Nkandla: ‘Swembad ens. is vir veiligheid en daarom betaal Zuma nie’

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het Donderdagmiddag bekend gemaak dat pres. Jacob Zuma nie ʼn gedeelte van die geld, wat op opgraderings by sy Nkandla-woning bestee is, hoef terug te betaal nie.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede jaar in haar verslag oor Nkandla bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die R246 miljoen se opgraderings by sy privaatwoning en dat hy ʼn “redelike gedeelte” daarvan moet terugbetaal. Zuma het Nhleko aangestel om te bepaal of hy ʼn gedeelte van die geld moet terugbetaal.

Nhleko het eerstens verwys na die onderskeie bevindings van die verskillende ondersoeke wat na die veiligheidsopgraderings by Nkandla gedoen is. Hy het gesê al die partye wat ondersoek ingestel het, was dit eens dat veiligheidsopgraderings wel nodig was.

Volgens Nhleko was Zuma se veiligheid die hooffokus tydens die opgraderings en kan daar nie ʼn bedrag daaraan gekoppel word nie. Hy het gesê dit is ongehoord dat inligting oor ʼn president se veiligheidsmaatreëls bekend gemaak word.

Nhleko het verder individueel aandag gegee aan spesifieke opgraderings wat volgens die openbare beskermer nie veiligheidsverwant was nie. Madonsela het verwys na die swembad (vuurpoel), veekraal, hoenderhok, besoekersentrum en die amfiteater.

Swembad

Nhleko het gesê die swembad is nodig indien daar ʼn brand ontstaan, aangesien daar ʼn probleem met waterdruk is en al die geboue grasdakke het. Daar is ook verwys na hoe lank dit die plaaslike brandweerstasie se personeel sal vat om by Nkandla uit te kom.

Die minister het toe ʼn video op ʼn  groot skerm laat speel van ʼn sogenaamde “vuurpoel-demonstrasie” wat wys hoe mense water uit die swembad pomp en spuit terwyl ‘O sole mio’ in die agtergrond speel. Nhleko het gesê die swembad is dus ʼn veiligheidsnoodsaaklikheid.

Veekraal en hoenderhok

Nhleko het na die veekraal as ʼn “heilige plek” verwys. Die minister het toe weer ʼn video laat speel van ʼn “kenner” wat verduidelik het waarom die veekraal ʼn “heilige plek” is. Hy het ook gesê dit is belangrik dat die vee nie in kontak kom met die veiligheidsheinings en ander veiligheidstoerusting nie en dat die veekraal dus ʼn veiligheidsopgradering was. Volgens Nhleko sal die diere alarms laat afgaan indien hulle vrylik kan rondloop en sal dit ʼn bedreiging vir veiligheid inhou.

Met verwysing na die hoenderhok het Nhleko gesê die hoenders mag ook nie naby die veiligheidsheinings kom nie en dat die hok om dié rede gebou is en dus ʼn veiligheidsopgradering is. Die minister het weereens ʼn video laat speel waarin daar gewys word hoe bewegingopsporing-kameras werk en hoe diere kan veroorsaak dat vals alarms geaktiveer word.

Besoekersentrum

Volgens Nhleko is die besoekersentrum strategies geplaas om veiligheid te verseker. Die sentrum word volgens hom gebruik om “beweging” te monitor en die president se gaste moet eers daar aanmeld. Hy het gesê daar is ʼn behoefte aan so ʼn sentrum vir die beheer en veiligheid van die president se vergaderings en dat die besoekersentrum dus ook ʼn veiligheidsopgradering is.

Amfiteater

Die president se woning is teen ʼn helling gebou en is daar ʼn groter risiko vir oorstromings tydens hewige reën, het Nhleko gesê. Daarom is keermure gebou en lyk die area nou soos ʼn amfiteater. Volgens Nhleko is die ander spesifieke doel van die amfiteater om as ʼn noodvergaderarea te dien.

Nhleko se verslag eindig met ʼn opsomming van die bogenoemde opgraderings en waarom dit veiligheidsverwant is. “Daarvolgens is die staatspresident dus nie aanspreeklik om vir enige van hierdie veiligheidskenmerke te betaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Arno ·

Dis seker ‘n grappie…? Okay, ek was tot dusver nog redelik hoopvol, maar ek dink ons is nou AMPTELIK ‘n Piesangrepubliek.

ANC is Georganiseerde Misdaad ·

Die ANC is ‘n georganiseerde misdaad organisasie met sy eie polisiediens, howe, weermag en rassistiese grondwet.

Die ANC was nog altyd ‘n terroriste organisasie, en Zuma was op Robbeneiland vir terrorisme. Die Apartheid regerings was duidelik nie verkeerd nie, en het die land se mense teen hierdie terroriste & misdadegers probeer beskerm.

Die sogenaamde “struggle credentials” wat ‘n persoon (soos Zuma) moet hê om ‘n hoë pos in die ANC te kry is eintlik net jou “misdaad credentials”, en hoe groter misdadiger jy is, hoe hoër is jou aansien in die ANC georganiseerde misdaad organisasie.

gertperd ·

Het enige iemand iets anders verwag? Sy korrupte kollegas sal hom tot die bitter einde beskerm. Die slegte ding is ons sal aanhou betaal vir die korrupsie en kan niks daar aan doen nie. Hulle sal bly lag !!! ”Nkandla‚ Nkandla‚ Nkandla’ … he he heh!

Jax ·

Ek het lanklaas so ‘n boel nonsens gelees! Zuma het sekerlik die minister van polisie ‘n ietsie in die hand gestop. Intussen werk my hele huishouding ons alies af vir nkandla!!!!

Rooiman ·

Ek hoor die lot se uitslae van hulle IK-toetse het uitgekom.

Almal is negatief

Bets Venter ·

As die donkie sy mond oopmaak dan val die (?)…… twak op die grond!!!!!. Ekt regtig niks beter verwag nie

Clyvia ·

Mnr Nhleko, jy is veronderstel om ‘n opgeleide persoon te wees. Glo jy regtig die snert wat jy wil hê ons moet glo? Sjoe ek het lanklaas so lekker gelag. Jy maak my dag.

CHRISTA ·

Nou kan almal sien hoekom ons polisiediens NIKS beteken nie – hulle baas NOG MINDER!!!

Boervrou ·

Dis werklik die mees patetiese verklaring wat ek kan aan dink. SA is besig om n bespotting in die oë van die wêreld te word.

Lappop ·

Wonder hoekom is hy so bang? Ons moet dan hoor dat die misdaad, volgens statistiek, gedaal het. Dit was vanaf 1994 ‘n piesang republiek. Of onthou hy die geskiedenis van die Slag van Bloedrivier beter as selfs die Boerevolk. Dat ‘n handjie vol boere met die hulp van hul God ‘n oormag zoeloes verslaan het. ( O amper vergeet ek , dit was net 100 zoeloes. Die geskiedenis is mos herskryf, net soos ons Bybel, enige iets solank daar net nie op swart tone getrap word nie ne)

Blondie ·

Whahahaha hahaha!!!… so almal moet nou standaard swembaddens bou om te verseker jy het veiligheid indien daar n brand by jou huis ontstaan. en dan moet versekeringsmaatskappy dit tog net asb ook as n verseiste by sit . o ja en ons almal moet nou hoenderhokke om diere in te sit want dit bedreig ons veilgheidsmaatreels??… ag asb die is die grootste perdedrolle wat vir vye opgedis word.

Kosie ·

Ek sukkel om pot plante te bekostig, maar toe vind ek uit ek het aandele in n swembad wat homself leeg pomp om grasdakke nat te spuit wat vlam gevat het. Die is darm maar die grootste bollie onder die son. (want daar was nie voorraad op hoe druk pompe en krane nie)

Panda ·

Ja hul gewete is hoër as hul IK’s. Een van die dae kry hy dalk ‘n seefront eiendom want daardie swembad gaan binnekort te klein raak.

Se' maar ·

Die ligging van Nkandla,die tipe woning ens.vereis tog ekstra sekuriteit.En mense dis maar grasdakhuise!

Pieter van Deventer ·

So die pad is nou oop vir veredere korupsie ek wens die mense wat om hom woon in hulle plakkers huisies en sonder werk sit wil so bietjie toi toi om “Nkandla”

Danie Joubert ·

Mag boere nou by die regering aansoek doen vir n supsidie vir nuwe veekrale en veral hondehokke binne in die erwe sodat hulle alarms nie afgaan as die diere rondloop nie.
Zuma se gesin is so groot ek hoop hy gebruik darem sy eie vleis en eiers of is dit heilig.
Die wet bepaal dat jy nie met brandbestryding toerusting mag peuter nie,jammer Zuma
jy mag nie swem nie lees jou OHS act.

Marlene ·

Hulle lieg so dat hul hulself al begin glo. Hierdie sogenaamde redes is ‘n belediging vir selfs half intelligente mense

Gerald van der merwe ·

dankie dat julle die kommentaar geplaas het. SAL DIT OP FACE BOOK BEVESTIG

Weskaper ·

Dit bewys weer net waste kwaliteit ministers ons het. lieg oop en bont en verwag dan dat ons hulle moet respekteer. Ons sal net wen as die ANC die verkiesing verloor of miskien ‘n bietjie beter gaan as ou Jacob Regop aftree

Dirk Bosman ·

Agtergrondmusiek se lirieke in Afrikaans beteken O my Son. Snaaks dat Nlhleko dit nie gesing het vir Zuma terwyl hy die nonsens vtr die bevolking opgediep het

Martin Bannister ·

Nou weet ons hoekom hy gister sy danspassies en laggies gedoen het in die parlement.Gee hom nog tou hy gaan homself ophang!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Indien die ” ander een ” dan niks wil of gaan betaal nie glo ek dat die blyplek Staatsbesit moet word. Hulle gaan wragtig seker nie vir die dubbele kop alles verniet gee nie want dan gaan dit die grootste goue handdruk ooit wees. Ons land is in sy peetjie.

Nila ·

Ek het altyd gewonder oor dié dubbele kop – het eers gedink dit huisves dalk 2 breine – maar na dese dink ek anders.

andre ·

Nou wonder ek maar net hoeveel van my veiligheidsopgraderings kan ek teen belasting aftrek,of is my naam nou Alice ?

Dave ·

Julle het tog nie anders verwag – julle is immers nie sò naief!

jakes ·

Die Fbi is nie onse slim polisieminister, DALK Jacob een van dies wat hul nou nog net #nommers noem in wereldbeker skandaal ?

Conrad ·

Ok, dan is ek ook vrygeskel om e-tol tye betaal. Dankie Zumpie vir die uitnodiging.

Berhalet Beukes ·

Nhleko het gesê die swembad is nodig indien daar ʼn brand ontstaan, aangesien daar ʼn probleem met waterdruk is en al die geboue grasdakke het. Daar is ook verwys na hoe lank dit die plaaslike brandweerstasie se personeel sal vat om by Nkandla uit te kom. Wat ‘n klomp snert! Dat mens so lieg dat dit nie eens sin maak nie, is benede my begrip!

johannes ·

Het enige iemand iets anders verwag .regtig mense. die hele top bestuur van dieANC is dan tronk voëls en hulle drop mekaar nie en dan is nog miljoene ape wat hulle steun

pop ·

Ander lande het n staatshuis vir die presidente, dan is dit darem in orde vir opgraderings. Nou lyk dit my sal elke volgende president se privaat woning miljoene uit die staat koffers jaag vir opgraderings.

tk ·

julle is almal ‘”n klomp rassiste!gryp die briziliaan se aanbod aan trek na julle EURoPA-vaderland

AP van Schalkwyk ·

Ja my liewe vriend tk, ek is n rassis as ek glo dat n hoenderhok n deel van die veiligheidstruktuur is. As jy glo wat die agbare minister van polisie se dan is jy heel moontlik net so gebriek soos ons agbare JZ. Ek wens net dit is moontlik om vas te stel hoeveel die ondersoek en verslag van die SAPD minister my as belastinbetaler kos vir sulke snert?????

CHRISTA ·

AP jy moet weet, almal wat Zuma-Zombie se storie glo is gepik (seker deur sy klomp hoenders)!!

Berhalet Beukes ·

Die Brasiliaanse man het ‘n petisie begin nie ‘n aanbod gemaak nie, tk. En watse tipe rassis is jy dat jy nie daar bo in Afrika gaan bly nie, maar eerder hier sit en skerts oor wie wat is en wie waarheen moet gaan? Jy sal nie want jy jy weet hoe Afrika lyk, nê? Jy weet waar Ebola vandaan kom, nê? Jy kruip weg vir Boko Haram, nê? :-)

[email protected] ·

Vir al die geld wat daar spandeer is kon hy seker ‘n brandweerstasie op die perseel opgerig het of selfs die beste brandbestrydingstoerusting per wereld. Hoe dom dink hulle is ons……

Peet Schabort ·

Ek het gedink ‘n swembad is vir VUILIGHEID.
Waar is die sokkerveld?

Johan Conradie ·

Enige regdenkende mens het geweet comrade NHLEKO sal nie vir Zuma laat betaal nie anders is NHLEKO onmiddelik sy werk kwyt- Ek hoop hierdie absurde verslag van NHLEKO is net petrol op die vuur vir MAL-EMA en dat hy Zuma nou eers alle hel sal gee in die parlement

CJAN ·

Ek stel jou aan, dan maak ek my vyand dood, dan spreek jy my vry want ek het jou aangestel.

Lee ·

Wat se pot snot????????…. Nou onderskat die regering darm ons “gewone ” mensies se intelegensie!!!

Alki ·

Apartaait apartaait apartaait hehehehe ou zoempie kan dit ook nie reg uitspreek nie

Bertus Stander ·

Volgens minister het Zuma die selfde regte as gewone landsburgers. Sien my FaceBook wat ons dan moet doen.

Anette ·

Ons almal moet weier om belastng te betaal! Dit is AL wat gaan werk.

Rass Is Wit ·

Ek dink ons me et net ophou belasting betaal. Ek moet nou nog iemand se salaris betaal, om te kyk hoekom die boks ons geld moet terug gee? Nee man. Lekker moeg vir die storie. As hulle ons kan boikot met allerhande gemors, dan kan ons mos maar dieselfde doen. Ek stel nie belang in die produk nie so maklik soos dit

NICO ·

wel ek sien dit so, die sogenaamde president het in die parliment gese dis dan net n huis en hy weet nie waaroor die fuss is nie, wel dan se ek gauteng se nuwe hoofwee is net n pad so hoekom moet ek e-toll betaal
hy betaal nie en ek betaal nie

LOU VAN DER MERWE ·

Wat ek wil weet is, wat gebeur as Zuma binnekort uittree? Sal ons vir sy opvolger ook ‘n nkandla moet bou? Dit is so ‘n belaglike spul wat nou in ons hoogste “sirkus” sit. Ekskuus eintlik is die woord parlement!

Faan ·

Mnr. Die President. Hierdie was’n toets om jou moraliteit te bepaal. Nou weet ons dat jy geen moraliteit het nie. Ek dink dit is tyd dat jy jou goue handdruk vat en uit ons lewens padgee. Dink jy dat ons nie die breins het om te sien dat jy alweer jou pad uit die gemors uit “gedeal” het nie. Al die kaders om jou is net so korrup soos jy. Ek sien dit elke dag met tenders wat teen belaglike opgeblase pryse toegeken word ann jou en jou trawante se buddies.

neelsie ·

Net vir tk se inligting.
Ek is hier gebore ,miskien voor jou, hier sal ek bly!!
Hoekom vlug daar duisende Afrikane uit Afrika na Europa?
AS Afrika dan so goed is sonder die Wittes,wat sal ons dan van oom Bob se Zim se?
Die magsbehebtheid van die leiers veroorsaak Afrika se ondergang.
JZ is ook een van hulle.

charmaine ·

Ek kyk eintlik glad nie nuus nie, toevallig sien ek die stuk op die nuus van beeste en hoenders wat gesekuriteit moet word, maar ek lag en verstik aan my sjokolade! Wat n lagwekkende, skandelike ding! n Hoenderhok?? Mense en hier spandeer ons n spul geld net om ons families en ons lewe te beveilig en ons 2handse karre!
Se nou daar is n brand en “hulle almal” spring in die swembad, wonder of hulle kan swem?

scalla ·

moenie vir hul idees gee nie charmaine, anders stel hul nog n klomp lewensredders ook aan!

fransie ·

Grootste klomp bollie onder die son. Twyfel of sy eie mense dit glo. SNERT SNERT SNERT

Van ·

Dis seker hoekom ons almal gedwing gaan word om etol te betaal, dalk het die swembad nog verhitting nodig sodat daar nie koue water oor hulle gespuit word nie, of dalk het elke rondawel n splashpool nodig vir ingeval daar ‘n vuurtjie opi dakkie ontstaan, en dalk nog ‘n paar stortkoppe ook… (vir voorkoming)…..ai tog, dis lagwekkend maar eintlik laat dit mens so moedeloos.

Groen & Vuil Swembad ·

Vandag is daar ‘n video op Media 24 van Zuma se swembad by Nkandla. Die swembad is groen en vuil. Dit lyk soos ‘n vieslike vuil visdam. Dit is geen wonder die ANC is nie instaat daartoe om Suid-Afrika skoon te hou nie. Die staatspresident (Zuma) en al 10 sy vroue kan nie eers sy eie swembad skoon hou nie! Nkandla is ‘n vieslike vuil plek.

Anoniem ·

Ek stem saam met Gerhard Bezuidenhout. Een van die dae is Zuma uit die politiek wat gaan dan van Nkandla word? Gaan hy toelaat dat besoekers, binneland/buitelanders, toegelaat word vir besigtigingstoere of sal dit ‘n monument vir sy nageslagte wees sodat dit oor 50 jaar wit geverf word deur die “Demokratiese of EFF Suid Afrika”. Hy het seker gemaak hy het ‘n wonderlike toekoms na die verkiesing, want hy sal nie meer die HOOG GEPLAASDE Regerings amptenare wil onthaal nie.
Ek wens die ander partye roep ‘n Staatsgreep uit soos in Lesotho, want dit raak ‘n verleentheid vir Suid Afrikaners wat die land wil herbou na ‘n positiewe Demokratiese land. Nerens is daar ‘n oplossing nie behalwe kritiek. Al die nuus gaan oor korrupsie, moord, skiet. verkragtings. aanrandings, afbrandings, baklei oor grond, Fifa ens., die twee stryd tussen Blank en Swart, waarom nie bou aan iets goeds nie maar met die Parlement (ANC) wat in die verlede leef saam met Paul Kruger, en Jan van Riebeeck sal ons nooit vorentoe gaan nie want alles is negatief en sodoende kan ons nie vorentoe beweeg nie. Standbeelde word vernietig, ons verlede word vernietig, die toekoms staan stil weens gebrek aan dissipline deur die ANC. Almal van hulle moet gaan vir berading aangesien hulle ‘n kompleks het oor die verlede en gun geen Suid Afrikaner die son in ons land nie. Selfsug en afguns is hulle moto. Zuma wil seker in sy Tanga rond dans en swem wanneer hy aftree, daarom die swembad en sy sigaar wanneer hy te veel bier gedrink het en brand ontstaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.