Verpleegskool in ligte laaie tydens Limpopo-betoging

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Verpleegskool by die St. Ritas-hospitaal in Glen Cowie in Limpopo is Woensdag aan die brand gesteek nadat gewelddadige betogings in die gebied uitgebreek het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die geweld het begin toe gemeenskapslede een van die inwoners aangerand het omdat hulle hom van aanranding verdink het. Die situasie het verder handuit geruk toe woedende inwoners die paaie met klippe en ʼn groot skeepshouer wat aan ʼn selfoonmaatskappy behoort, afgesper het.

Die inwoners het daarna kamers by die verpleegskool aan die brand gesteek, asook ʼn vragmotor wat aan ʼn privaat maatskappy behoort.

“Die inwoners is ongelukkig omdat hulle beweer mense van Polokwane word by die verpleegskool opgelei, terwyl die jeug van die gemeenskap swaar kry,” het Otto gesê. Niemand was in die gebou ten tyde van die brand nie.

“Openbareorde-polisiebeamptes is na die gebied ontbied en brandweermanne het die brand geblus. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Otto gesê. Die situasie was Donderdagoggend kalm, maar polisie was steeds op die toneel om die gebied te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

Ek hoop tog nie verpleegskool gaan nou weer herbou word nie. Al die gebou wat tydens sulke sogenaamde protesoptredes afgebrand word, behoort net so gelaat te word. Miskien sal ‘n volgende geslag hierdie “monumente” van barbarisme aanstootlik vind en dit ook met pienk verf, ens toetakel.

Theresa ·

Ek stem saam met jou Darty. Hulle is so breinloos. Hulle moan en groan oor alles en nog wat maar dink hulle nou wragtig deur alles te verniel en af te breek en uit te brand – dat dit dinge sal beter maar. Die onnosel om agter te kom hulle vererger alles net……………….

Theresa ·

Ek kan nie verstaan dat my kommentaar nie geplaas word nie. Daar is mense wat erger goed sê as ek. Maar ek het onder andere saam met Darty gestem.

anne ·

Laat die res van die wereld maar sien hoe dit regtig hier by ons gaan, los dit net so.

Bleek Sannie ·

Ek is nie verbaas nie. Kostes verbonde aan verpleegopleiding by dié skole beloop sowat R19 000 – R25 000 per jaar wat met inskrywing betaalbaar is. Dit sluit verblyf ens. uit. Dit is te duur vir die armes. Een van die dae sien ons nog die privaat hospitale afbrand, waarna verpleegster wat opleiding by dié skole voltooi het, hoofsaaklik uitgeplaas word. Mediclinic, Life ens. Ek sou dit ook afgebrand het as ek in hulle skoene was.

Winston ·

Brand nou die gebou af en volgende jaar tyres op die teerpad omdat daar nie n verpleegskool is nie. Barbare tree so op nie mense nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.