Stappe teen staatsamptenaar oor ‘kap wittes op’

'n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning het Woensdag gesê hy gaan stappe doen teen ’n werknemer na aanleiding van uitlatings op Facebook.

Volgens die departement sal “’n interne proses gevolg word” ná een van sy werknemers, Velaphi Khumalo, op Facebook gesê het wittes “moet opgekap en doodgemaak word”.

Maroela Media het vroeër berig ʼn klag van crimen injuria is teen Khumalo aanhangig gemaak nadat hy op sy Facebook-profiel gesê het wit mense “verdien om soos die Jode opgekap en doodgemaak te word” en dat hy Suid-Afrika wil “reinig van alle witmense soos Hitler met die Jode gemaak het”.

Die departement het nie op Maroela Media se navraag vir kommentaar reageer nie, maar wel ʼn mediaverklaring uitgereik waarin die departement hom van Khumalo se uitsprake distansieer. “Die rassistiese uitsprake is sy persoonlik sienings en die departement keur nie sulke hatige en ontstellende rasse-aanmerkings goed nie,” lui die verklaring.

'n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

‘n Skermskoot van Velaphi Vel-hova Khumalo se Facebook-kommentaar. Foto: Verskaf

Faith Mazibuko, die departement se LUR, het verder in die verklaring gesê dat Khumalo se uitsprake in ʼn ernstige lig beskou word, asook dat sy sentimente die land agteruit neem en nie dit waarvoor die Gautengse provinsiale regering staan, weerspieël nie. “’n Interne proses is aan die gang om die saak te hanteer.”

Intussen het die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes hulle ook teen Khumalo se Facebook-kommentaar uitgespreek en gesê hulle sal ʼn formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) indien.

Khumalo het Dinsdag op sy profiel geskryf hy sal nie om verskoning vra vir sy uitsprake nie en dat hy nie “wit mense sal toelaat om ons te versmoor met hulle haat vir ons oor die afgelope aantal jare nie”. Hy het egter laat Woensdagmiddag sy Facebook-profiel verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Louis van Niekerk ·

Die verskil tussen rassisme van witmense en swartmense is dat wittes mag iemand name noem of iemandvergelyk.
Swart rassisme praat met haat en geweld.
Politieke partye gebruik rassisme om hulle verkiesings veldtog vir die komende verkiesing te baklei. Ek dink dit is ‘n baie gevaarlike spelejtie en dit dryf die mense van die land net verder uit mekaar.
Die feite waarop die verkiesing moet gebaseer word moet SLEGS oor diens lewering wees, maar as jy in die hoek is met jou “track record” dan moet jy maar die rassekaart uithaal

Anoniem ·

Mooi man….sal nou wil sien wat gebeur met hom…..Geen mens het die reg om enige iemand so te haat nie…dit kom altyd terug na jou!!!!!!!!!!!!!

Maddox ·

Hier sal net mooi dadels van kom. Die persoon is nie wit nie, dus sal die saak net uitgegooi word of slegs verdwyn. As hy wit was sou die media sy foto vir die volgende 3 dae op hulle voorblad tentoon gestel het, en vertel ht hoe slegte mens is hy nou eintlik……

arie plaasboer ·

Aan Sune van Heerden,
Die spoed waarmee sommige kommentare afgekeur word dui daarop dat dit onmoontlik, ek herhaal ONMOONTLIK, behoorlik ge-evalueer kon word.

Dit wil voorkom asof daar sekere kernwoorde is wat `n berig verder onaanvaarbaar maak vir publikasie ongeag die meriete van die kommentaar.

Sune van Heerden ·

Dagsê Arie

Dankie vir jou kommentaar.

Ons het ‘n outomatiese filtreerstelsel wat seker maak dat sekere kraswoorde nie op Maroela Media verskyn nie. Persone wat gereeld ons bepalings en voorwaardes oortree word inderdaad op ‘n lys geplaas waar kommentaar per hand goedgekeur moet word. Ons bepalings en voorwaardes stipuleer: “Maroela Media hou die reg voor om, sonder verdere kennisgewing enige kommentators wat ons insiens hulleself op ʼn herhaalde basis skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, eensydig te blok van enige verdere deelname.”

Ons bepalings en voorwaardes is ook in oorleg met regskenners opgestel om seker te maak dat ons en ons lesers beskerm word.

Vergewis jouself gerus van die maatreëls vir lesersdeelname om seker te maak dat jou kommentaar goedgekeur word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Minette ·

Die stappe wat teen Khumalo geneem word deur n klag teen hom is belaglik weens die erns van sy uitlatings. Waarteenoor n dame wat n verwysing van bobbejane gemaak het haar werk verloor het.

pieter ·

Ek vind nog niks, maar het DA se leier ook gal afgegaan teenoor die ou Khumalo soos die vrou? Ek dink persoonlik ons word uitgelok vir ‘n raase oorlog om die verkiessing uit te stel. Die Rasse siekte het nou wereld wyd versprei en oral in die wereld veral in amerika en europa raak dit bloedig warm. Natuurlik gaan dit hierdie kant ook vererger. Ons moet net een beter wees en hul staat ANC/DA ens, nie die guns gee dat ons in die strik van rassisme trap nie. Hou jul kante skoon.

Bach ·

Sune, regtig te oordeel na die ander kommentaar wat geplaas is, is myne so mak soos ‘n lammetjie. As lid van Afriforum verwag ek beter oordeel!

Willie ·

Ek weet hoe jy voel Bach – ek moet baie keer maar ‘n ander naam kies want ek dink daai lotte filter die kommentaar en as jy nie die regte naam het nie, word jou kommentaar geskrap…

arie plaasboer ·

Willie,
Ek steun jou kommentaar.
Dit wil my ook voorkom asof kommentare van my af gefilter word vanwee my naam en niks met die meriete (of dalk gebrek daaraan) van die kommentaar te doen nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Arie

Dankie vir jou kommentaar. Persone wat gereeld ons bepalings en voorwaardes oortree word inderdaad op ‘n lys geplaas waar kommentaar per hand goedgekeur moet word. Ons bepalings en voorwaardes stipuleer: “Maroela Media hou die reg voor om, sonder verdere kennisgewing enige kommentators wat ons insiens hulleself op ʼn herhaalde basis skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, eensydig te blok van enige verdere deelname.”

Vergewis jouself gerus van die maatreëls vir lesersdeelname om seker te maak dat jou kommentaar goedgekeur word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eish! ·

Ek ondervind dieselfde. Daarom dat ek nie meer kommentaar gaan lewer nie. Selfs positiewe kommentaar word verwyder. so ek het van nou op die oomblik besluit ek gaan ‘n blinde oog gooi.
dankie Sune, die tyd saam jul was lekker en het net ‘n eensydige ANC klankbaan geword.
Totsiens

Sune van Heerden ·

Dagsê Eish!

Dankie vir jou terugvoer, ons is jammer as jy voel dat ons te streng is met die toepassing van ons kommentaarbeleid. Die bepalings en voorwaardes is in oorleg met ‘n regskenner opgestel om ons en ons lesers te beskerm. Ons kan dus ongelukkig nie die reëls verslap nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Meraai ·

Hoe jammer is dit nie dat iemand soos Velaphi Khumalo wat nie deel was van die struggle nie, hom skuldig kan maak aan sulke blatante haatspraak? Die meeste mense wat wel deel was van die struggle het nadat die land oorgegee is, ‘n gees van versoening aangeneem en probeer aanbeweeg om S.A. ‘n beter plek vir almal te maak. Tata Madiba was ‘n uitstekende voorbeeld!

Nie net is die ‘jongspan” wat oorgeneem het wraakgierig en na my mening totaal arrogant nie, hulle het duidelik die klok hoor lui, maar weet nie waar die bel hang nie!

Ontsaglike vergrype het in die apartheidsjare voorgekom en ek dink daar is al oor en oor “ekskuus” gevra en probeer aanbeweeg. ‘n Mens kan nie vorentoe beweeg as jy gedurig agter jou kyk nie – jy is gewaarborg om teen iets vas te loop! My generasie het net mooi boggerol insae in die vergrype van die verlede gehad en tog is ons die generasie wat deksels duur vir die sondes van ons voorvaders betaal.

Oordeel mense op hulle dade en nie volgens hulle herkoms nie en dit geld vir elke ras in hierdie land! Rasistiese aanmerkings, laksheid, onbevoegtheid en korupsie het nie ‘n kleur nie, maar ‘n “klank” wat suur om die skuldige hang!

elize naude ·

uiteindelik eerlike positiewe posting wat van respek spreek… dit is sulke mense wat die land opbou..

Laurika ·

I want to “cleans” this country…… al wat ek kan sê is EISH

Karin ·

Wat so verstommend is dat die die “wittes” hierdie afgelope Kersfees al was , wat kos pakkies af gelewer het op staathoeke in Benoni! Ek wonder net of Velaphi dit hierdie Kersfees gaan doen as daar nie meer wittes is?

anne ·

Dis vir daardie rede wat ek liefdadigheid onder my eie mense doen Karin. Byt die hand wat jou voed, keer op keer bewys.

EMK ·

Snaaks dat Chris ONMIDDELLIK geskors is en toe daar vroeër vandag op etv nuus aan die verteenwoordiger van hierdie dept gevra is wat gaan gedoen word aan Khumalo het sy al om die vraag gepraat en tot nou toe GEEN duidelike antwoord gegee oor wat gedoen gaan word nie. #suspendkhumalo

DPJ ·

Ondefsoek hom instern en al die strooi word onder die mat ingeveë en hoor ons nooi weer daarvan nie. Kuk maar na die dronkbestuurder duplomaat, hoor jy weer iets van dit?

Nick ·

Dankie ons Hemelse Vader dat U my genadig genoeg is om my hier in die buite land te hou waar my waardes erken en waardeer word. Amen

Hettie ·

Ek wonder net wat die verskil is tussen ‘n aap en ‘n vark ? toe die Standard bank dame na wittes verwys het as varke met wit velle wat dit OK , maar noudat die skoen aan die ander voet is , is die hel los !

Bosvark ·

Hettie…dit maak nie sin wat jy se nie. So jy se dis reg wat die swaap se oor dat wittes vermoor moet word???

Nina ·

Bosvark, ek dink jy het nie mooi gelees nie. Hettie praat van die herrie oor die ‘ape’ uitlating. Maar so ruk terug is ons blanke dames as ‘pienk varke’ uitgeskel en daar was nie boe of ba gesê nie. ;)

Jan Karsten ·

Interne ondersoek sal niks oplewer nie. Gaan voor met kriminele klagtes en begin sommer met zuma en mal emma ook.

jan Karsten ·

Die nuus van die Durbanse vrou is in die nuus hier in VSA, maar jy hoor nooit van die moorde in SA nie, en nou bedoel ek nie net op blankes nie, alle rasse.

Christine ·

Ons moet daarop aandring dat hy afgedank word,SOOS die ANC maak….toi toi…en op die nuus se dat ons dit nie dult nie en kanie toelaat dat die werkgewer so n persoon in diens neem en probeer beskerm….dit moet gestop word en afgedwing word vir sy afdanking….

Jaco ·

As hy ons vir berusting Wil gebruik beteken Dit dan nie dat hy nie sonder wit mense kan mèlies groet nie.

Christie Joubert ·

Ek stem saam dat kommentaar afgekeur word volgens naam. GEEN van my kommentaar is opgesit die afgelope 3 maande nie. Maak nie saak hoe onskuldig nie. En dit omdat ek die joernalistiek van Maroela n bietjie bevraagteken het…..

Sune van Heerden ·

Dagsê Christie

Dankie vir jou kommentaar. Ek sien jy het sedert 1 Oktober 2015 altesaam 20 kommentare gelewer – wat alles goedgekeur is. Ek kon geen kommentaar van jou kry wat afgekeur is nie. Dis moontlik dat jou kommentaar eers ‘n rukkie later op die berig verskyn het nadat jy dit gelewer het. Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en daar was dus dalk ‘n vertraging in die tyd vandat jy die kommentaar gelewer het, tot wanneer dit gepubliseer is.

Ek wil dit ook graag beklemtoon dat Maroela nie kommentaar verwyder wat kritiek teen ons bevat nie. As jy gereeld die kommentaar lees sal jy sien ons poog om so ver as moontlik persone te antwoord wat ons oor iets kritiseer, en ons doen graag ‘n wysiging en vra om verskoning as ons ‘n fout begaan het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

anita ·

Lesers kan bly wees maroela plaas nie sekere komentaar nie, netnou word maroela aangekla van rassisme, of dalk lesers self….jul moet onthou ons kan baie dinge nie hardop se….so maroela red ons en hulle self..

Erich Taljaard ·

Stem saam dat niks met hom gaan gebeur nie. Inteendeel, heelwaarskynlik bevordering.
Wie weet – dalk word hy nog n minister.
Dit is mos aanvaarbare taal as jy aan die betrokke ras groep behoort.

Johannes Meintjes ·

Soos al vantevore opgemerk, is “swart haatspraak” baie meer giftig as die gefrustreerde opmerkings van ander kulture op sosiale media. In die geval ter sake word sommer goedsmoeds baie lukraak en met aanvegbare aannames na Jode en Duitsers ook verwys! Sou die betreurenswaardige geval van Dingaan en Retief nie meer plaaslik “relevant” (en “in huis”) gewees het nie, – met inagneming van die onaanvaarbaarheid van sulke tipe rassisitiese uitbarstings waar nasionale samewerking tussen kulture van veel meer konstruktiewe vrug kon wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.