Werkers kon Woensdag daarin slaag om die 25 ton-karkas op ʼn insleepvragmotor gelaai te kry, maar was Donderdagoggend nog besig om die vrag te stabiliseer voordat dit na die Vissershok-stortingsterrein vervoer kon word.
Maroela Media het vroeër berig die Stad Kaapstad het Dinsdagaand van die karkas bewus geword nadat dit opgemerk is waar dit in die see dryf. Dit het kort daarna uitgespoel en die strand moes noodgedwonge gesluit word.
Johan van der Merwe, lid van die burgemeesterskomitee vir energie, omgewing en ruimtelike beplanning, het gesê die stad se vaste rommel-span was reeds vroeg Donderdagoggend besig om die voertuig en karkas te stabiliseer, maar dit was ʼn “uitdagende taak”.
“Sodra hulle seker is dat die oortollige lading veilig is om vervoer te word en nie ʼn gevaar vir ander padgebruikers inhou nie, sal hulle na die stortingsterrein beweeg,” het hy gesê.
Intussen is die strand steeds gesluit, aangesien daar steeds bloed en olie in die water is wat ʼn gevaar vir vakansiegangers kan inhou. Kusweg by die toneel van die operasie is ook nog gesluit.
Hulle maak ‘n berg van ‘n molshoop. Hulle moes eenvoudig die walvis die diepsee insleep waar die haaie dit baie vinnig sou opvreet en verskeur. Ek was deel van so gebeurtenis paar jaar gelede op Margate strand en dis die maklikste oplossing: Diepsee toe
Jor, dit is nie altyd die maklikste oplossing nie. Veral as die walvis dalk siek was, wat die haaie se dood ook kan veroorsaak. Dit is hoekom die walvis verwyder word sodat toetse gedoen kan word om vas te stel of rooigety die kus bedreig!!!
André, jy’s reg. Maar voor jy dit die diepsee insleep, laai jy daai karkas met ‘n heel paar kilogram dinamiet……….en sodra jy diep genoeg die see in is, druk jy die knoppie, en skiet hom so fyn dat niks weer kan uitspoel strand toe nie..
Die walvis het op rotse gelê en die Valsbaai is baie vlak. n Boot wat n walvis van ongeveer 25 ton vanaf die rotse die see in te sleep moet taamlik groot wees . Tegnies gesproke sou dit nie werk nie.
Die wyse manne is vanjaar in die Strand!