Potch-hoërskool se koshuis in brand verwoes

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die koshuis van die Hoër Volkskool Potchefstroom is Maandagaand geheel en al in ʼn brand verwoes.

Verskeie nooddienste het op sosiale media foto’s gedeel van die Jack Paauw-seunskoshuis wat in ligte laaie staan. Volgens Mooirivier-beskermingsdienste is die koshuis heeltemal verwoes, maar geen leerders beseer nie. Die leerders is glo in die Elgro-hotel gehuisves vir die aand.

Dit is nie in dié stadium duidelik wat die brand veroorsaak het nie, maar die polisie was saam met die brandweer op die toneel om die voorval te ondersoek.

Teen Dinsdagoggend het die skool nog nie die nuus op sy webblad gedeel nie.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die Noordwes-polisie, kon vroeg Dinsdagoggend nog nie die voorval bevestig nie. Maroela Media wag vir kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gerrie ·

Hulle het gisteraand reeds n nota op hul facebookblad geplaas…

GerhardV ·

So jammer vir daardie kinders. Baie bly niemand is blykbaar in die voorval beseer nie.

Ronel ·

Maroela.. Die skool het al gisteraand terwyl die vlamme nog hoog was op hulle facebook blad die voorval bevestig en al die belangstellendes op hoogte gehou. Maak asb seker van al julle feite voor julle goed publiseer.. Dis bitter hartseer.. Soveel geskiedenis in daai gebou. Net dankbaar niemand is in die voorval beseer nie. Sterkte aan al die onderwysers en leerlinge van Volkies!

Nastassija ·

“webblad” is nie dieselfde as “facebookblad” nie. Maroela het dus nie verkeerd verslaggegee nie.

Ronel ·

Ek verstaan dit, maar as hulle tyd gehad het om die webblad na te gaan voor due berig geskryf is, kon hulle seker op ander sosiale netwerke ook geloer het. Die berig stel die skool se reaksie op die tragedie in ‘n swak lig.. En glo my.. Dit was alles behalwe swak! Die skool en die hele gemeenskap van Potch se hantering en reaksie hierop was en is nogsteeds ongelooflik!

Sune van Heerden ·

Dagsê Ronel

Dankie vir jou boodskap.

Ons vra om verskoning as jy voel dat ons die skool se reaksie in ‘n swak lig gestel het, dit was glad nie ons bedoeling nie. Die skool se Facebook-blad is ongelukkig ‘n “closed group” en ons het dus nie toegang tot inligting op dié bladsy nie. Die berig is ook vanoggend om 06:00 op Maroela Media gepubliseer, en ‘n woordvoerder van die skool was uiteraard nie in daardie stadium beskikbaar nie.

Ons neem kennis dat die skool tydig reageer het.

Ek wil dit graag benadruk dat dit glad nie ons bedoeling was om die skool of die gemeenskap hoegenaamd in ‘n slegte lig te plaas nie, en ons vra om verskoning as iemand aanstoot geneem het.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Frank ·

Ek is n oud Volkie en oud Jack Pauw inwoner met trots. Dis regtig baie hartseer oor die slegte nuus… Sterkte aan alle seuns en onderwysers!

Bernice ·

As oog getuie van die situasie,

Die brand het aan die linkerkant van die blok begin en danksy mede koshuis seuns is al die seuns wat in die blok was vinnig ontruim. Dit is gisteraand bevestig weens ‘n elektriese kort-sluiting wat al die Maandag middag begin plaasvind het, die brand veroorsaak het.

Net die boonste vloer het gebrand maar weens roet en waterskade is die onderste vloer beskadig.

Ons hoop dat die seuns en koshuis vaders almal, sal vinnig op die been kom. Baie dankie vir die nood dienste en die gemeenskap wat al klaar n verskil maak.

Judy ·

Ja, ek is ook baie jammer vir al die kinders betrokke, wat daar gehuisves was, wat van al hul besitting, sal ons versekerings ooit nou doen wat hulle adverteer , dat hul so goed is. Sterkte seuns ek dink aan julle met liefde. Ek was ook n ouer met kinders in koshuis. Kom ons staan bymekaar soos altyd die Here sal weer voorsien soos altyd. Judy

Albert ·

Arme Maroela Media wat ewe beleef en nederig in sak en as moet repent net omdat mense die intellektuele kapasiteit ontbreek om te onderskei tussen Facebook en Webbladsy. Mens kan ook niks skryf sonder dat een of ander persoon soos Genis van Kooperasistories gefronteer en beledig voel nie. Hoor n voeltjue fluit daars n rampfonds gestig. Maroela berig biki daaroor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.