Spesiale kerkdienste word by die Notre Dame-katedraal in Parys en oor die hele Frankryk beplan ter ere van die 129 mense wat tot dusver dood is ná Vrydagaand se terreuraanvalle in die stad. Meer as 350 mense is in die aanvalle beseer.
Die katedraal, soos verskeie ander sleutelpunte in die stad, is tans vir toeriste gesluit, maar wel oop vir kerkgangers wat die dienste gedurende die dag wil bywoon.
Maroela Media het vroeër berig ʼn reeks selfmoordbom- en vuurwapenaanvalle by ses plekke in Parys het onder meer sokkerondersteuners by Frankryk se nasionale stadion, jong mense wat by ʼn konsert was en mense by kuierplekke en restaurante geteiken.
Francois Hollande, die Franse president, het ʼn noodtoestand afgekondig te midde van die aanvalle, wat as die ergste in Frankryk sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf word. Hy het ook die land se grense gesluit en gesê die land gaan amptelik vir drie dae rou.
Militante van die Islamitiese Staat (IS) het in ʼn aanlyn verklaring verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.
Hollande het die aanvalle as ʼn oorlogsdaad bestempel en ook die IS daarvoor blameer. Hy het belowe dat Frankryk sterk sal staan teen sy vyande.
Intussen het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê teen Saterdagaand is daar nog geen berigte ontvang van Suid-Afrikaners wat in die aanvalle dood is nie. Hy het mense wat naasbestaandes in Parys het en nog nie van hulle gehoor het nie, versoek om die departement by 012 351 1000 te bel. Die departement is voortdurend in verbinding met die ambassade in Frankryk en sal inligting en navrae deurstuur.
“Spesiale kerkdienste word….beplan ter ere van die 129 mense wat tot dusver dood is….”
En toentertyd in die katkisasieklas is ek geleer kerkdienste word ter ere van God gehou, nie ter ere van mense nie.
Skynbaar is kerkdienste ook getransformeer.
Humanisme gaan die mensdom se ondergang word.
roudiens word ter nagedagtenis gehou…
dit heet ter nagedagtenis eer of betoon mens respek vir die sterwende
ter ere beteken hier dat mens die oorledene die laaste eer bewys of ter nagedagtenis… n baie mooi gebaar en het niks met menseverering as sulks te doen nie…
Voel saam met die Franse ,soek die manne wat dit gebeplan het en Binladen hulle.maar dink ook aan die duisende broere vermoor en die se regering trek net hulle skouers op.
ek dink aan alle slagoffers van terreur…
Alle boehaai oor die terreur aanval………….. Wanneer gaan ons Suid Afrikaners ‘n “ere diens” hou vir die boere wat in Suid Afrika vermoor word. Waar lê ons “commitment”
SA’ners is ‘n vreemde volk. Soveel negatiwiteit oor die simpatie, meelewendheid en media dekking wat die Franse aanvalle geniet aangesien hul voel daar moes eerder op plaasaanvalle gefokus word.
Ja, plaasaanvalle neem toe met skrikwekkende getalle. Voedselsekerheid word bedreig, boere vrees hul lewens maar basis is dat NIEMAND verdien om vermoor te word vir ligsinnige redes nie. Plaasmoorde is te veel, huismoorde is te veel, motorongelukke is te veel, kinders wat in swembaddens verdrink is te veel. Die lysie gaan aan. Maak dit ons misdaad situasie enigsins minder erg omdat ons simpatie toon met ‘n terroriste aanval in Parys wat (dalk) kan uitkring na ‘n Derde Wêreldoorlog? Moet ‘n mens heeldag en aldag net fokus op die plaasmoorde in SA (let wel, alle ander vorms van misdaad ignoreer) en koud staan teen ‘n Internasionale terreurorganisasie se lafhartige aanvalle?
Die hartseer is dat ouers hul kinders grootmaak met hierdie mentaliteit van die “eie-ek”, eerder as om simpatiek en empatiek te wees met elke ander mense en lewende wese op hierdie aarde.
thxs for your input