Oscar Pistorius nie meer Vrydag vrygelaat

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal nie meer Vrydag onder korrektiewe toesig vrygelaat word nie.

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het gesê die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, is na die paroolhersieningsraad terugverwys. Dit kom nadat die paroolhersieningsraad van die Kgosi Mapuru II-gevangenis reeds vroeër besluit het om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, het gesê Masutha het Maandag die petisie van die Progressive Women’s’ Movement of South Africa (PWMSA) hersien waarin hulle hul teenkanting teen Pistorius se vrylating uiteensit. In hul petisie het die beweging die minister versoek om nié Pistorius se vrylating goed te keur nie weens die paroolhersieningsraad se “onsensitiwiteit” om hom gedurende Vrouemaand vry te laat.

“In sy oorweging van die petisie het die minister besluit om die oortreder se profiel na te gaan sowel as die paroolhersieningsraad se besluit,” het Mhaga gesê. “Hy moes verseker dat die paroolhersieningsraad se besluit en die proses wat gevolg is in ooreenstemming met die wet is. Die minister het ook regsadvies ingewin oor of hy wetlik geregtig is om aksie te neem indien nodig.”

Mhaga het gesê ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet kan ʼn oortreder vir korrektiewe toesig in aanmerking kom nadat hy of sy ʼn sesde van sy of haar vonnis uitgedien het. Die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, is reeds op 5 Junie geneem.

“Dit is daarom duidelik dat daar geen wetlike basis is waarop so besluit geneem is nie en dit is ʼn oortreding van art. 73 (7)(1) wat vereis dat [Pistorius] eers ʼn sesde van sy vyf jaar vonnis moet uitdien,” het hy gesê. “ʼn Sesde van die vonnis is tien maande en toe die besluit geneem is, het Pistorius nog nie sy tien maande uitgedien nie.”

Mhaga het gesê die oorspronklike besluit van die paroolhersieningsraad word dus opgeskort totdat die besluit hersien kan word.

Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit, wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande tronkstraf sou uitgedien het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

Nico ·

Ai skielik hou ek van vrouemaand. Kan dit nie nog vir die volgende 5 jaar aaneenlopend vroue dag wees nie as dit kan help dat die moordenaar sy volle tyd kan sit nie wat inelkegeval 50 jaar te min is nie.

candice ·

Ja nee! Hy is so skuldig! Baie windgat voor di voorval,snot en trane in di hof! Dan wil hy he mense moet hom jammer kry want hy eet blikkies kos in die tronk! Simpel!

Katryn ·

Sommige mense maak asof hul daar was toe die tragedie gebeur het, maar ek staan by Oscar, hy is net nog n slagoffer van die misdadige geweld in Kommunistiese Azania.

Antie ·

Hoe kan hy die slagoffer van misdadige geweld wees?
Hy is dan die ene wat die geweld gepleeg het!

CHRISTA ·

Katryn, jy klink soos die ANC wat altyd beweer die moordenaar is die slagoffer!!! G’n wonder ons regstelsel rafel uit soos die res van ons land nie!!!

Suzie ·

Ek vertrou jy was wél daar, die dat jy weet hy is onskuldig?

nig ·

Suzie ek vertou ook JY was wel daar dat jy weet hy was skuldig?!

Francois ·

EK weet ook hy is onskuldig..almal wil net he dat iemand moet “suffer” tot so iets met hulle gebeur, dan, wil hulle ‘n ander deuntjie sing. Daar was David Roodt nou pas wat in ‘n sekutietietskompleks amper vermoor is. Dan neem hulle Oscar is skuldig omdat hy sy meiseie wou beskerm!!! Kom by mense!!

Willie Drinkwater ·

Die sekutietietskomplek was dalk die problem gewees Francois.. Reeva was regtig maar sleg geskiet.

Wille Drinkwater ·

Ai tog Katgryn … Rerig????? Ek ken die outjie en sy familie persoonlik. En, hy moes van beter geweet het, hy het al sy vriendinne soos drek behandel. Hy verdien nie om te stap nie..

Michiel ·

Wille drinkwater REGTIG? Hoekom dan die skuilnaam? Kom vertel ons dan alles!Snaaks dan as hy alaml so sleg behandel het dat hul steeds alte graag met hom uitgegaan het – dalk bietjie fortune-and-fame-seekers ne? Of is dit omdat hy wel ‘n nice ou was en hul sy geselskap geniet het hmm?

Winston ·

Nou verstaan ek niks meer in die land nie.
As niemand iets gesê het nie was hy vrygelaat. Nou sê iemand iets en hy moet nog sit? Waarom is die staat se appél so lank aan die sloer!? Dit moes reeds afgehandel gewees het tydens die periode wat hy in die tronk en gevonnis was. Daar was oorgenoeg tyd en ek is seker, Gerrie Nel is warm aan sy binnekant.

Johann Marx ·

Ek wonder hoe sou die saak gelyk het as hy NIE Barry Roux en R23 miljoen van sy oom gehad het nie?

nig ·

Ek wonder hoe sou die saak en VERAL die kommentare gewees het as dit ‘n swart vrou was….

Weskaper ·

Swak regstelsel, net omdat hy wit is, het julle vergeet van Shabir Schaik. Toemaar Oscar geregtigheid sal seevier

candice ·

Hy het geld… iemand was betaal.
Ek kan nog steeds nie glo hy het so maklik van die een af gekom nie.
Ek glo nie dit het met kleur te doen nie. Mense moet regtig verby kleur begin kyk… want glo my, ek is nie ‘n rassis nie, mar ek sal jou wel se wat ek is: [klas]sis… ek het ‘n probleem met verskillende klas groepe, nie ras groepe nie. Ek is wit en ek sal jou eending sê, daar is ‘n paar wit mense wat ek nie eers in my tuin sal laat werk nie. Nie omdat ek dink hy is wit en verdien beter nie, maar omdat hy tien teen een my graaf sal steel en verkoop om dit in sy neus op te snuif.
Ek bly in ‘n kompleks, en regs langs ons bly Phillip – ‘ n Zulu, en oorkant ons bly wit mense… en ek groet hulle nie eers nie. Saam met Phillip sal ons nog koffie drink.. of braai…
Party blanke mense voel ook dis hulle reg om te kan sê wat hulle wil vir ander wit mense, net soos swart mense voel dis hulle reg.
In Oscar se geval het geld en sy atletiek loopbaan baie hiermee te doen. Hulle moes hom ‘n baie harder straf toegedien het…

Bart ·

Julle wat Oscar so oordeel, ek hoop julle het God se pemissie!

Martin ·

Maroela, ek stel weer my vraag aan Bart en Susan.
Het julle God se permissie om ons te oordeel?
Kom ons kyk of julle dit hiedie keer kan plaas>

Berhalet Beukes ·

Dis ‘n skande dat dubbele standaarde met OP toegepas word en glo my, dis omdat hy wit is! Of hy skuldig is of nie, wat van al die ander ellendige slangsleepsels soos Shabir Shaik en en en… Wat wegkom met parool!

Pop ·

Berhalet, hoekom nou die ras-kaart speel? Oscar het ‘n lewe geneem onder twyfelagtige omstandighede. Hy het sielkundige probleme en is tronk toe gestuur. Reeva se familie sal haar nooit weer sien nie a.g.v. sy indiskressie. Dus, hy verdien alles wat nou met hom gebeur. – My Opinie….

Daleen ·

Dit is belaglik. Is daar geen verkragters vry gelaat in vroue maand nie? Maar net omdat hy bekend is, is daar n optog oor sy parool. As vroue maand dan so belangrik is hoekom word dit nie op elkeen wat betrokke was by n misdaad op vroue gekonsentreer nie? Wonder maar net

Ursa ·

Wil maar net se dat die regstelsel uiteindelik glo Oscar het moord gepleeg daarom mag hy nie in Vroue maand vrygelaat word nie, so wat nou, hy SIT net 10 maande vir moord?

Alicia ·

Ek as sondaar gaan nie die eerste klip gooi nie. My hart gaan uit na Oscar se familie. Hulle moet so seer en terleurgesteld wees. sterkte vir julle

Pop ·

Ja, en *wat* van Reeva se familie?? Jis Alicia, is jy seker dis wat jy wou se??

Michiel ·

WAt van haar familie? Hulle is gedurig besig om aandag te soek deur media te nooi na al hul samekomsies. Hul het hopelik nou al geleer om op te hou dobbel want die geldkraantjie is nie meer DIS die waarheid

Dirk Greeff ·

Omdat haar familie nie met geld kan werk nie, word hulle dus uitgesluit oor wat hulle *mag* , en nie *mag * voel nie? En, omdat hulle die media gebruik om te sien dat geregtigheid geskied is verkeerd hoekom? Hipokraat!

Michiel ·

Dirk Greeff moenie woorde in my mond le nie. Waar het ek gese hulle moet utigestoot word? Kom by man, as jy wil kommentaar lewer DINK eers

Bloues ·

Christenskap gaan nie net oor vergeet en vergewe en moenie oordeel nie. Oscar het n mens deur n toe deur 4 keer geskiet. Hy moet sy straf uitdien en indien moontlik moet dit n regverdige straf wees.

PIXIE ·

BLOUES HET JY AGTER GEKOM DAAR IS NIE MEER REGVERDIGE STRAF NIE WANT MENSE KOM MET MOORD WEG. Ek dink aan die ou ooms en tannies wie se kele afgesny word soos jy ‘n skaap sal slag en gebrand word met warm strykysters. Nee my ou maat regverdig se agterend. Daar wag nog baie baie hartseer en trane en moeilike tye vir ons.

nig ·

Gedurende Oscar se verhoor was daar ‘n koerantberig oor ‘n swart vrou in Westonaria wat deur 12 buitelanders (lees: illegal immigrants) verkrag is in die veld – waar was die ANC Women’s League om daar buite die hof te dans en sing? Waar was hierdie PWMSA? Waar was hulle met die verhoor van die Modimolle Monster of met Devani se verhoor? Wat van die ander man (Indier wat onlangs sy pragtige vrou vermoor het?) Daar is talle sulke gevalle van verkragting en koelbloedige moord – bepland en andersins, maar nee, ons kry mos tv-tyd so nou sal ons spring en dans en skree en vingerwys! SWAK man! Sterkte Oscar, ek weet jy het berou en glo my God het jou lankal vergewe, steur jou nie aan die reinwit siele wat hier klippe gooi nie. God HET ‘n plan met jou.

POP ·

Nig, Oscar se berou is toneelspel! Hy het terwyl die saak aan die gang was, ge-party asof daar geen einde was nie, en dan die volgende dag ge- snot en trane .

WIllie Brits ·

Net so POP! Oscar was dronk en in ‘n geveg betrokke by die VIP Room die 14 Julie 2014. EN dit terwyl se berhoor aan die gang was,

Marietjie ·

Haha Nig! Mense vergeet darem gou. Die ANC vroueliga het bankvas agter Ina gesit tydens die Modimolle Monstersaak.
Die vroueliga is gereeld by die hof om vroue te ondersteun en teen borgtog te betoog – dis dalk net nie noodwendig altyd in die media nie.

nig ·

Hah Marietjei en waar was hierdie ander spul en waar was hul met Devani en waar was hulle met die verkragte vrou in Westonaria en waar by die Indier wat sy vrou vermoor het en waar was hulle by die ander vrou wat deur haar Griekse man vermoor is? WAAR? Een teenwoordigheid maak nie al die ander NIE teenwoordighede reg nie!

Tiekie ·

Soe, maar ons land het regtig ‘n groot klomp regters! Elkeen moet ‘n eier te lê hê oor ‘n saak waarvan julle nie eers al die feite het nie – net wat die koerante en nuus deur gee. Het dit nie tyd geword dat almal wat hulle self Afrikaners noem, eerder begin lewe spreek in plaas van dood nie. Bid eerder vir Oscar en Reeva se gesinne asook vir ons land. Dit kon dalk julle seun/ dogter of jy self gewees het en wat dan? Onthou al die woorde wat julle spreek kan nie nooit weer terug geneem word.

Pop ·

Presies Tiekie, en een van hulle se naam is Masipa. die Sotho word vir ekskrement. Sy was verkeerd, en die ander groot klomp regters is reg! Oscar is ‘n moordenaar. Punt.

Bloues ·

Ek dink nou aan die volgende: ‘n Booswig kom op n plaas en skiet die boer dood. Laakbaar, gemeen en Barbaars.

Jy nooi iemand in jou huis, vertroue , liefde en veiligheid word gebied aan die persoon en dan skiet jy deur n toe deur 4 keer en dood die persoon. watter woorde kan dit beskryf?

Ek wonder maar net

Michiel ·

Nig: NET so. Vier in hof oor vermoorde albinovrou se moord, lykskending (Maroela berig 19 Aug; Limpopo sakeman in hof na moord (Maroela berig 13 Aug – Rameez Patel); so kan ek ook aangaan en sake noem en ja, WAAR was hierdie spul wat nou so judge en jury speel? Elke dag lees mens van wrede verkragtings en moorde op vroue en WAAR is die dansende dames?? Reeva was ‘n grootmens wat nie padgegee het toe sy kon nie, dus het ‘n verkeerde besluti van haar kant plus moontlike ander agitasie – wie weet aanleiding gegee tot ‘n tragedie? En voor ek beskuldig word daarvan dat ek se dis haar eie skuld, dis nie wat ek probeer se nie; mense neem die hele saak in oenskou nie, iets wat die regter in die saak heel moontlik gedoen het. So kry nou maar stokperdjies of lees ‘n goeie boek en hou op met jul kommentare. Wat weet julle in elk geval – was een van julle die heel nag daar?

Willie Drinkwater ·

Martin, ek dink hy was – Michiel is dalk Oscar se skuilnaam! :-)

Maxie ·

As dit my seun was sou ek by hom gestaan het. Maar ek is baie teleurgesteld in die Steenkamps se dubbel standaardie. Hulle het geld van Oscar ontvang en was baie geskok toe dit aan die lig kom. Toe skielik se hulle nee dankie dit is bloedgeld. Wat se mens nou

Martin ·

Maxie, sou jy omkoop geld van die ou wat verantwoordelik (skuldig of onskuldig) is vir jou kind se dood aanvaar het?

Michiel Gilbert (van nou af) ·

Martin hulle HET! En toe ewe skynheilig dit as bloedgeld verwerp… en seker agter toe deure gehuil omdat hulle moes want dis wat van die treurendes “verwag” word. Terloops hier is meer as een Michiel, LET WEL

heksie ·

As dit my seun was moes hy nog steeds tronk toe en boet vir sy dade! Ja, ek sou hom in die tronk besoek, maar nie sy dade toesmeer nie. Niemand kan iemand se lewe vat en net wil wegkom daarmee nie. Hy is Oscar die beroemde en berugte, maar beslis nie God nie……..
so jammer leeutjie, jy het jou opinie en ek myne. Duidelik het jy nie n dogter nie!

nig ·

Heksie …ja RIGHT! Ons hoor jou en glo jou…die beste stuurlei staan aan wal….

Leeutjie ·

Heksie ek het ‘n dogter en 2 seuns. Duidelik is jy verkeerd!

Leeutjie ·

Ai Kurt… arme jy! Probeer ook iets kwytraak! My dogter en seuns het God se beskerming! Jy weet ook seker alles wat daardie aand gebeur het. Ek is geensins onsimpatiek met Reeva se familie nie maar almal verdien die voordeel van die twyfel. Kurt, ek hoop rerig jy verstaan wat ek probeer se! Ek sny jou woorde oor my dogter ook summier af! Ken jy die woorde Goddellike Vergifnis?

oscar aanhanger ·

Dit lyk nou regtig vir my, daar word in elk geval gejok oor alles, want vir almal van julle wat weet wat gebeur het, daardie nag, was daai kamer van hom NET TE KLEIN vir almal om in te pas en BY WAS. Vir die vrou se familie gaan dit nou oor geldmakery uit haar dood, hulle kry dan so swaar? Oscar, hopelik, as die parool raad deur die “REGTE MENSE” jou vrylating doen, gaan dit gou wees!!!!! Ons staan by jou!!!!!

E.K. ·

oscar aanhanger – net so, my maat NET so. Maar meste mense hier lewer sommer ent ondeurdagte kommentaar want hulle verlekker hul in die dinge, vryf hul vet handjies same en voel o so leleiblank-onskuldig; nog nooit gesondig bv soos karaktermoord pleeg, oordeel oor ander, name noem…ens ens. ag wat, laat hul aangaan, Oscar het berou en dis tussen hom en GOD alleen wat gebeur het en ek glo MY God het hom vergewe en dat MY God sy kop skud omdat die mense optree soos hul doen op die openbare forums. Sterkte Oscar. En mag Reeva se familie leer om te vergewe en te aanvaar en aangaan met hul lewe en miskien ook nadink oor die lewe en dat die ‘n tipe wake-up call is om ‘n verskil te kan maak. Jesus het aan die kruis gesterf vir almal se sondes en Hy het ook die moordenaar aan die kruis langs hom vergewe en belowe hy sal saam met Hom in die hemel wees. Wie is ek en jy om te oordeel dan? Ek dink Maroela moet maar kommentare sluit, mense spoel gifmonde hier uit, beledig. oordeel….ai

Martin ·

God het ook gesê, “Die oordeel kom My toe”
God is nie hier om die wet toe te pas nie. Dit is hoekom daar ‘n Regstelsel is. Ek is ook ‘n Christen en ek lees my Bybel. My Bybel sê nêrens jy kan wegkom met “manslag” omdat jy en jou familie geld het nie.

Elfie ·

Ja Martin die “regstelsel” in Jesus se tyd het Hom ook gefaal… Hy isonskuldig gehang, ONTHOU JY?

POP ·

Elfie, watter bybel het jy? Daar is ‘n verskil tussen kruisig en hang.
Wat meer is: jy kan nie die twee insidente vergelyk nie want Jesus het niemand dood gemaak nie. In my Bybel staan duidelik: “Jy mag nie doodslaan nie”

Elfie ·

POP my skat ons praat nou van REGSTELSELS wat gefaal het – gaan lees hoe die regstelsel in die destydse Bybelse tyd Jesus gefaal en onskuldig gehang het. Verstaan jy nie? 1 plus 1 maak nog altyd 2! Julle haal uit die Bybel links en regs net wat julle graag wil en hoe dit JULLE pas. Die een se die wraak en die oordeel kom slegs God toe – maar dan oordeel hy, ai ai.

POP ·

Elfie
Dit was die Goddelike plan dat Jesus vir ons sondes moes sterf. Ek is bevrees jy sien nie die hele prentjie nie.

Bokstert ·

PWMSA se nattwaksak. Pleks maar hulle seker hulle praat namens almal. Maar net soos die ANC het net hulle ‘n demokratiese reg. Die ander het nie. Dit klink of Oscar vrygelaat word, maar mense weet julle wat wag vir hom wanneer hy uit die tronk kom? Streng, baie streng paroolvoorwaardes. Asseblief. Live and let live.

magriet ·

Byt vas Oscar, all good things comes to those who wait. Steeds team Oscar.
En aan die Steenkamps, vir iemand wat ‘n private geleentheid van die kind se verjaarsdag wou maak, het julle darem vinnig die Britse kameraspanne laat kom. Steeds geen simpatie vir hulle nie jammer.

Dirk Greeff ·

Hi Magriet
Ek sukkel om te verstaan hoekom Oscar simpatie kry en Reeva se ouers die kritiek? Ek dink ons psige is erg geknou!

Magriet ·

Shame dat jy so sukkel. Niemand het geweet Wie sy is voordat sy geskiet is nie. Haar ma melk die oorsese media vir elke liewe pond. Ek dink nie dis hoe iemand moet optree as jy in die openbaar moet ween en agter die deur moet geldmaak uit die ding uit nie. Was van die begin af in Oscar se kamp, sy kon geloop het, maar het gekies om te bly. Jy en Wie ookal is natuurlik welkom om van my te verskil. Ek is heeltemal fine daarmee

Michiel ·

Dirk, jy het ‘n punt beet. Ek weet dat die OP spin-doctors onder andere die sosiale media teiken om die openbare opinie te beiinvloed.

Ek verstaan ook dat Oscar se parool eers oor 4 maande hersien sal word en teen daardie tyd behoort die appel om die aanklag na moord te verander te wees.

Bloues ·

E.K. Jy voel dan seker ook so vergewings gesind teenoor mense wat plaas boere en gesinne vermoor. Ek stem saam dat God die mens vergewe MAAR dit sê nie die mens moet nie gestraf word nie.

E.K. ·

Bloues -Ja ek voel so – ek het so iemand verloor en ek het besef ek moet vergewe en aangaan. Bitterheid en haat bring my nerens, waar daar nie ware berou is sal skuldiges wel hul straf kry. My kom die oordeel nie toe nie. En van ek dit besef en toegepas het is ek vry en is my lewe soveel makliker. Probeer dit!

Rina Pretorius ·

Ek wonder of julle die wreedaardige plaasmoorde op weerlose oumens ook so erg oordeel, nee julle doen nie, ek skaam my vir julle oordele asof julle die reg het daartoe, lees asb die Woord van God en sien asb dat daar duidelik geskryf staan dat die oordeel ons nie toekom nie, GOD ALLEEN MAG OORDEEL.. Los asb vir Oscar uit. hy pla julle nie. sies vir julle wat so oordeel sies se ek julle. Ek dink regtig dat die liewe Vader Sy kop skud en seker wonder hoekom het hy sulke tipe mense gemaak.

Willie Brits ·

Tannie Rina, jy oordeel mense wat nie jou opinie deel nie. Daardeur ken jy jouself die alleenreg toe om te oordeel?
1. Jy veroordeel die mense met die aaname dat hulle nie die plaasmoorde veroordeel nie.
2. Jy haal die Woord aan, dat mense nie mag oordeel nie en in dieselde asem, veroordeel jy mense.
3. God het nog nooit foute gemaak nie – hoekom as ‘n sterflike raak jy voorskriftelik en se dat hy Sy kop skud en wonder?

Ek respekteer jou opinie, maar dit maak my hartseer dat jy so te velde kan trek oor iets onbenulligs in die groter prentjie.

MM ·

Vir die wat se monde so groot is…………. ek wonder net as dit julle dogter was, wat sou julle gedoen het??? Vra maar net.

Michiel ·

MM volgens populere opinie is Oscar die een wat te na gekom is en Reeva en haar familie is die “baddies” om verskeie redes. Maar ek erken jou punt.

Magda ·

Mense, ons mag nie oordeel nie. Niemand weet wat daai aand gebeur het nie, behalwe Oscar en GOD. Sal julle daarvan hou as jy weet jy is onskuldig en daar word klippe na jou toe gegooi ? Selfs al is hy skuldig, hy moet vir die res van sy lewe met sy gewete saamleef.

Poplap ·

Jy sê dat Oscar onskuldig is.
Nou wie dink jy het toe die sneller 4 keer getrek?

Susan Forret ·

My hart lê by Oscar. Ek dink ook nie Reeva was so onskuldig nie. Wat van al die plaas moorde??? Dan praat ek nie eers van die BABAS en OUVROUENS wat wreed verkrag en vermoor word nie. Daardie barbare word gewoonlik nie gevang nie of is ook uit in ‘n paar maande om verder te verkrag en te moor. kan ons nie maar ASB vir Oscar in vrede laat nie.

Willie Drinkwater ·

Hi Susan
Waaraan was Reeva skuldig? Oscar het haar geskiet..

Polaris ·

Waarom word daar elke keer hare gekloof met blankes se reg op parool? Dit streel sekere oermense se egos om gesag uit te oefen oor veral prominente blankes.

Michiel ·

Net so Thinus! Stem met jou saam! Nou moet hulle nog net die Hougaardt SMS kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.