Spokerige vonds in Pta-voorstad gemaak

Die grafsteen wat gevind is.

Die grafsteen wat gevind is.

Die grafsteen van ʼn 58-jarige man wat verlede jaar dood is, is op ʼn vreemde plek in die middel van ʼn woonbuurt in die noorde van Pretoria gevind.

Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder van die Sinoville-polisie, het aan Maroela Media gesê lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het oor die naweek die spokerige vonds in Keilaan in Sinoville gemaak.

“Die grafsteen het regop in die pad gestaan. Daar was nie sigbare skade aan die steen nie, dus vermoed ons nie dit het uit ʼn bewegende voertuig geval nie,” het Von Benecke gesê.

Von Benecke het gesê dit is nie in dié stadium duidelik hoe die grafsteen daar gekom het, of wie eienaarskap daarvan kan neem nie.

Die naam Joseph Mabusa staan op die grafsteen geskryf met die geboortedatum 04-09-1956 en die sterfdatum 22-04-2014.

Die polisie het die grafsteen verwyder en dit is tans by die Sinoville-polisiestasie.

Enigiemand met inligting oor die grafsteen of wat dit herken, word versoek om kapt. Verster weekdae gedurende kantoorure by 012 543 8815 te bel.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ugh.. ·

ugh ?? wat gaan nog gebeur …. ek glo nie aan spoke nie dis die werk van stout kinders

Eric de Castro ·

Dit lyk of die grafsteen uit ‘n vliegtuig geval het?

BoereBikerBaby ·

Lyk my dit word ook nou al van die dooies gesteel, nie net meer dele van lyke vir muti nie maar sommer grafstene ook – Hul wou seker kombuis kaste maak – deesdae is enige iets moontlik…

Wilna ·

Was omtrent n jaar gelede n nuusberig op Sky nuus dat dit gesteel word, oor gepoleer word, nuwe graveerwerk gedoen word en herverkoop word. Volgens die berig word dit ook gbruik vir graniet vir kas oppervlaktes. Hulle het spesifiek berig oor wespark in Jhburg

Pierre Celliers ·

Ooooooo wee! Dis ‘n swaar klip daai! Dit laat my ril, as ek moontlikhede oorweeg en net tot een slotsom kom!!!

gladnie verbaas ·

Ag nee wat, hulle het mos die ding dat as ‘n graf op jou grond is kan die kinders tot in die jare tot daar eis dat dit hulle grond is. Lmga!! Hulle wil seker nou die grond ook eis hahaa

SeNet ·

Hahahaha! Iemand sit nou lekker en lag oor die berig!! Kan net kattekwaad wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.