyd hartseer as mense so onnodig dood gaan maar dis skrikwekkend hoe roekeloos mense ry. Mense op motorfietse en in karre, enige kleur. Mense is selfsugtig en aspris en in die loop kry die wat agterbly die seerste.

dries ·

Landie,dink voor jy praat.Ek is self n biker en ons sien daagliks hoe mense met karre,bakkies en taxis dink hulle mag omdat hulle beskerm is teen n ongeluk met n fiets.Ja ons draai die arm partykeer maar is super versigtig.Ons het ook families.

Kawa ·

Dries, dink voor jy praat. Ek is ook ‘n biker en daar steek groot waarheid in wat Landie sê. Indien jy versigtig is maak dit nie almal oor die hele spektrum versigtig. Landie het nie slegs na bikers verwys maar ook motoriste ingesluit. Daar is baie waarheid in wat Monica sê maar net so is dit presies soos wat Landie beskryf. Oor die algemeen is roekeloosheid vanaf albei kante. Probleme by robotte is mense wat by geel ligte oor jaag en nog erger, diegene wat gebruik maak van die sekond of twee waartydens dit rooi is vir albei kante.
Vir my lyk die berigbeskrywing egter asof (net miskien) die motorfietsryer te naby aan die kar verby is terwyl die deur oopgemaak is.

Kawa ·

Na aanleiding van latere nuus was my vorige raaiskoot oor hoe die ongeluk gebeur het, verkeerd. Dit was toe wel ‘n motoris wat te vol van homself was wat iemand anders laat verongeluk het. Julle wat uitpak teen die motoriste se gebrek aan bestuursvaardighede en respek vir ander padgebruikers, is reg bewys.

Monica ·

Dries, stem met jou saam. Ek is ook ‘n biker en ma van twee. Mense gee nie om oor bikers. Ons is ekstra versigtig want ons is meer vulnerable op ‘n motorfiets. Ek het al hoeveel keer ervaar dat karre net voor my indraai of ‘n u-turn maak. Met ‘n kar trap jy ‘n briek dood. Met ‘n bike kan jy nie, tensy jy wil val. Ons is normale mense met profesionele beroepe en gesinne soos almal, nie freaks nie.

anet ·

Dit is hartseer om van hierdie jongman se afsterwe te lees. Sterkte en vertroosting aan sy familie

Morne ·

die vraag onstaan in my kop of hierdie motorfietsryer dalk op die sperstreep tussen deur die karre gevleg het of het die bestuurder van die kar da;lk uitgeklim op die pad?

Lynette ·

Morne, dit klink vir my asof die motorbestuurder sy deur oopgemaak het. Een van ons vriende is onlangs oorlede omdat n persoon n u-draai voor hom gemaak het. Ek dink motorbestuurders is uiters selfsugtig. Motorfietsryers het geen kans in n ongeluk. Dink twee keer voordat jy n aksie uitvoer wat iemand se dood kan veroorsaak.

Winston ·

Tragies om van so n berig te lees omdat dit so dikwels gebeur. Ongelukkig is dit so dat alle voertuig bestuurders dink die pad behoort aan hulle alleen. Ek het maar my grote n vertoonstuk gemaak en my valhelm opgehang. Mense kyk nie vir motorfietse nie tensy hy self een ry. Dis jammerlik.

Fransie Dippenaar ·

Ek dink almal moet maar mooi dink voor hulle praat. Ons ry nou al 38 jaar lank al motorfiets en deur die jare het ons gesien hoeveel van ons broers en susters dood is deur motoriste wat nie kyk nie. Dis ook waar dat bikers soms onverskillig is maar uit die berig blyk dit dat die persoon sy deur oopgemaak het voor die motorfiets wat baie gebeur. Motoriste is nie altyd bewus daarvan dat motorfiets baie vinniger beweeg as motorvoertuie nie en die laaste ruk is dit opmerklik hoeveel motoriste met hulle selfone besig is en dan nie op die verkeer let nie. Onthou net mense selfs bikers het ouers, kinders, broers, susters en kleinkinders

Vicky ·

Ek ry self my ou fietsie werk toe en terug. Kan nie die duur petrol pryse bekostig nie. Ek stem saam met julle almal. Almal moet kyk as hulle ry. Ek was self ook al in twee ongelukke waarvan nie een my skuld was nie. En dank die Vader dat ek gespaar gebly het. My dogter het vroeer die jaar my Fietsie afgeskryf. Ek is so dankbaar sy het net haar sleutel been op twee plekke gebreek. Sy kon dood gewees het. Het toe maar weer ‘n fietsie aangeskaf. Verlede naweek het ons twee van ons vriende (ouerige egpaar) begrawe. Die oom was n leier van n bikers club. Oorsaak van die ongeluk was dat ‘n kar op n blinde hoogte, om ‘n draai ‘n U-draai gemaak het en hulle het met die bike in die kar vas gery. Net uit die dorp uit. Dit is so onnodig. Ons as bikers het nie beskerming nie, maar soms kan ons nie bekostig om n motor te ry nie. Ons moet maar almal versigtig wees en probeer verdraagsaam wees al is ons geduld deesdae so min op die pad.

Leonie ·

Almal moet asb die berig lees wat Maroela nou geplaas het. Ooggetuies het wel bevestig dat dit nie die motorfietsryer se skuld was nie.

Christine ·

Net nog ‘n onnodige en onverskillige ongeluk. Ek is ‘n motoris wat byna daagliks die N1 tussen PTA en JHB gebruik. Ek stem saam met die motorfietsryers dat baie motoriste onverskillig optree en nie ‘n behoorlike uitkyk hou nie. Maar, terselfdertyd kom ek gereeld arrogante en roekelose motorfietsryers tee wat die spoedgrens by verre oorskry, te vining en sonder enige aanduiding uitswaai na ander bane en, die ergste, waar twee van hulle gelyktydig weerskante van ‘n voertuig teen ‘n belaglike speod verbyjaag. Dalk moet die moddergooiery stop en almal besef hulle moet mekaar eweveel konsidereer.

Theresa ·

Sterkte en troos aan die familie en vriende van die jong man.
Suid-Afrika se paaie het ‘n nes van arrogansie en disrespek geraak. Die grootste oortreders is vragmotorbestuurders en taxis. Deesdae begin die busbestuurders die taxis na-aap. Motors kan nog uitswaai of dalk betyds briek om te probeer eiendom en lewens spaar, maar motorfietse is ongelooflik uitgelewer aan respek op paaie. Respek vir lewens. Respek vir dissipline. Respek vir reëls. En dan natuurlik ook die aspek van WEET hoe om op die pad als besmoontlik reg te doen. Ek vermoed dat baie mense deesdae in ‘n ding met 4 wiele klim en dink die strepe op paaie is vir plesierigheid aangebring. Die padtekens is bloot daar om kleur aan die sypad te verleen. Robotte se middelste lig (wanneer dit die helderste skyn) is trap petrol dieper tyd. Ensovoorts. Dat soveel mense op ons paaie sterf, wys ‘n vreeslike groot vinger na swak gedrag. (bloot my mening).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.