Onbekende man se lyk met koeëlwonde aangetref

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Saak van moord word ondersoek nadat die liggaam van ʼn onbekende man met drie koeëlwonde agter in sy kop en nek Sondag naby Donkerhoek in Pretoria gevind is.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 07:50 na die ou Bronkhorstspruitpad ontbied waar hulle die liggaam van ʼn onbekende swart man aangetref het. Hy het een koeëlwond agter in sy kop gehad en twee in sy nek. Twee koeëldoppies is ook op die toneel gevind.

“Die man het ʼn swart sweetpak, bruin en blou hemp en wit tekkies aangehad,” het sy gesê. “Hy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”

Van der Merwe het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die ondersoekbeampte by 082 531 4047, Boschkop-polisiestasie by 012 8020909 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stef ·

Ek is bly dat die vermoorde persoon se ras aangedui is dit maak dit net eenvoudig makliker as die raai/raai berigte.n Lewe in SA is maar min werd en met die stygende misdaadvlakke sal dit verseker meer voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.