SA regering môre by VN in Genève aangekla oor rassekwotas

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit gaan Maandag ʼn klag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie in Genève teen die Suid-Afrikaanse regering indien.

Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering vir rassediskriminasie by die Verenigde Nasies aangekla word.

Die klag volg onder meer op Renate Barnard se nege jaar lange stryd teen rassekwotas in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wat sy uiteindelik in die konstitusionele hof verloor het. Die Solidariteit-klag fokus egter ook in die algemeen op die regering se gebruik van rassekwotas wat aan die hand van die land se nasionale rassedemografie gemeet word. Twee van Suid-Afrika se voorste regskenners, advokate Martin Brassey (SC) en Greta Engelbrecht, het Solidariteit bygestaan met die opstel van die klag.

Die Solidariteit-afvaardiging gaan ook ander VN-amptenare, die Internasionale Arbeidsorganisasie, lede van die Europese Parlement en ander Europese politici spreek om steun vir hul veldtog teen rassekwotas te werf.

“Altesaam 553 000 lede van die Solidariteit Beweging en ander Suid-Afrikaners steun ʼn petisie vir die Solidariteit-klag. Dit is die grootste petisie na ʼn buitelandse liggaam teen die Suid-Afrikaanse regering in die afgelope 20 jaar. Solidariteit het ook ʼn spesiale funksie op hul webbladsy, www.solidariteit.co.za, vir Suid-Afrikaners geskep wat saam wil ‘toer’,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Die insette van ʼn wye verskeidenheid mense is vir die verslag ingewin. Dit het ingesluit insette van Herman Mashaba van die Vryemarkstigting; die bekende sakeman Zandile Zungu; Theuns Eloff, voorsitter van die F.W. de Klerk-stigting; Temba Nolutshungu, direkteur van die Vryemarkstigting; Tony Leon, voormalige leier van die Demokratiese Alliansie; René Govender van die vakbond-konfederasie Consawu; Danny Titus in sy persoonlike hoedanigheid; en Paul Hofmann (SC) van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika.

“Die wye verskeidenheid insette wat ons ontvang het, het meegebring dat ons ʼn verslag kon opstel wat werklik ʼn wesenlike deel van die Suid-Afrikaanse samelewing verteenwoordig. Die verslag het baie groter geword as Solidariteit. Die ondersteuners van die klag sluit mense oor rassegrense in. Alle Suid-Afrikaners is moeg daarvoor om onder beurtkrag deur te loop terwyl Eskom sy rassekwotabeleid verskerp. Gewone Suid-Afrikaners wil goeie waarde vir hul belastinggeld hê. Die beste instrument vir regstellende aksie is nie ʼn staatshospitaal met ʼn swart bestuur nie, maar ʼn hospitaal met ʼn doeltreffende bestuur, hetsy dit swart of wit is,” het Hermann gesê.

Solidariteit dien sy klag ingevolge die konvensie vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie in. Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar en lidland van die konvensie en moet elke twee jaar verslag lewer oor die land se voldoening aan die konvensie. Die konvensie bepaal onder meer dat regstellende aksie nie aparte silo’s vir rasgroepe mag skep nie en dat regstellende aksie tydelik moet wees. Burgerlike organisasies kan ʼn skaduverslag in reaksie op ’n regering se verslag indien. Die waghondkomitee oor die konvensie kan dan aanbevelings aan die lidland doen wat in werking gestel moet word en waaroor dan verslag gelewer moet word.

Volgens Hermann het Solidariteit reeds verskeie hofsake teen die Suid-Afrikaanse regering gevoer, die parlement met twee wetswysigings gepetisioneer en meer as een keer ʼn parlementêre debat aangevra, maar sonder sukses. “Ons het ʼn lang plaaslike proses gevolg en besluit om ons stryd vir billike arbeidspraktyke ook op internasionale platforms te voer. Ons is reeds besig met ʼn soortgelyke klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie. Ons voer aan die Suid-Afrikaanse regering oortree die internasionale reg op verskeie plekke en dit is ons demokratiese plig om dit onder die aandag van die tersaaklike forums te bring. Voldoening aan internasionale vereistes is juis deel van ons demokrasie en dit sal ondemokraties wees om Suid-Afrika nie daartoe verbind te hou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hoop ·

Kom ons hoop van harte dit gaan ‘n verskil maak. So kan ons nie meer aangaan nie!!

SNEL ·

Wonderlik om te sien mense doen so baie moeite, mag julle sukses behaal en mag dit n verskil maak.

Francois nel ·

Goed gedoen om sover te kon kom. Egter nie veel hoop dat dit op iets sal uitloop nie, die ANC wat lid is van die wereldhof, steur hulle nie eers aan ‘n internasionale hofbeval (al Bashir) watwo sal hulle steur aan ‘n VF resolusie teen rassediskriminasie. Dalk vir ‘n rukkie nuus, maar die VF het geen manier om druk toe te pas anders dan sanksies en dink jy nou eenmaal hulle sal teen hul liefling ANC sanksies instel? Nee, ons moet besef die Afrikaner staan alleen en alle energie en geld moet bestee word sodat die Afrikaner sy eie strukture kan vestig, sy belastingeld aan sodanige strukture betaal, afrikanerbesighede alleenlik ondersteun (wat wit personeel het en Afrikaans praat) ens

susan ·

Nou is die tyd dat ons saam staan en verenig in gebed. Dis waar ons uitkoms lê. Dink aan bloedrivier. Die gebed van n gelowige het kragtige uitwerking..

Rudi ·

Ek stem 100% met jou saam. Ons enigste wapen wat hard sal slaan is ons tax geld. Ons moet alles doen om dit weg te hou van die korrupte ANC en hul rasistiese ondersteuners.

Zirk ·

Baie lofwaardige poging. Na 21 jaar.! Dis ‘n uistekende aksie. Die ANC het destyds ook so te werk gegaan, en die wêreld so teen ons opgesweep. Ons MOET IETS doen, want die ANC sal NOOIT kwotas ophef nie. Daarvoor is die weerwraak-gevoel net te sterk.

Faan Smit ·

Ek het in die laaste paar dae hernude hoop vir ons en ons kinders. Daars nie rerig beter plekke in die wêreld as hier waar ons nou is nie. Die Afrikaner se geskiedenis leer ons dat ons nog altyd deur gekom en suksesvol oorleef het. Hierdie fase is nog ‘n hoofstuk in ‘n baie dik boek wat die geskiedenis van ons mense is. Ek stem saam Francois. Ons moet weer ons eie strukture oprig. Baie sterkte met hierdie poging. Mag daar gehoor geskenk word.

Lynette ·

Ek vra maar net: Is dit nie juis ons eie strukture wat gekaap word en binnegedring word deur die werklike rassiste wat ons volk en taal wil vernietig nie? Wat help dit om nuwe strukture op te rig as dit ook maar net afgeneem en oorgeneem gaan word deur die wat ons nie n plekkie van ons eie gun nie?

Jaap Kotze ·

Ek hoop, en bid, baie eerlik dat die poging positiewe vrugte sal afwerp. Sterkte!

Voorstel ·

Ek stel voor meer mense sluit aan by Solidariteit asook die vereniging vir Afrikaans by Universiteite. Sien volgende Maroela berig.

FC ·

Ek sou ook by Solidariteit wou aansluit maar is reeds verplig om aan ander vakbond te behoort. Ek wou toe aansluit maar vind die koste buitensporig hoog

Sakkie du Plooy ·

Minderheidsgroepe, veral Afrikaners, weier om langer in die beskuldigdebank te staan asof ons die ellende in SA veroorsaak het. Dit is ou nuus en word dag na dag bewys dat die ANC regering se ideologie van transformasie (die nuutste term vir blatante rassisme) almal in Suid Afrika groot skade berokken. En ons Afrikaners weier om die slaansak vir die regering te wees in hulle frustrasie om hulle eie probleme op te los en die land behoorlik te bestuur. Ons het veel kundigheid en ‘n etos van hardwerkendheid om in te ploeg om hierdie land beter te maak en weier om langer uitgesluit te word. Ons wil ook deelneem aan die bou van ‘n beter toekoms en nie langer in die afbreekproses gedurig ignoreer of blatant uitrangeer word nie. Ons wil ook sorg dat ons kinders se toekoms nie een van ellende en swaarkry sal wees nie. STERK WEES Solidariteit! Ons staan agter julle!

Oom Piet ·

Welgedaan! As ons op die Morele hoë grond bly, kan riool politiek nie staande bly nie. Die ANC se werklike kleure kan nou op die internasionale verhoog vertoon word (soos hulle met apartheid gedoen word). Die werklike rassiste word nou uitgewys.
Doen so voort.

neelsie ·

Dis nou positiewe nuus!
Laat die wereld hoor dat Afrikaners nie gaan le het nie.
Sterkte, met geloof in God gaan ons vorentoe.

Weskus Kreef ·

Sterkte vir julle. Hou so aan!!!!!!!
Hierdie BEE regstellings moet nou stop.

Selfs ons bye vrek al van alle soorte siektes.
Seker oor ons bye met die “BEE” vergelyk word. (LOL)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.