Die beeldmateriaal, vermoedelik van veiligheidskameras op die perseel, wys hoe ʼn boerboel ʼn inbraak by ʼn huis in Middelburg in Mpumalanga fnuik. Op die video kan gesien word hoe die man oor ʼn muur klim en versigtig naderstap.
Dit lyk asof die man kyk hoe hy in die huis kan inkom. Minder as twee minute later kom die boerboel egter om die hoek van die huis gehardloop en bestorm hom. Die man kan nie van die kwaai hond af wegkom nie en vir meer as vyf minute lank ruk die hond die man grond toe elke keer wanneer hy probeer weghardloop.
Volgens die Middelburg Observer het hierdie toneel hom by die huis van Tanja Steenkamp afgespeel. Die koerant berig Steenkamp het by die huis gekom en die man op ʼn tafel buite die huis aangetref, waar hy bebloed gestaan en skree het met die hond wat hom van onder af probeer beetkry.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hy is bewus van die video wat die rondte doen, maar het nie meer inligting oor die voorval nie. Volgens Sedibe is daar geen saak by die polisie aanhangig gemaak in verband met die voorval nie.
[wpvideo G1Wxd4et]
Oubaas se honne….
En volgende keer dan vat die gemors gif saam.
As hy nie my eiendom wederregtelik betree het nie sou my hond hom nie gebyt het nie. Wat ‘n hond!
Net ‘n paar puncture merke. Die ander hond lyk nog soos ‘n puppy.
Oubaas se honne!
Ai, dit was nie lekker om te aanskou nie. :(
Dit was baie lekker om te aanskou , duidelik is jy nog nooit ingewag in jou eie yard deur gaste wat jy nie genooi het nie !!!
Ek het 6 Bull terriers spring oor my muur as jy wil !!
Die kêrel het seker n vreeslike lawaai afgegee. Hoop hy het homself in n nuwe geloof ingeskrik sodat hy nie weer gaan roof en plunder en moor nie. As dit nie vir woefies was nie kon ons gelees het van vrou vermoor deur onbekende wat selfoon gesteel het.
Gee vir boela n lekker stuk biltong
As dit my twee boerboele was dan was hy nou verledetyd.
Ek sou daai inbreker se tjops afgetrap het
“Volgens Sedibe is daar nog geen saak aanhangig gemaak oor die voorval nie”….Hahahahaha…daar sal ook nie een aanhangig gemaak word nie. Die Steenkamps het hulle eie polisiemag op die erf…..een wat hulle kan vertrou, en wat weet wat om met oortreders te doen. Ek gaan koop sommer nog twee by die wat alreeds het……
Sy sal seker ‘n saak maak wanneer sy klaar gelag het.
Goeie werk woef…. Lekker om te sien ‘skelms’ word ook gestuit. Moet altyd hoor hoe hul ons mense verniel en mishandel…kry bietjie van hul eie medisyne!!
Hierdie vark het n vel soos ek weet nie wat nie! Boerboele is wonderlike honde maar as hulle jou gryp het jy moeilikheid. My tannie sn het my in die gesig gegryp, en ek moes 25 steke kry!
Vermeende inbreker ??????? Twak maroela hy was en is n inbreker die video wys dit tog duidelik ….. ?????????
Dagsê Adrian
Dit is ongelukkig slegs ‘n hof wat iemand skuldig kan bevind aan ‘n oortreding, nie ‘n media-instansie nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Wees asseblief waaksaam. Ek het’n gevoel daai ou sal terugkom om die hond dood te maak.
Ag te lekker. By my huis het n ou nou die dag sy hand deur die veilgheidshek gedruk om vir een of ander rede die hond te streel en dit terwyl die kennisgewing duidelik se pasop vir die hond….teen die tyd dat ek daar kom het die hond al lekker begin kou aan meneer se arm….sal jou leer !!!
Daardie hond kort n groot stuk steak en lekker biltong . Jammer sy maat is nog n baba. Hy het darem mooi gekyk hoe dit gedoen word. Well done boeries
Die inbreker her geweet van die kleiner hondjie daar binne,kyk hoe paai hy!!! Hy het rondgesoek vir iets om hom stil te maak! Daardie hondjie was baie verskrik!
Ons wapens word reeds streng beheer as jy n lisensie wil bekom. Volgende is seker ons honde. Jammer maar die man het gesoek.. …en gevind. Al moes hy op die harde manier leer. Mooi so jou spiertier!
Gesneuwelde kommentaar van my oor die hond se tandhigiëne . . . Ai toggie . . .
Dit was sy verdiende loën! Geen saak kan teen julle gemaak word nie. Hy het privaat eiendom oortree en die hond was honger. Inteendeel, volgens ons of die regering het diere meer regte as mense, renoster stropery geniet meer aandag as plaas moorde!
Lyk vir my na ‘n rasistiese aanval! Dat ou BOERboel nou die arme man so kon karnuffel ;-)
Soek so hond se kleintjie wat eers vat en laater vrae vrae
Sune.
Hoekom word my kommentaar verwyder. Is ek nie polities korrek nie?
Dis jammer hy leef nog. Hond het halwe werk gedoen!!
Mooi so ounooi sê honne wat as die mense by die Huis was Dan sou hy dalk nie genade betoon het nie
Die bond het net halwe week gedoen en nou is sy lewe in lewensgevaar.
Eienaars moet waak teen gif wat in die erf in gegooi kan word.