Oscar Pistorius skuldig bevind aan moord

Oscar Pistorius tydens sy verhoor. Foto:  Kim Ludbrook/EPA/Pool

Oscar Pistorius tydens sy verhoor. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdagoggend gesê die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 vermoor.

Regter Eric Leach het die eenparige uitspraak voorgelees. Hy het gelas dat Pistorius aan moord skuldig bevind moes word en nie strafbare manslag nie. Die saak is terugverwys na die hooggeregshof vir nuwe vonnisoplegging. Leach het gesê daar was ʼn paar opsies vir die appèlhof om te oorweeg in die lig van sy bevindinge. Hy het gesê dit sal “geheel onprakties” wees om Pistorius weer te verhoor.

Leach het gesê die verdediging se verweer dat Pistorius se optrede regverdig kan word weens sy gestremdheid en angs, is onaanvaarbaar. Volgens Leach is Pistorius goed opgelei rakende die hantering van vuurwapens en moes hy kon voorsien dat hy die persoon agter die badkamerdeur sou doodskiet. Leach het gesê dit kom op dolus eventualis neer wat beteken ’n beskuldigde kan voorsien dat sy aksie ’n mens kan doodmaak, maar nogtans daarmee voortgaan.

Leach het na die saak verwys as ʼn menslike tragedie van “Shakespeare-agtige omvang”. Hy het na die agtergrond van die saak verwys naamlik toe Pistorius en Steenkamp mekaar ontmoet het en die daaropvolgende gebeure in hulle verhouding.

Daar is ook na die verloop van gebeure van die aand wat sy doodgeskiet is verwys, sowel as die omstandigheidsgetuienis wat tydens Pistorius se verhoor gelewer is. Leach het ook verwys na die uitspraak in die hooggeregshof wat bevind het dat Pistorius ʼn swak getuie was en dat sy weergawe van die gebeure dikwels verander het.

Leach het verder verwys na die vertolking van dolus eventualis. Hy het gesê die appèlhof kan nie inmeng met die hooggeregshof se besluit aangaande die feite in die saak nie. Daar is ook onderskei tussen dolus eventualis en dolus directus (moord met direkte opset).

Leach het regter Thokozile Masipa se toepassing van dolus eventualis as “verwarrend” beskryf. Volgens Leach is die verkeerde toets toegepas en was die vraag eintlik of Pistorius geweet het ʼn mens kan doodgaan en nie net of Steenkamp kan doodgaan toe hy skote op die badkamer afgevuur het nie. Hy het gesê alle omstandigheidsgetuienis moet oorweeg word en dat van die getuienis nie net geïgnoreer kan word nie. Volgens Leach het Masipa regsfoute gemaak.

Die staat het op 3 November in die appèlhof aangevoer het dat Pistorius op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind moet word nadat hy Steenkamp doodgeskiet het.

Masipa het Pistorius op 12 September 2014 skuldig bevind aan strafbare manslag, maar nie aan moord nie. Pistorius het aangevoer hy het vier skote deur die geslote deur van sy toilet in sy huis in Pretoria gevuur, omdat hy onder die indruk was dat ʼn inbreker daar wegkruip.

Pistorius is in Oktober uit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria vrygelaat en dien tans sy vonnis onder korrektiewe toesig uit in sy oom se luukse herehuis in Waterkloof.

Pistorius het op 21 Oktober verlede jaar sy vonnis begin uitdien nadat hy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet. Hiervolgens moes hy ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kon oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Hy het op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

134 Kommentare

Bach ·

Uiteindelik die korrekte vertolking van die regspunt. Reg het nou geskied.

Marlene ·

Hi ek lees nou almal se kommentaar en toe wonder ek maar net. Nie een van julle dink daaraan hoe sou jy gevoel het as dit jou enigste dogter en nog meer jou enigste kind was wat wou vlug uit sy kloue omdat hy n aggresiewe mens was wat te veel van homself gedink het en n obsessie met “guns” gehad het, het geweet sy moet vlug solank sy kan. Nou hou vereers jou kommentaar vir jouself en dink bietjie as jy die ma was vir wie sy gesorg het en nou is als weggevat by jou en die skuldige gebruik sy gebrek om te dink almal gaan sooooooooooo jammer wees vir hom, fooitog. Ek dink die mense wat in hom glo moet maar elke maar n donasie vir hom stuur tronk toe en dan sommer ook n donasie vir reeva se ouers wat nou in ander mense se oe kyk. Ek gee nie om wat wie se nie, die Bybel se jy mag nie doodslaan nie en dan sal jy nie ongestraf bly nie. Hyt n moord gepleeg punt. Hy moet maar sy tyd sit. Hyt nou met sy eie lewe gedobbel. Nou moet hy nog net ha ouers in die gesig kan kyk en n man wees en se hoekom hy dit gedoen het. Hoeveel keer tydens die hofsaak was hy uitgevang dat hy lieg.

Pieta ·

In die kol Marlene!
Die waarheid het geseëvier en die ou is uiteindelik en regtens aan moord skuldig gevind.
Nou moet Pistoors nog net sy waarheid oor dit wat daardie aand gebeur het, laat seëvier

Se Maar Net ·

Dankie!! Uiteindelik word daar reg en regverdiging toegepas.
Niemand is verhewe die reg nie. Jammer maar dit is feite!! Hy het gemoor en daarom moet hy gestraf word. Ek verlekker my glad nie in sy situasie nie, maar die hele uitspraak vroeer was
totaal onregverdig.

Joe ·

Jippie jippie …. bly regertigheid het nou geskied ….. Gerrie Nel … jy is voorwaar ‘n YSTER …. well done …. Ook aan al die ander regters wat beslis het dit was moord …. well done …. Oscar Pistrorius verdien om agter tralies te wees vir baie lank …. hy moenie sy gestremdheid gebruik om nie terug te gaan tronk toe nie ….. geen simpatie met OP nie …..

Marie Salzwedel ·

In alles wat jy doen het KARMA altyd die laaste se!!!! Geregtigheid geskied.

Lieze ·

Ek stem saam dat n mens moet betaal Vir jou slegte dade!
Maar onthou net een ding…
God haat sonde, Ja!
Maar God is lief vir die sondaar!
Maak nie saak hoe vêr jy dink iemand van God af is nie… Dit sal nooit te vêr wees vir Jesus se liefde nie!

Hennie ·

Reg en geregtigheid het geskied! Baie geluk dat julle die moed van julle oortuiging gehad het, Hooggeregshof!!!!

Suzy ·

Wat van al die ander moordenaars waar reg en geregtiheid nie geskied nie . Hoekom net omdat dit Oscar is ?????

An ·

Suzy, lees Hennie se kommentaar. Hy het geensins genoem dat hy dankbaar is geregtigheid het geskied omdat dit Oscar is nie!? Die SCA het die bevinding gemaak, berus daarby. Nie ek of Hennie of my bure of ander in SA kan iets omtrent die ander moordenaars se vonnisse doen in Suid-Afrika nie!

Tascha ·

Suzy hierdie berig handel nie oor al die ander moordenaars nie dit handel spesifiek oor Oscar Psitorius en soos jy kan sien is daar baie, baie mense wat voel dat hy verkeerd gestraf is. Dit gaan ook nie oor sy status nie en ook nie oor of hy wel vir Reeva met opset doodgeskiet het nie – die feit van die saak is daar was ‘iemand’ in die toilet hy het dit geweet, verder het hy ook geweet dat indien hy 4 keer sou skiet daardie persoon nie sou oorleef nie hy het nogtans 4 skote afgevuur. Moord is moord maak nie saak hoe jy dit sien nie. Die reg het soos Hennie gesê het uiteindelik geskied.

Anel ·

Fantastiese NUUS!!!!!!!!!!Die gereg het wakker geskrik. RIV Reeva……ou Oscar PIS-torius moet maar sy MOORD klag gaan uitdien. JUSTICE FOR REEVA

Susan ·

Suzy, ek stem saam met jou. Hoekom net Oscar???? Wat van al die moordenaars en verkragters wat rondloop. En hoekom moet hy betaal vir die regter se fout. Ek praat nie goed wat hy gedoen het nie maar dit is baie onreverig. En die groot bekke ANC vroueliga!!!!!!! Waarom net Oscar se saak uitsonder??? is dit vir al die gratis media dekking???????????????

Lettie ·

Susan, ek stem saam met jou. Dit is bitter hartseer maar weereens niemand van ons kan oordeel nie want ons was nie daar nie en was ook nie deel van hul verhouding nie. Die waarheid sal nooit uitkom nie.

Oscar wat ook al gebeur sterkte en ja daar is mense wat agter jou staan. Sterkte !!!

Magdalena Pretoria ·

Yes! Geregtigheid het geseèvier! Uitendelik kan die geliefdes afsluiting kry. Ek is Jammer v Oscar, maar hy het haar veroorsaak en alhoewel hy reeds “gestraf” is en word sou dat absoluut onregverdig wees om ‘n mens se lewe te neem en dan ‘n “ligte straf ” te kry soos strafbare mans lag.

Katryn ·

Suzy en Susan, ek stem saam met julle, hoekom net Oscar??
Hierdie is maar net nog n simptoom van die geweld en misdaad in die land.
Maar ek sien soos van ouds is ons mense gou om te oordeel en met vrot tamaties te gooi wanneer niemand daar was nie.

Elmarie ·

Hierdie was nie ‘n koelbloedige beplande moord nie, dit kan met ons almal gebeur in hierdie land van moord en doodslag. Almal wat so teen Ocar is, wat ‘n oordeels fout begaan het – onthou die regter kan nie bewys dat hy wel bewus was dat dit Reeva was wat agter die deur geskuil het nie. Wat van ander persone wat geliefdes op hierdie manier geskiet het, ek verwys na Vleis Visagie se geval wat sy dogter doodgeskiet het omdat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het, wat is die verskil?

Willie Brits ·

Dankie, dankie, dankie!!
Geregtigheid, maar 12 jaar is nog steeds nie voldoende vonnis vir moord nie!! Linda Ehlers?

Anel ·

Gaan maar weer my mening probeer lig.

Fantastiese nuus so op ‘n Donderdag. Die gereg het wakker geskrik, so ou Reeva RIV nou want Oscar PIS-torius kry nou wat hom toekom. MOORD IS MOORD

Sune van Heerden ·

Dagsê Anel

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

mara fourie ·

A eye opener for any one who take their partner out! The person who believed that in the world will still have to be born! Now She can rest in peace

Bloues ·

Verstaan ek reg dat regter Masipa nou n ander vonnis moet oplê? Minimum 15 jaar maar versagtende omstandighede kan dit nog minder maak. Nou wonder ek watse sienings sy nou gaan verdraai om vir Oscar so lig moontlik te straf. Dis lagwekkend.Doelbewuste moord , ten minste 20 Jaar sou my mening wees

Paul ·

Hierdie klomp sannie jammer lappies, gaan lees Marlene se kommentaar. As Masipa hom nie ordentlik (15 – 20 jaar) straf nie, moet Gerrie hulle weer appelleer. Moord is moord; maak nie saak wat jou kleur is nie. As dit n arm persoon was, het hy al lankal mieliepap geëet. Daar is baie mense in die genangenis wat dieselfde “disabilities” as Oscar het. Vat jou straf soos n man!

AmY ·

Uiteindelik het geregtigheid geskied. Daar moet ‘n baie duidelike boodskap na buite gestuur word dat NIEMAND. Bo die reg verhewe is nie.

susan ·

Ek hoop jy voel dieselfde as jy iemand doodskiet wat inreek en jou en jou geliefdes se lewe bedreig. Moord bly moord ne.

SkarrelKind ·

Susan – asb kyk na die feite. Hy is ‘n bedorwe rykmanskind, wapen-befoeterd en het ‘n vloermoer gegooi en op sy meisie geskiet. Toe sterf sy, wreedaardig en hy uitgevang en nou moet hy die gevolge dra. Inbreker se voet. Hy lieg blatant want hy het nie ruggraat om die gevolge te dra nie.

Johan ·

Hopelik sal geregtigheid nou geskied alhoewel dit nooit vir Reeva sal terugbring nie.

Die appélhof het net bewys watter regsdwaling regter Masipa en haar twee “op en wakker assessore” begaan het met die mistasting van dolus eventualis

Gerrie Nel het inderdaad bewys dat hy meer regskennis het as regter Masipa en haar twee assessore . Gerrie moes lankal as n regter opgetree het op die regbank.

Simpatie met die wat so hartstogtelik in Oscar se totale onskuld geglo het en nou so ontnugter moet word- Johan

Francois le Cochon ·

Hopelik sal Oscar nou uitkom met die sak patats, en presies vertel wat daardie aand gebeur het.

Willie Brits ·

Francois, ek is oortuig dat hy geweet het wie agter die deur was en dat hy haar met voorbedagte rade tereg gestel het. Maar gaan hy met die sak patats uitkom? Ek dink nie hy het die patattas om dit te doen nie….

Van ·

Hys nog steeds beter af as Reeva, hy leef nog.
dink die straf is regverdig.. huisarres in ‘n waterkloof herehuis is nie tronkstraf nie.

Jo-anli ·

Oscar kry wat hom toekom, maar daar is geen straf i werêld wat sal regverdig vir koelbliedige moord op Reeva RIV.Bet die doodstraf sal reg wees. Ja mense kruisig my, dink mooi as dit een van julle dogters moes gewees het.

suzie ·

dit gaan juis oor dat hy bekend is… wanneer daar ‘n bekende iets verkeerd doen dink hulle altyd hulle kan wegkom met “moord” hahaha ek se dis reg laat hy ook boet vir wat hy gedoen het.

Dalene Marx ·

Sterkte aan Oscar, net omdat jy ‘n openbare figuur is en die hof nooit moes toegelaat het dat jou verhoor in ‘n sirkus ontaard het nie, word jy deur almal veroordeel en sou dit ‘n lae profiel persoon was, sou niemand ooit weer daarna verwys het nie. Hou jou kop omhoog.

Leeutjie ·

Dalene ek stem 100% saam met jou. Enigste sinvolle reaksie op die forum! Sommige forum mense staan met bakstene in hulle hande…gereed om te gooi!

SkarrrelKind ·

Leeutjie – dis dalk waar dat ek met ‘n steen in my hand staan, maar dis net andersom. Sy berhoor het juis on ‘n fiasco ontaard omdat hy gedink het sy familie se gled gaan hom uit die tronk uithou.

Hy wat Oscar is het ALLES oor homself gebring. Of dit ‘n inbreker os y meisie agter die deur was. Hy was verkeerd. Oor en uit.

Ek sou simpatie gehad het as hy ruggraat gehad het en die waarheid vertel het, want wie weet hoe erg hy dalk “gesnap” het daai aand.

Dan moet hy “man-up” vir die gemors, dan nie?

Ajay ·

Skarrel kind soos ek lees hier hoe jy almal aan vat oor hulle staanpunt wil dit blyk of jy jaloers is oor Oscar en sy success. weet jy wat hierdie wys net een ding dat jy dink dat Regter Masipa nie opgewasse was vir die saak nie.
weet jy wat jy is die person wat aandag en sensasie soek en nie Oscer nie. met my jare ondervinding glo ek ten sterkste dat Regter Masipa korrek was in sy bevindinge, en dat Oscer nooit doelbewus vir Riva vermoor het nie. die omkeer van die saak is bloote dat adv gerrie die saak verloor het en nou met room in sy bakkies sit dit wil regstel. ek glo dat al wat adv gerrie gedoen het , het hy himself prober vergelyk aan OJ Simpson se adv.
weer eens almal het hulle eie meninge en net een het die waarheid en dit is ons almagtige HERE.
nou vra ek almal wat daai klippe gooi het julle geen voute nie, en ek bedoel geen, want onse HERE se slegs as jy geen voute began het nie mag jy steenig. ek vir een se dit is nie reg wat hy gedoen het nie en moet vat wat hom toekom , sonder mense soos jy wat op hom skreeu.
kyk in die spie vordat jy vinger wys.
Hierdie is nie een van jou seepies nie die is die regte lewe.

wp se gat ·

Weet julle is almal so bly oor oscar
Nou skuldig is. Maar hoeveel.ander moorde.naars
Loop buite rond.en die. Piete.in die regering.wat. Ook goed teen hulle het dronk betuur.bedrog ens maar hulle kom weg daar.mee.ja die reg het sy gang gegaan nou. Ek het ook oscar.veroordeel.en gese hy moet sit.maar wie is ons om te oordeel.dink oscar se geweete.kla.hom elke. Dag aan..en nou gooi almal oscar met klippe so al of ons sonder.sonde.is. Wel elke keer wat jy dink.ek sal daai taxi.of malema sommer.verk skiet.is jy ook skuldig.al doen jy dit nie maar jy dink net daar aan. Se maar net. Groette vir sproette

Elmarie ·

As Ocar so ‘n humeur gehad het en sy het gevrees vir haar lewe, hoekom het sy met hom uitgegaan, en by hom oorgeslaap en omtrent by hom in getrek. Verstaan dit nie.

Priester ·

My vraag aan julle almal wat Oscar stenig, Wat as dit jou seun was? Sou jy jou nogsteeds verlekker het?

Piet Visser ·

Waarskynlik nie maar my seun sal nooit so iets aanvang nie.

Poplap ·

Die vraag is nie wat van as dit ons seuns was. Vraag ja wat sou jy doen as dit jou seun was Priester. Sou jy net se hy moet wegstap van moord? Almal is iemand se seun of dogter. Dis ‘n swak argument omdat jy in jou siel weet daar is geen ander argument

Ag Ja ·

Ek kan myself nie indink wat ek sou gedoen of gedink het nie Priester. Bid vir genade. Ouers is geneig om die foute van hul kinders by hulself te soek.
En Poplap, ek dink nie dis bedoel om simpatiek te wek nie, net die realiteit in jou bietjie wakker te maak. Dink net, jou eie vlees en bloed, doen ‘n afgryslikke daad soos om sy meisie te vermoor. Wat sou jou reaksie as ouer gewees het? Of sou jy ook die skare aangepor het om hom te vernietig voor jou oë?
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek simpatiseer nie met Oscar nie. Ek dink hy is ‘n intelligente volwasse (alhoewel kinderagtig, sonder ruggraat) man wat presies geweet het wat hy doen.

Anrie ·

Ja as dit my seun was sou ek vir hom besoek het en kos geneem het! Agter hom gestaan het, MAAR as jy iemand se lewe neem moet jy die gevolge neem. My kind of enige ander!

CHris ·

So beteken die uitspraak wys dat die regter onbekwaam is/was?
Beteken dit nou dat enige iemand hof toe kan hardloop en n regter se uitspraak kan bevraagteken/aandring op n her uitspraak?

Poplap ·

Nee dit beteken nie sy is onbekwaam nie. Die punt van die apelhof is tog juis om bevindinge in ‘n ander lig te sien. Dis nou meer as een mens wat hulle minds apply het. As die implikasie was dat regters nooit foute kon maak nie dan sou daar tog nie apelhowe gewees het nie. Regters is nie know all see all nie. Hulle kan foute maak daarom is daar juis apelhowe

CJ ·

Team Oscar….. Ai dit klink soos n sepie. Hartseer dat n tragedies do afgemaak word.

Elizabeth ·

Cj, ja. Team Oscar. As jy nie daarvan hou nie moet dan nie die kommentaar lees nie. En nee dis nie n sinspeling op sepies nie!

Hannelie ·

Uiteindelik het geregtigheid geskied!! Nou kan Reeva in vrede rus en haar ouers ook die gemoedsrus hê dat die eintlike vonnis nou sal geskied. Ek stem saam jy moet tog weet as jy 4 skote deur ‘n deur skiet, dat jy iemand kan dood? Oscar kon dit seker uitwerk.
Sterkte aan Reeva se ouers.

Winston ·

Eerstens. Gerrie Nel. Dankie vir jou determinasie om die reg, reg te vertolk en te appélleer. Indien nie sou dit ongesiens verby gegaan het en partye moes maar aanvaar het. Jy het klippe omgedop soos n ware vegter vir die reg. Jou soort is skaars. Bravo.
Tweedens. Ek dink ek het my vertroue in die regstelsel verloor. As hierdie nie n hoë profiel saak was nie het n persoon buite rondgeloop wat binne moes wees. Ek is oortuig daar is talle van hulle.
Derdens. Dank die Vader dat daar n objektiewe Hooggeregs Hof uitspraak die reg in perspektief vertolk het. Dit is n oorwinning tot op hede.
Die reg moet sonder emosies vertolk word.

Chris ·

Piet Visser jou koring is groen op die lande nê. Pasop as daar n haelstorm kom dan is jou oes in sy maai.

Leon Fourie ·

Ai. Ek is seker al die veroordeling kom uit die midde van mense wat hulself ook in dieselfde asem Christene noem. Ek is baie jammer vir Oscar, of hy dit gedoen het, of nie. Die reg het sy gang gegaan, en, daarmee moet hy homself versoen. Dit is ‘n bittere tragedie na albei kante toe. Heling, in watter mate ookal haalbaar, moet begin. Vir Reeva kan niks gedoen word nie, vir Oscar kan ek bid. Reg, of verkeerd, ‘n moeilike pad lê vir hom voor. En, as Christen, sal my gedagtes ook met hom wees.

Klippies ·

REg so Leon, ons almal bid vir hom. Geregtigheid moet geskied en dis wat met hom gebeur het. Nou moet hy sit…

Shrekie ·

Ek is nie n Oscar fan nie, maar hier wil ek soort van vir Oscar opkom:

Ek wil weet, vd wat se hy moet vir moord verhoor word en vir die wat vir hul lewens moet veg tydens n aanval:

Veronderstel daar word n aanval op jou geloods, maar jy kan nie die aanvaller sien nie en jy begin skiet. Wil julle vir my se dat jy moet wag tot die oortreder BY jou staan voor jy kan optree? Watse kans het jy dan? Dis belaglik! Ek is uit my hart jammer dat Reeva dood is, maar is julle nie dalk bietjie te kras nie? Indien dit dalk n inbreker was, wat sou jul reaksies gewees het as die doodgeskiet is? Kom ek wed julle dat julle dan gese het Oscar het n goeie job gedoen!

Wys net weereens, ons ou Boerevolkie weet nie wat ons wil he nie!

shareen ·

kom ek vra jou so as jy iets hoor in jou huis en jou vrou le nie langs jou nie . gaan jy eers kyk of dit nie sy is nie ? of gaan jy net begin skiet . want deesdae gebruik inbrekers eers jou toilette voor hulle jou aanval ?

Elmarie ·

Die moordenaar moet jou eers aanval, erg beseer, jy moet amper dood wees voordat jy mag optree anders word jy van moord aangekla. Daar is ‘n paar sake op die rol wat mense hulle self probeer beskerm het, nadat hulle aangeval is, en daar is moord sake teen hulle geopen.

Dewald ·

N paar jaar gelede het Vleis Visagie (ou rugby speller) sy dogter ook as n dief gesien en haar dood geskiet,hy het skotvry van dit af gekom,maar Oscar moet boet vir dit wat hy gedoen het,dis nie reverdig nie.

Pappie ·

Ai tog Dewald. Hoeveel keer het Visagie geskiet? 4 Keer i ‘n beknopte toilet? NEE hy het een skoot geskiet. Dis mos nou helse verskil is dit nie?

shareen ·

Ja hy het dalk nie geweet sy dogter is by die huis nie . ma oscar het wel geweet ek meen as jou vrou nie meer langs jou le nie en jy sien die badkamer deur is toe gaan jy net begin skiet . En nog n ding hoekom sou sy nie antwoord nie as hy ha wel geroep het nie. sy het toe al gevrees vir ha lewe dis hoekom sy badkamer deur gesluit het .

Kyk wie gooi klippe ·

Ja nou kan almal wat van die begin af in glashuise woon, terugsit en deur hulle glas na die strand staar en hoop niemand gooi ooit ‘n klip na hulle nie. Ek vind sommige kommentare eintlik hartseer. So met ander woorde, arme ou Reeva, daar was sy nou saam met die dolfyne swem, kon nie in vrede rus voordat Oscar nie van moord aangekla word nie? En hoe is Oscar nou beter af as Reeva as sy in die hemel is en hy in die tronk? Dus is tronk beter as hemel want om op hierdie aarde te leef is beter as daar? Pasop om te sê jou kind sal nooit so iets doen nie. Die ding is mense wil ‘n straf uitdeel wat volgens hulle maatstawe swaar genoeg is. Ek wonder as ou Reeva ‘n “lelike” meisie was of almal steeds vir Oscar so sou kruisig. Die media het ook ‘n groot rol gespeel om vir Reeva as ‘n “Moeder Teresa” uit te beeld en as ‘n engel. Soos iemand genoem het, hierdie hele ding is ‘n sirkus. June sit buite die hof en huil waar almal haar kan sien vir so bietjie ekstra aandag en more voer sy weer rose vir die dolfyne.

Klippies ·

Kyk hier ou Kyk, beeldspraak is regtig so retro! Ek is gelukkig slim genoeg om nie in ‘n glashuis te wil bly nie – wie bly nog in glas huise?? Oscar is en bly ‘n moordenaar – en ek mag dankbaar wees dat hy toepaslik skuldig bevind is.

Ajay ·

met n naam soos “klippies” wonder ek sterk, wag u is tog reg, u woon of staan nie in n glass huis nie, maar in n glass Kasteel.
geniet u brandewyn of klippies u keuse

shareen ·

Ek gaan ma eerder niks se nie . want lyk my volgens party mense moet moordenaars vry rondloop. Daars is n helse verskil tussen moord en ongeluk. Ek het my skoonpa die 7de in n moord verloor . Ek kan net dink waardeer ha ouers moet gaan . en nogal hulle dogter se moordenaar face en sien hoe hy vry rondloop . Ek is bly hy aangekla vir moord mag hulle 10 keer erger met hom doen wat hy aan Reeva en ha ouers gedoen het . die stuk gemors

SkarrelKind ·

Shareen, ek is jammer oor jou skoonpa, regtig. Ek dink aan jou en jou familie en wens julle sterkte en vetroosting toe.

Johann ·

Hier is hoe ek oor die uitspraak voel: het Oscar nie al genoeg geboet nie? Hy gaan nog vir die res van sy lewe boet, of hy nou “vry” of in die gevangenis is! Laat hom nou met rus asseblief! Ek voel dat iemand ‘n persoonlike vendetta teen hom het, en ek vermoed baie sterk wie, wat gerus kon gebly het. Iewers is iemand besig om hulleself te verryk met hierdie saak. Dit is tragies dat daar sulke mense is, en dit nogal ter wille van besigheidsbelange. Ek distansieer my nie van enige party se smart nie, maar ek hoop julle wat so anti-Oscar is, het nou julle sin gekry. Ek persoonlik sal nooit hierdie nuwe uitspraak kan aanvaar nie. Onreg het geskied. Sterkte aan jou Oscar – jy het baie mense aan jou kant en nog meer wat vir jou en jou familie in gebed aan God almagtig opdra. Voorspoed!

Elinette ·

Hoe redeneer ‘n mens dat “onreg” geskied het nou in Oscar Pistorius se geval? Johann, NEE, Oscar het nog nie genoeg geboet nie. 10 maande in ‘n tronksel teenoor ‘n lewe wat nie meer is nie? Aan al die ander op die forum wat vra hoekom Oscar uitgesonder word en soveel media dekking kry as daar 1000’e ander moordenaars daar buite rondloop: Oscar word uitgesonder omdat hy bekend is en die media het “riot” begin hardloop van die begin af met dié saak. Dit was ‘n sirkus van die begin af. Dit is juis nou “16 Dae van Aktivisme teen geweld teenoor vroue en kinders”; miskien dra dit ook by tot die sensasie – buiten dat Oscar ‘n bekende persoon is.

Om die saak met Vleis Visagie s’n te vergelyk, is belaglik – Vleis het sy meisiekind doodgeskiet toe hy haar aangesien het vir ‘n inbreker by haar motor. Dit was donkernag; hy kon waarskynlik net ‘n figuur by die motor uitmaak en hy het net een skoot (ongelukkig fatal) geskiet. Hy het skuld erken en was ‘n betroubare getuie. Hy het sy lewe omgedraai en bedien nou sy gemeenskap.

Oscar, daarenteen, het 4 skote deur ‘n houtdeur, in ‘n klein vertrekkie afgevuur. Selfs iemand met ‘n beperkte IK sal kan redeneer dat dit die dood kan veroorsaak. En dit maak nie saak of dit ‘n inbreker of sy meisie was nie; sy optrede het ‘n mens se dood gewaarborg. En hy het heeltyd volgehou hy is onskuldig; hy het in noodweer gereageer. Tussen die eerste …. tweede, derde en vierde skoot – het hy Reeva nie hoor gil en om hulp smeek nie? Dan moes hy mos opgehou skiet het!!!

Vir diegene wat redeneer dat June Steenkamp die situasie tap vir eie gewin, dat hulle slegte ouers was omdat Reeva hulle finansieël bygestaan het – wat de duiwel het dit met die saak en enige iemand anders te doen?

Oscar Pistorius het gekry wat hy verdien. Hy moet tronkstraf uitdien en klaar. Daarna moet hy verplig word om gemeenskapsdiens te gaan doen – nie soos nou, waar hy in ‘n SAPD-pakstoor goedjies in- en uitpak nie – maar by ‘n sentrum wat werk met vroue en kinders wat mishandel is en wat dalk die nagevolge dra van ‘n kêrel/man/pa/oupa wat hul mishandel, bedreig en seergemaak het.

En hy moet ‘n ware man wees en erken wat hy gedoen het en die Steenkamps om verskoning vra. En ophou om agter sy roem, sy geld (waarvan daar maar seker min is) en sy ryk familie te skuil.

Streicher ·

Johann. Sou jy se tien maande in n tronk hospitaal is voldoende vonnis vir n moord? Gelukkig dink nie almal soos jy nie. Kan jy jou voorstel as ons op die beginsel van “jy gaan vir die res van jou lewe boet” sou werk, en daarvolgens vonnisse sou ople, in watter toestand die wereld sou wees? En om dan nog verder te gaan en te se dat besigheidsbelange n rol speel, is om die meeste te se, lagwekkend!

Johan ·

Almal het geweet Oscar is skuldig ,as Hy net die volle waarheid gepraat het Van die begin af !! Leer jou kinders om die WAARHEID te praat,Maak nie saak wat gebeur het nie!! Van albei kante is dit werklik nie ‘n “lekker” geval nie.Ek dink my in ,wat as dit my seun was ? En ek dink ook wat as dit my dogter was ? Vir albei partye le net hartseer en nog hartseer voor. Ons as mens kan nie oordeel nie !! Niks KAN Reeva terugbring nie . Dis nou ‘n saak tussen Oscar en God, nie vir ons as mens nie.

SNEL ·

Johan, ek wonder as hy nou jok oor die hele ding, hoe lank kan, of sal hy met so groot geheim loop voordat dit hom opvreet en hy daarmee uitkom….dis nou as daar iets is om te vertel. Dit wissel seker van persoon tot persoon, vir die een sal dit opvreet tot hulle die waarheid praat en die ander een lieg weer so dat hulle later hulle eie storie begin glo.

Elmarie ·

Dit is vir my ongelooflik dat die GROOT kamstige Christene die hardste oordeel.

Caroline ·

Reeva het ‘n wreede dood gesterf:-( Vrees en angs wat sy moes beleef is onbeskryflik. Oscar verdien die straf. Hy was by sy positiewe en het presies geweet wat hy doen maar het nie aan die nagevolge gedink nie. RIV Reeva:-( Jy en jou familie het nou sielerus.

Elmarie ·

As Ocar so ‘n humeur gehad het en sy het gevrees vir haar lewe, hoekom het sy met hom uitgegaan, en by hom oorgeslaap en omtrent by hom in getrek. Verstaan dit nie.

Annie ·

Goeie nuus op hier Donderdag – so bly Regter Leach het die regte besluit geneem. Wonder wat se Masipa nou – en die ander goeie nuus is Heyneke Meyer se bedanking.

RITA ·

Piet Visser……..NOOIT!!!!!!!!!!!!!!! is n baie laaaaaaaaang tyd.

jack ·

Regter Masipa het die n yslike flater begaan in haar vertolking van die reels van die reg. Oscar se verweer in die saak was maar deurgaans onder verdenking en het die appelhof dit nou uitgeklaar. Ek dink egter dat die astronomiese regskoste wat Pistorius moes betaal verhaal moet word van regter Masipa want ten laastens het dit Oscar niks gebaat nie. Regters moet verantwoordbaar gehou word vir foutiewe uitsprake. Dis miskien die aangewese tyd vir Oscar om die volle waarheid te vertel en so ook dan vir homself afsluiting te verkry. Die nuwe vonnis wat Masipa hom sal op le sal nie naastenby 15 jaar wees nie, daar is te veel ander faktore wat n rol sal speel.

wanda ·

Vleis Visagie se storie was deur die bank dieselfde, en daar is n groot verskil van iemand buite en iemand in n toe toilette. My vraag is nog steeds, as jy in die nag iets hoor, praat jy met jou partner…..maak hom waker, het jy gehoor?????? Man dit wat oscar alles gedoen het sonder om te vra liefie het jy ook iets gehoor, is onmoontlik en n mens tree nie so op nie, klaar. Daai oop venster, hy gewees, of dit spook daar, want daai venster kon geen iemand anders oopgemaak het nie.

Aijaijai ·

Aan almal hierbo wat vir Oscar jammer kry. Ek kan net se, wees versigtig………….more, oormore het jy dalk so ‘n mens in jou lewe of nog erger het jou dogter so ‘n kerel in haar lewe. Ek hoop jul voel nog: ag shame arme man. Moord bly moord. Geen mens, vrou, man, pienk,blou of pers het die reg om ‘n ander sy lewe te ontneem, behalwe in selfverdediging nie. Vir Oscar se daad is daar net geen verskoning nie.

Laurika ·

Ek kry net die Steenkamps bitter jammer. As ‘n moordenaar gevonnis is, kan jy deur die rou proses gaan en dinge op jou eie tydstip verwerk. Hulle is dit nie gegun nie. Dis ‘n heen en weer wipplank vir hulle, vanaf die eerste dag in die hof, sy vrylating en nou weer.
Elke keer se rowe oopkrap en deur die mosies gaan. Baie jammer van my af moeder June….. en sterkte vorentoe.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Oscar vasbyt ons weet almal die regstelsel werk nie soos almal dink nie

jannie Swart ·

Ag ek stem nie saam.Hoe kan jy die vroueliga blameer. Hulle het Reeva se ma ondersteun wat jy nie gedoen het nie. Jannie van Vredendal

Elmarie ·

Sy verhoor was ‘n media sirkus, in hierdie geval is dit nie regvredig nie. Getuig jy in hierdie omstandighede en kyk wat gebeur.

Rina Kotze ·

Ek hoop almal het Oscar nou klaar gestenig en gekruisig.

Wat van Shrien Dewani wat beplan het om sy vrou te vermoor? En dit nogal op hul wittebrood??? Wat van die wat hom gehelp het, wat pleitooreenkomste aangegaan het met die staat en bevestig het dat hy hulle gevra het om sy vrou te vermoor???
Die stuk gemors is deur swak polisie speurwerk en swak bewysstukke vrygespreek, landuit en terug op die vliegtuig VK toe om nog ‘n paar onskuldige dames se lewens om te krap.
Wat van hom????

Ek stem saam, geregtigheid het geskied en Oscar moet sy straf uitdien.
Niemand is verhewe bo die wet nie (dalk ons president???)

Ek hoop regtig dat Jade se man nie borgtog kry nie en dat hulle hom ook toesluit.
Hoop net die speurwerk is beter as elders.

Alete Muller ·

Ek gee nie om wat die uitspraak is nie. FEIT is, jy mag nie oordeel nie. Bid liewers vir die nabye families aan beide kante, die onskuldiges wat sit met al die hartseer.

Poppapie ·

Nee maar dis mooi. Kom ons sluit die howe, maak die tronke se hekke oop want hey ons mag mos nie oordeel nie.

Tokkie ·

Daar is mense wat blykbaar nie kan of wil verstaan nie. Dit gaan nie oor Oscar nie. Dit het alles te doen met het die regbank en of die bevindinge en vonnis die oortreding regverdig. In hierdie geval is net 2 feite van belang. Die eerste is, hy het 4 skote deur ‘n toe geslote deur geskiet waaragter ‘n “vermeende inbreker” geskuil het. Al 4 skote was bedoel om dood te skiet en nie 1 was ‘n waarskuwing skoot nie. Die vraag wat enige regbank behoort te gevra het is, wat sou enige ander redelike persoon gedoen het om lewensverlies te vermy. Hy kon nog steeds sy vuurwapen by hom gehou het en Reeva wat “op die bed gelê het” na buite gelei het waar sy veilig sou wees.

Tweedens, die wet is duidelik, jou lewe moet bedreig wees alvorens jy mag skiet. Sy lewe was nog lank nie bedreigd gewees nie. Voorbeeld, as jy die inbreker sien en hy staan 10meter van jou af met ‘n vuurwapen op jou gerig kan dit geklasifiseer word as ‘n lewensbedreiging. Vra vir mense soos Hennie Bekker wat sy eie dogter deur ‘n toe deur doodgeskiet het of hy dit weer sal doen omdat hy gedink het daar is ‘n inbreker in sy huis. Die feit bly, geregtigheid, wat oorspronklik moes geskied het, gaan nou eers plaasvind. Enige ander internasionale hof sal tot dieselfde gevolgtrekking gekom het as regter Leach.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Aleta Muller dankie ek kannie glo ek deel a land met mense wat so oordeel nie hulle gaan nog harde klippe kou

HFM ·

Pa skiet dogter (8) dood deur ‘n TOE DEUR toe hy dink sy is ‘n inbreker.
Pa skiet dogter (19) dood toe hy haar IN DIE DONKER aansien as in dief.
Twee gevalle. Geen heksejag. Te veel wraakgierige en bloedlustige mense en in die wĕreld. Dit is tragiese gevalle, net soos Oscar sn.

shareen ·

Dalene Ek wonder as jou kind dood geskiet word of jy die moordenaar gaan jammer kry????? Hy het geskiet om ha dood te skiet vier skote wil jy vir my se hy is onskuldig . Maak nie saak wat Reeva aan hom gedoen het nie . Hy het ha dood geskiet en dis nie die eerste keer wat hy triger happy geraak het nie. Maar dit was ook weer eens toe gesmeer . Hy is juis nog nie toe gesluit omrede hy bekend is .dit tel in sy guns. Hy moet in die gewone tronk gaan sit . Hy gaan baie vinnag agter kom e
wat maak hulle met moordenaars en vekragters . jullr hoot net nooit daar van nie want staat smeer dit toe . Ma ek weet nou al hy gaan seker n cel kry met dstv cell foon ens dis mos hoe dit gedoen word met helde wat die wet oortree .

Eddie ·

Aaaggg nee!!!!!!!!! Moet my asb nie se vir die volgende 15 jaar as so lank gaan ons elke dag lees wat Oscar geeet en gedoen het vir die dag nie. Dit is belaglik ek is al so keelvol om te hoor hoe daar oor die ARME OU gepraat word. Hy is skuldig en hy weet dit. Vat jou pak soos n man en hou op gil soos n girl.

Sarie ·

Ai – ek wil net vra – almal wat so die 6 ‘e gebod skreeu – “Jy mag nie moord pleeg nie”. Was julle daar gewees? Nee – niemand nie. Net hy, Reeva en God. Was julle deel van hul verhouding gewees – nee. Bo en behalwe die tien gebooie is daar ook ander gebooie wat sê hoe ons teenoor ons naaste moet wees, en hoe om hulle te behandel. Die Bybel is vol van sulke gebooie wat sê, “Moenie oordeel nie, sodat daar nie ‘n oordeel oor jouself kom nie”. “Behandel ander mense soos wat jy graag behandel wil word” Niemand ken die omstandighede van hoekom waarom wat en wanneer hy dit gedoen het nie. Ons kan regters hier op aarde wees, maar die Groot Regter weet wat daardie dag gebeur het, en net hy sal vir Oscar verskoon of oordeel. God het vir hom ook aan die kruis gesterf. Net jammer hy is ook ‘n mens met foute. Hy is ook nie perfek nie. Wat ek myself die heeltyd afvra – wat as sy hom uitgetart het, dalk het sy in die badkamer gaan weg kruip nadat sy iets hom so lelik toegesnou het, en sy het geweet dat hy omgekrap gaan wees. Dalk het sy geraamtes in die kas, maar niemand sal nou ooit weet nie. Almal bespiegel net. Los dit maar eerder vir God om op te los. Hy sal Oscar eendag veroordeel en Oscar moet met homself lewe tot dan. Of dit nou in die tronk gaan wees of waar ookal. Sy gewete sal sy eie tronk word.

MARELIZE ·

Ai Sarie , ek kon dit ook nie beter se nie. dis presies hoe ek in my hart voel oor die hele saak. Ek wens die mense wil ophou met lekkerkry!

Marius ·

As almal in die wêreld so rideneer,het ons nie tronke nodig nie en wag ons maar net vir oordeels dag.

Donkiebeen ·

Hy sal 10jaar kry waarvan 5 opgeskort is. Dit beteken hy sal die helfde van 5 jaar uitdien wat 2 en i half jaar is.

Netta ·

Dit is nie veronderstel om lekker te wees in die tronk nie, boeta. Wonder net hoe jy op sosiale media kan deelneem as jy nie eens veronderstel is om ‘n selfoon, tablet of laptop in jou sel te hê nie. ‘n Tweede Christoff Becker of Radovan Krecjir????

Donsie ·

BUSFARK VAN PLETSEN
GELD WAT STOM IS … MAAK REG ….. WAT KROM IS … NIE IN HIERDIE GEVAL NIE …. WATCH

JaNee ·

Ek kry Oscar bitter jammer. Nie omdat ek dink hy is onskuldig of skuldig of weet hy het of het nie met opset Reeva geskiet nie. Net hy ken daardie antwoorde. Maar omdat daar reeds n beslissing was en nou moet daar weer oor sy lot besluit word.

JaNee ·

Ek kry Oscar bitter jammer. Nie omdat ek dink hy is onskuldig of skuldig of weet hy het of het nie met opset Reeva geskiet nie. Net hy ken daardie antwoorde. Maar omdat daar reeds n beslissing was en nou moet daar weer oor sy lot besluit word.

Yvonne ·

Voel ook jammer vir hom. Wat hy gedoen het was .. of sal nooit reg wees… maar wat van die ander moordenaars ??

wielle ne ·

Wat my kwaad maak is dat daar mense is wat moordpleeg en wat weg kom met n paar jaar tronk . Ek hoop die persoon doen dit met al die moordenaars

Berhalet Beukes ·

Snaaks hoe ander moordenaars en verkragters ligtelik daarvan afkom… O ek het vergeet… Hulle kom uit agtergeblewe agtergronde! Sies!

Ek onthou ·

Hoe lek die ou oorblasers hul lippe af, hoe wys die vingers van “geregtigheid”, hoe gaan die vet vingertjies mal met hul oordeel hier op Maroela. Dit was ‘n tragedie en niemand weet hoe Oscar dalk heel aand getart is nie want niemand was daar nie. Soms bereik mense breekpunt. Sterkte Oscar, jy sal hie ruit kom op ‘n manier wat die Vorosienigheid beplan het. Jy is nie ‘n gevaar vir enige van die ou lekkerkryspannetjie hier nie, ek dink aan jou, jy het lojale vriende! Hopelik sal die hele ou spul hier nou bedaar en iets anders soek om oor te kere te gaan. En… wat jul ookal my rigting wil gooi sal ek nie sien want ek gaan nie verder hier lees nie, so laat waai – kry dit uit jul sisteme jul selfgenoegsame spul.

Piet ·

Jis!
Ek sal vir seker nie na ‘n toilet in jou huis toe gaan nie.

Dee ·

LOL… skerp antwoord Piet. Die ene sê jou waarlikwaar dat as daar tartery was, kan die skietery verstaan word. Alles behalwe slim!

MARELIZE ·

Al wat ek kan se is : ” PASOP vir oordeel mense, want oor jou sal geoordeel word!!!
Hoeveel van julle was vliee aan die muur daai aand om presies te weet wat gebeur het.. die werklike lewe is nie n tv sepie nie.

Montesorinea ·

Die hof het gelukkig klaar oordeel gevel.
Onthou om volgende keer as Malema se kill the boer nie te oordeel
Onthou om nie te oordeel as jannoe vir sannoe verkrag
Onthou om nie te oordeel as Sipho jou seun vermoor vir sy tv.
ONTHOU MOENIE OORDEEL

M.G. ·

Ek SKAAM my vir die mense se lekkerkry hier. Mag God jul almal vergewe. Oscar, sterkte, God HET jou lief en HY weet wat jou pad vorentoe moet wees.

Nics ·

Ag hoe bly is almal tog om weer aan die ou sening te trek en herkou…tsk, tsk, kry ‘n lewe mense, kry iets vir daai vingertjies om te doen – iets GOEDS wat die moeite WERD is!

kowa ·

As Oscar mans genoeg was om in die hof op te staan en te praat, i.p.v. om snot en trane te sit en tjank of braak, sou meer mense dalk vir hom jammer gewees het. Waarom nou Reeva se ma blameer omdat sy huil in die openbaar? Sy mag huil, haar kind is dood en sy mag ondersteuning kry van die ANC vroueliga. Dit is skrikwekkend hoeveel vroue en kinders is hierdie jaar al vermoor. Iewers moet daar geregtigheid kom al is dit dan net vir 1 vrou wat vermoor is.

NET OOK 'N OUER ·

Ek lees almal se kommentaar en ja ek is ook van die wat bly is die vonnis is verander na moord. Omdat ek ook voel hy het haar geskiet, “in ‘n vloermoer en in woede” ek glo nie dit was met opset nie, en ja ek was nie daar nie, maar ek dink dit was vir almal die mees logiese afleiding gewees. Ek voel net sterk hy moes erken het dat hy aangejaag het van dag een af en verantwoordelikheid aanvaar het, dan sou hy teminste nog die respek van baie mense behou het. Vir die wat vra “As dit jou seun was?” ek het seuns en net soos met die Waterkloof 4 sê ek weer as dit een van myne was, erken, en aanvaar jou straf soos ‘n man, kry dit agter die rug. Ek sal daar wees vir jou, maar wees verantwoordelik vir jou JOU OPTREDE goed of sleg…..

Poplap ·

Uiteindelik redelik denkende ouer wat die waarheid skryf oor verantwoording

Lorna ·

Jong ek kan maar net julle comment lees en gril en ook so trots op party mense wat nog n hart het Ja ons was nie daar nie maar uit my oogpunt Oscar sonder baie belangrike ledemate (bene) word wakker maak gordyne toe hoor iets gryp sy revolver BANG moet beskerm DINK Reeva en myself Almal weet wat daarna gebeur het Natuurlik sal ek skiet wat maak wie ookal in my veilige huis Maar dit is net my opinie So oordeel my OK jou maar ons bly almal in SUID AFRIKA Damn almal wat klippe gooi daai klip kan boomerang

Helien ·

Oscar is te veel van n slapgat. Net hy weet wat gebeur het, en hoekom nie die waarheid vertel nie. Hy kan in die tronk verrot. Hy het n lewe geneen, familie en vriende se lewe verwoes.

Lorna ·

Ai ek baie jammer vir reeva we pa maar ai die mamma wat oop en bloot te verkondig sy het haar inkomste verloor regtig ek skaam my dood vir n ouer om dit vir die wereld te vertel Is jy as ouer nie veronderstel om vir jou oudag te sorg nie Ekke doen. Vandag weer met strak gesig more stroom geld weer in want sy verkoop haar hartseer aan die buite wereld Sorry maar ek moes dit net sê Sterkte Oscar en jul FAM. Wat deur sondelose mense gaan veroordeel word en regtig baie sterkte aan Reeva se pa wat die pyn swam hom vir die res van sy lewe moet DRA!!!

Wolkie ·

54 Miljoen sewinty five mense elk met n eie opinie. 54 Miljoen sewinty five mense wat verskil van mekaar. As jy verkeerd gedoen het, erken en vat jou pak soos n man, so word ons geleer vandat ons ogies oop maak. Eerlikheid het niemand nog kwaad gedoen nie. ń Leuen haal jou altyd in.

Phillip ·

Oscar, net jy en God weet, die waarheid. Ons almal dra die gevolge, van ons dade in die lewe. Laat hulle, wat in glashuise woon, die klippe gooi. As jy voor God bely het, vir wat jy gedoen het, is jou sonde, soos alle mense, wat bely het, vergewe. God dink nooit weer aan ons sondes nie, so laat die mense jou oordeel. Die Bybel sê, die oordeel kom, God toe.
Dra jou straf, soos n man. Kyk die wêreld vierkantig, in die oë, want niemand is sonder sonde nie. Ons gaan, almal eendag, voor die Groot Regter Stoel, verskyn. Sterkte.

Marthie ·

Oscar wat ookal gebeur, weet net dat God by jou is.

Dis hartseer dat Reeva dood is.

Dis net ontstellend dat daar n hofsaak was. Jy is verhoor en uitspraak is gegee. Jy is gevonnis.

Nou word jy weer gevonnis.

Ons dra jou op in gebed.

jyt nie jiuself gevonnis nie

Rikku ·

Ons mag nie oordeel nie. Niemand weet wat werklik gebeur het nie.
Sterkte aan al die paryte en mag hulle vrede vind.
Rikku

anne ·

Dankie tog ons gaan nie eendag voor mense te staan kom om verantwoording te doen nie

Tarita ·

As ek my kind verwar vir n inbreker glo ek na die eerste skoot gaan hy/sy skree uit vrees en pyn. Veral as ek n waarskuwing gee ‘ek gaan skiet’. Hoe skiet ek nog 3 keer voor die besef insink…. Dis my kind

Marius ·

Ek wonder net,en ook hoekom is die vrae nie aan hom gevra nie.1) As jou “pa,broer of suster”die aand by jou oornag het,sou jy ook ñ paar skote deur die deur geskiet het? 2)Hoekom slaap Reeva langs jou,maar sluit haar self in die toilet toe? 3)Jy het die “Gun”, so jy is nou veitlik in beheer.Hoekom het jy nie eers gevra wie is daar nie? Die antw.op laas genoemde,sal enige persoon vir jou kon beantwoord,en die antw. is,jy het presies geweet wie agter daardie deur was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.