Twee doodgeskiet glo oor parkeerplek

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Twee mans is Sondag in Durban doodgeskiet nadat hulle glo in ʼn rusie oor ʼn parkeerplek betrokke was.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is in die parkeerarea van die Kingsford-woonstelle op die esplanade doodgeskiet. Die voorval het omstreeks 17:30 plaasgevind.

“Daar word beweer dat die twee slagoffers, onderskeidelik 25 en 30 jaar oud, in ʼn rusie betrokke geraak het met ʼn 57-jarige man wat in dieselfde blok woonstelle as hulle woon, na bewering oor ʼn parkeerplek. Die verdagte het albei mans met sy vuurwapen doodgeskiet.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê albei mans was reeds dood toe paramedici opgedaag het.

Volgens Naicker is die 57-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van moord en is daar op sy vuurwapen beslag gelê. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Dit bevestig weer eens: Moord is ons land se nasionale sport!!! Hierdie klomp narre adverteer voortdurend menseregte en die reg om te lewe maar hoeveel mense word daagliks vermoor vir die mees belaglikste redes!!!

Eduard ·

50 jaar van nou af gaan mense nie weet van die wild wild west nie maar net van Suid Afrika

Winston ·

En daar was nie eers n selfoon ter sprake nie! Moord nou nog goedkoper???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.