Onnie vas ná hy glo met jong seun lol

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Onderwyser van ʼn laerskool in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 10-jarige seun seksueel aangerand het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die 42-jarige onderwyser is Maandag by sy huis in hegtenis geneem. Die gr. 2-leerder se voog het glo die polisie genader nadat sy gesien het die seun tree vreemd op.

Volgens Pojie het die seun glo gereeld sy bed natgemaak. Die seun se voog het hom glo uitgevra waarna hy glo gesê het die onderwyser het hom by twee geleenthede seksueel aangerand. Die beweerde voorvalle het glo in Mei by die skool en die skool se swembad plaasgevind.

Pojie het gesê die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Plettenbergbaai-landdroshof verskyn. “Hy sal van seksuele aanranding in terme van die Wet op Seksuele Misdrywe aangekla word.” Volgens Pojie sal die onderwyser ook daarvan aangekla word dat hy die kind gedwing het om te kyk hoe hy masturbeer.

Pojie het gesê die seun ontvang berading. “Ons kan nie die identiteit van die seun of die skool se naam bekend maak nie ten einde hom teen viktimisasie en verdere trauma te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Se Maar Net ·

Is daar ‘n straf wat die daad sal regverdig??
Want hoekom kan ek aan net mooi niks dink wat dit sal regverdig nie???

Kwaad ·

Mens kry siek man’s da buite. Dan wil hul nog Onderwys er speel. Daai kind ga die nooit vergeet nie. Siek man’s wat op hul brein sit.

Piet Pompies ·

Op Laerskool (voor 1979) het ons ‘n LO onderwyser gehad wat ons seuns altyd laat stort het na die oefening sessie, hy het dan in sy toe stort hokkie gaan staan en vir ons deur die venster geloer. Jy mag nie korter as 5 minute gestort het, daarna moes ons kaal voor hom staan vir inspeksie. Vandag weet ek dat die onderwyser ‘n pedrofiel is wat jong seuns gejag het, gelukkig was ek nie een van sy slagoffers. Gee die onderwyser in die berig die hoogste straf, hy misbruik sy posisie en maak jag op onskuldige seuns.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.