Tiener op vakansie vir selfoon vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Die Margate-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Shayleen van Zanten (15) Woensdag in Trafalgar naby San Lameer, waar sy op vakansie was, glo vir haar selfoon vermoor is.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media bevestig die tiener was saam met haar pa en vriende in die Suidkus-dorpie toe sy aangeval en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

“Na wat verneem word het die slagoffer en ʼn vriendin omstreeks 18:00 gaan stap,” het Zwane gesê. “Hulle het skaars die strandhuis verlaat toe hulle ʼn man sien nader stap. Hulle het besluit om om te draai en terug te keer na die strandhuis.”

Die verdagte het Van Zanten voorgekeer voordat hulle die hek kon bereik. Hy het in gebroke Engels op Van Zanten se selfoon aangedring. “Daar word beweer dat sy geweier het om die selfoon aan hom te oorhandig en ʼn gestoeiery het ontstaan. Die man het haar in haar arm, bors en lies gesteek.”

Van Zanten is ná die aanval na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar sy aan haar beserings beswyk het.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Strussbob ·

Ons het geword soos stomp byle want ons staan nie op teen hierdie gemors nie

ora ·

Ek is ‘n inwoner van hierdie pragtige klein paradys maar die afgelope paar weke is die duiwel en al sy trawante hier los. Inbrake, aanvalle weekliks, tot 3 of 4 keer per nag. Eintlik is dit maar net ‘n groterige aftree-oord. Ons is tans die teiken van òf ‘n bende, óf ‘n sindikaat wat die plek wil leegdra voor hul aanbeweeg. Dis nie ‘n plesier om jou oudag so deur te bring nie.

Berhalet Beukes ·

Ek het ongelooflik baie respek dat sy so dapper was om nee te sê en te veg vir iets wat haar ouers vir haar gegee het. In my oë is sy ‘n klein heldinnetjie al is ek bitter jammer dat sy haar lewe verloor het. Mag GOD jou tussen die engele plaas waar jy hoort!

Pops ·

Nee, wat, dit is hoekom ons nie meer naby die Suid Kus wil vakansie hou nie, drie jaar terug het dieselfde met my by Margate gebeur, ek het terug geveg en gelukkig het die “saad van die duiwel” niks aan my gedoen nie, maar is deur ander manne wat gesien wat gebeur het ‘n lekker les geleer. gaan maar liewer binneland toe vir ‘n vakansie. Baie sterkte aan die Familie,

Dee ·

Eerste keer wat ek hoor Johannesburg is veiliger as Kaapstad of Pretoria is veiliger as Durban.

SNEL ·

Dis vreeslik, dis net n kind. Mens se hart is seer vir die ouers. Baie sterkte aan julle.

sue ·

Haar selfoon was in haar rugsak. Hy het hom nie gevat. Haar lewe is geneem vir niks. My dogter was die vriendin.

Peet Schabort ·

Sue, aan almal van julle, meegevoel met dit wat nie moes gebeur het was dit nie vir hierdie slap regering wat nie sy bevolking kan of wil beskerm.
BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!!!!!!!

E. Olivier ·

Ek is so jammer wat jou arme dogtr ook saam haar vriendin moes deurmaak. Ek bly hier en die crime is besig on heeltemal hand uit te ruk. Jy kan net nie meer vry rondloop aoos jt wil nie. Die duiwelse gemors is orals. Baie sterkte vir julle alml en die ouers van die afgestorwe meisie.

SNEL ·

Goeiste Sue, dis dan niks anders as moord. Dis n sinnelose daad. n Kind vermoor vir geen rede nie. Ek dag in die gestry om die foon af te vat het hy haar met n ding gesteek. Om te dink dat hy haar net dood gemaak het oor geen rede… Ek is geskok. Jou arme kind vat dit ook seker sleg. So baie mense se lewens is weer omgekrap en vernietig hierdeur. Dis n slegte wêreld waarin ons lewe. Baie sterkte aan haar ouers en aan jou dogter en jou en almal hierdeur geraak.

Karen ·

Ons het ook verlede jaar erg onder die misdaad deur geloop gedurende ons vakansie in Port Edward. Die suidkus sien ons ook nie weer. Dink regtig meer polisie beamptes kan toeriste se veiligheid verseker! Baie sterkte aan die familie. Mag God jul troos en deur die moeilike tyd met sy liefde omvou.

Thea ·

Dis baie hartseer, my innige meegevoel aan haar familie en haar vriendin Wat dit moes aanskou!

Cecilia Barnard ·

Ons word gedwing om te Rica en hoekom? Sodat skelms jou kan vermoor v jou selfoon en dan kan niemand jou eens help om jou eie sim en foon op te spoor of te track nie. Elke sisteem in hierdie land is in sy ma in. Ons kort die doodstraf terug!

Amarisse ·

Haar naam was Shayleen van Zanten. Baie sterkte vir haar familie en ook vir julle, Sue. Dis siek, siek, siek!

desire ·

Dit is verskriklik om te dink dat in vandag se tyd n mens se lewe niks beteken nie. Maar vir my familie en my shellapop ek dink aan julle en weet dat Liewe Jesus julle sal veilig hou. Sterkte aan haar pappa en ek bid dat hy sal vrede vind. Sy was en sal altyd onthou word as n pragtige mensie.

Prov 21 ·

Ek is erg bekommerd oor daai pappa. Shayleen was sy hele lewe! My hart is so seer.

Hercules ·

geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan “why”, hoekom? ~ slegs Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande sal Jesus julle dra ~ Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte ~ (x-moord & roof speurder)

Frans ·

Dit is verskriklik om ‘n kind so aan die dood af te staan en geen woord van vertroosting kan ooit die leë plek vul nie.Dit is net in God se genade waar berusting te vind is.

Daar is egter ‘n les vir ons almal hier uit te leer -geen jong kind seun of dogter van die ouderdom kan in hierdie misdadige land vry rond stap sonder dat volwassenes hul vergesel nie, al hoe protesteer hul hoe hard en sê dat hul groot is.

E.K. ·

My innigste simpatie met die ouers, familie en vriende. Om deur sulke trauma te gaan terwyl hierdie ‘n tyd van familie en vrede behoort te wees. Ek hou jul in my hart, dis baie erg wat julle nou moet deurgaan! Dis nonsens dat julle “gevangenes” is in jul eie omgewing – bring patrollies op die been en werk saam om jul paradys weer veilig te maak. Roei die onkruid uit! Ek praat nie net, ons het dit hier buite die stad begin doen en ons het regtig nie probleme in ons spesifieke area nie. Wees oopkop en oopoog, dis ongelukkig al raad wat ek vir julle het. Ek glo vakansie areas is nou ‘n “sagte” teiken, want die sleg goed weet mos mense is ontspanne. Laat patrollies sigbaar wees, dra bv helderkleurige thempde en loop met ‘n KYK op julg esigte rond, bewapen meet minstens pepersproei en ‘n knuppel of ‘n ding – gewere bring net probleme alhoewel dit ‘n beter oplossing is, maar ja, die wet is ongelukkig meestal aan kriminele se kant. Wees paraat! Moenie dat daardie spul jul lewe vir jul kom regeer nie. Hou noodvergadering met jul sektorpolisie en wees maar bereid om te help, dis ongelukkig hoe dit werk. Staan op vir julself en sterkte!

Neels ·

Ek stem…. ek ry nie die mooiste of beste kar nie maar die dag as hulle my dalk gaan hi-jack gaan ek nie stry nie dan moet hulle maar vat wat hulle wil want mens kan ‘n kar ens vervang maar nie jou lewe nie!!!

Biddende ·

Dink aan almal wat deur hartverskeuring krimp van pyn. Beskerm ons jongmense …Verlos ons van die bose. Amen

Charlene ·

Sue: Baie dankie vir jou dat jy meer lig hierop skyn. Die berig opskrif lees duidelik verkeerd!! Dis so tragies dat hulle deur so `n aaklige ding mos gaan op so `n jong ouderdom, sy het nee gesê want sy het duidelik besef sy is niemand se vloer lap. Sy het baklei vir wat aan haar behoort en dalk wou die goed nie net `n selfoon gehad het nie. Dis 2 jong meisies alleen hulle het verseker meer as `n selfoon gesoek. Sy was `n held! Tragies dat sy met haar lewe moes betaal. Stekte aan die familie wat hulle doger verloor het mag god julle dra want geen woorde van mense gaan die seer weg vat of beter maak nie. Niks vat daai pyn ooit weg nie. En Sue aan jou kyk mooi na jou dogter sy is deur hel.

Caren ·

Ons innige simpatie met jul groot verlies. Ons is ook Eldo’s en dis verskriklik om te dink dat so ‘n grusame ding met een van ons mede-leerlinge moes gebeur. Ons bid God se vertroosting vir julle toe. Net hy kan jul trane afvee en oor tyd dit sagter maak. Sterkte. Jul is in ons gebede

Seugnet ·

Saamstaan en terugbaklei mense. Ons weet mos hulle is lafhaarde.

Ronelle Engelbrecht ·

Baie sterkte aan haar ouers en maats by die hoerskool Eldoraigne in Centurion.

Wim ·

MY innige simpatie. Ek het ook n 15 jarige dogter, Ouers julle moet bele in selfverdediging vir jul kinders want jy kan hulle nie 24 uur n dag deur groot mense beskerm nie. Pepperspray teen R120 n houer is n moet Daardie goed spuit tot 15 meter ver. Spuit hom al bly hy jou volg en hardloop dan. Wat met hierdie meisies gebeur het is tragies en gebeur wanneer n mens dit die minste verwag. Sterkte aan die ouers. Daar is 2 dinge wat een of ander idioot uitgedink het. Niemand is onvervangbaar nie en tyd genees alle wonde. Rampe het ons ook getref en ons bly nog steeds mis en hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.