SA op rand van rommelstatus

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ekonoom het gewaarsku Suid-Afrika is op die rand van rommelstatus nadat die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering van stabiel na negatief hersien het.

S&P het Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering verlaag na ʼn gradering van BBB. Peter Attard Montalto, ’n senior ekonoom en strateeg van die beleggingsgroep Nomura International, het gesê hulle glo ʼn gradering na rommelstatus is steeds op pad.

Hy het bygevoeg Nomura voorsien groeirisiko’s aan die negatiewe kant en ‘n gebrek aan politieke ruimte vir strukturele hervormings, sowel as ‘n beter fiskale prentjie wat op die korttermyn uiteindelik teen politieke beperkings in die mediumtermyn te staan gaan kom.

“Vir beide strukturele en fiskale hervormings is daar ‘n behoefte aan hervorming en konsolidasie op die hoogste vlakke van die regering en die ANC. Hierdie mense verstaan die risiko van afgraderings en sub-beleggingsgrade.

“Maar ons glo nie hulle verstaan (selfs na vandag) die behoefte aan tydige, dringende prioritisering van konsolidasie en hervorming nie. Politieke balansering en huuronttrekking is net te belangrik vir die oomblik. ‘n Massiewe binnelandse risikoskok en gepaardgaande markskok sal nodig wees om dit te verander. Dit sal waarskynlik net kom met ‘n afgradering na rommelstatus. Beleidmakers sal nie voor dan verander nie. Daarom glo ons Suid-Afrika is op pad na die rommelafgrond,” het Montalto gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Thuunda ·

En so broei die perfekte storm vir 2016 voort terwyl die ANC en sy kiesers partytjie hou.

Ons het die studentebetogings vroeg in 2016, die droogte, die verkiesings, die kos-tekort, die krediet afgraderings, die massa afleggings, die doodbloei van die myne, die Feds wat die rentekoerse binnekort gaan begin opsit en die Rand wat dan nog verder sy agterent sal sien, die regering wat besig is om geld te hardloop en vinnig ook, en so aan, alles vir 2016.

Ek dink so ‘n perfekte storm is dalk die laaste kan vir mense om wakker te word uit hulle slaap.

Dalk skep dit die perfekte geleentheid vir selfbeskikking.

Rudi ·

Daar is aan my gese dat hul nie omgee as die land duik nie. Hul se hul is gewoond om onder te wees en dit sal ons leer.

Jan maak n Plan ·

Hartlik baie dankie aan die ANC regering en sy broers.

GES ·

Goeie raad vir jan-alleman is om eiendom of goue munte te koop. Dit is nie die beste belegging nie maar moet eerder beskou word as versekering teen finansiële markte ineenstorting.

Shannon ·

Die slimmer Jan Alleman het reeds belê in immigrasie. Die res in pistole.

Paul ·

Jou raad t.o.v. eiendom (real estate) maak geen sin nie. Dis ‘n onbeweegbare bate en een van die heel maklikstes vir ‘n kleptokratiese owerheid om by jou te steel.

Rupert Ashford ·

GFC 2 is ook oppad. Hierdie gaan meer lande as “net” RSA tref, maar tesame met die politieke plofbaarheid kan die gevolge in SA dalk baie lelik wees.

Genis ·

GES, ja die storie om eiendom of goud en silwer te koop word versprei deur die mense wat hulle hande op jou geld wil kry. Hou maar vas aan jou kontantgeld, selfs die derdewêreld lande besef die waarde van harde kontant.

Flippie ·

Soos Zim of Moz of Zam of Ken? Alle Afrika lande se geld word niks werd nie.

GES ·

Genis ek neem kennis van jou standpunt. Papiergeld en aandele is vir my net te riskant. Ek het onlangs ‘n lang gesprek met ‘n ekonoom gehad. Sy mening was belê in iets tasbaar. As die ineenstorting van die markte gaan plaasvind het jy darem iets en nie niks nie. Volgens hom is dit net ‘n kwessie van tyd. Moenie onverhoeds betrap word nie.

Kaspaas ·

Dis hoe cANCer rol. Soos in rugby waar transformasie bo resultate gestel word so in die ekonomie word BEE, EE, korupsie ens bo resultate en n sterker ekonomie gestel wat beten die land se status gaan binnekort reflekteer waar die land reeds is naamlik rommel.

Johann Marx ·

Dunning-Kruger Effek. “As jy te dom is om te verstaan jy’s dom, is jy gedoem!”

Flippie ·

Is ons werklik verbaas? Nog nêrens in Afrika het ‘n stewige en stabiele ekonomie ontwikkel na dat die politieke mag aan die swart meerderheid oorhandig is nie.

Hierdie chaos word deur George Soros en sy “filantropiese” NRO’s gefinansier en veroorsaak. Hy hou van onstabiliteit en chaos in lande want hy maak biljoene daaruit.

En Afrika is vir hom ‘n ideale omgewing om te speel. Sy pionne is idiotiese politici en moeilikheidmakers wat ontdaan is aan patriotisms en alles veil het vir naakte en wellustige magsbeheptheid.

Waar dink julle kry die EFF geld om alles te organiser wat hulle doen?

Ons is al lankal op die rommelhoop. Die enigste hoop is of om te verhuis of ‘n eiland van hoop midde in die gemors te skep en hopelik daarvandaan die rommelhoop sistematies te herwin.

Tussentyd moet ons die gelag (ja, gelag, die gegrinnik van die SP) betaal en verduur.

Johannes Meintjes ·

Hoewel die ANC die hoof marionette-agente is in die land se verval, het die aptie van die kerk en die samelewing wat ook faal om die morele remme aangeslaan te kry of die ekonomiese vryval te keer, net soveel aandeel in sake. Talle voorstelle vir die daarstel van alternatiewe en interim ekonomiese modelle vergader toenemend stof op die vele tafels van die “sit-sit-so en plaas-sonder-baas groot gepraat”.

DAAN ·

Ek dink nie die regering sal verander nie. Die regering en hulle maats eet lekker, werk lekker, slaap lekker kuier lekker, bly lekker. Dis die gewone man wat die prys betaal en nie hulle nie. Hulle huise word op gepas , so misdaad pla hulle nie. Eintlik pla niks hulle nie. Lyk Zuma dalk bekommerd as hy so in die parlement lag ? Alles is net lekker.

fritz breitenbach ·

Al wat afrika kan red as hy weer gekolaniseer word.
Net mense wat belasting betaal mag stem dan sal daar minder krimineele wees wat met die land se geld sake werk ,of maak soos in die wes indiese streek waar die bevolking regeer maar elke eiland het n eerste wereld land vir n voog wat met die geld sake werk.
Of los dinge soos dit is en laat alles tot niet gaan

Jef ·

Alle nie blanke presidente en consorte wat SA gehad het en nu Zuma profiteer van die emmers vol met geld wat Nederland elke jaar na SA stuur,so genaamde ontwikkelings geld maar jammer genoeg kom dit nie terreg by mense wat dit regtig nodig het nie.Nou gaan China weer in SA inversteer met 5 miljard dollar en die valuta koers van die rand t.o.v die dollar en die euro het die rand binnekort geen waarde meer nie.Al die groot fabrieke en myne val al gedeeltelik onder buitelandse inversteerders. Die burgers van SA gaan vir al die gelag betaal en die menere voel vere

Marous ·

Waar is die wetters wat hierdie voorspellings as doemprofessie afgemaak het nou?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.