[Video] Polisie ‘laks’ terwyl familie op moordplaas aangehou word

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Familielede van ʼn gesin wat Saterdagaand op ʼn Mpumalanga-plaas aangeval is en waar ʼn man vroeër vanjaar ná ʼn plaasaanval gesterf het, moes skynbaar kort ná die voorval verbete probeer om die Sabie-polisie te oortuig om op die noodgeval te reageer.

Doreen Bieldt is die niggie van die slagoffers wat hulp deur WhatsApp ontbied het nadat drie gewapende mans hulle Saterdagaand op ʼn plaas in Rosehaugh, tussen Nelspruit en Sabie, oorval het.

Doreen het Maandag aan Maroela Media vertel haar niggie en haar man, Marie en Jan*, albei in hul 50’s, huur nou dieselfde plaashuis waar Koos Kruger en sy vrou in Februarie vanjaar deur ses gewapende mans aangeval en beroof is. Kruger is tydens die voorval twee keer geskiet en het later in ʼn Nelspruitse hospitaal aan sy beserings beswyk. Sy vrou het gemaak asof sy geskiet is, dood gespeel en só oorleef.

“Jan se broer en dié se vrou woon die afgelope tyd in ʼn gastehuis op die plaas. Die mans het hulle omstreeks 20:30 in die gastehuis oorval, aangerand, met kabelbinders vasgebind en van hul beursies, bankkaarte, selfone en juwele beroof,” het Doreen gesê.

Doreen het gesê Jan het vanuit die hoofhuis beweging buite die huis gesien en gaan ondersoek instel. Toe hy buite kom, is hy ook oorval, aangerand en vasgebind. “Die aanvallers het hul drie gyselaars na ʼn landery in geneem en daar aangehou. Hulle is gedwing om hul bankbesonderhede bekend te maak sodat hul geld onttrek kon word. My niggie was tydens die voorval in die huis saam met vier kinders van onderskeidelik 1, 4, 12 en 15 jaar oud. Sy het geslaap toe haar man uit die huis is en het later wakker geword en onraad vermoed toe sy sien almal is weg. Sy het dadelik hulp van die buurtwag ontbied en die buurtwag het iemand uitgestuur.”

Jan het intussen die verdagtes oortuig dat hulle nie geld in hul bankrekeninge het nie en het met hulle ʼn ooreenkoms aangegaan om vir hulle waardevolle gereedskap te gee wat in die plaashuis is. Twee verdagtes het hom na die plaashuis vergesel terwyl die ander verdagtes by Jan se broer en sy vrou gewag het.

By die plaashuis het die lid van die buurtwag daar opgedaag en in daardie stadium kon Jan daarin slaag om weg te hardloop. “Hy het vir die buurtwaglid geskreeu dit is ʼn gewapende roof en Jan en die lid is saam met Marie in die huis in en het daar geskuil en probeer om hulp te ontbied.”

Doreen verduidelik dat daar nie altyd voldoende selfoonsein op die plaas is om te bel nie en dat die egpaar onder meer om 23:30 hulp op WhatsApp ontbied het. Mauritz het dadelik gereageer en tevergeefs probeer om per telefoon hulp van die Sabie-polisie te kry.

Die Bieldt-egpaar het ʼn opname van hul gesprek met ʼn polisiebeampte by die stasie. Die beampte wil weet waarom die slagoffers die polisie nie direk bel nie en terwyl Mauritz Bieldt probeer verduidelik hy vermoed die slagoffers se selfone is gesteel, sit die beampte die telefoon in sy oor neer. Hier volg die gesprek:

[wpvideo DCulUGZs]

Die Bieldt-egpaar het dadelik daarna in hul voertuig geklim en na die stasie, sowat 5 km van hul huis, gery om sodoende hulp te ontbied voordat hulle self na die plaas, sowat 15 km buite Sabie, is. Hulle wou ook ondersoek instel waarom die foon in Mauritz se oor neergesit is.

Doreen het besluit om haar selfoon in te neem en ongesiens ʼn video te maak sodat die klank vir bewyse gebruik kan word, indien nodig. Sy beweer ʼn vrouebeampte het op haar arms gelê en slaap toe sy daar instap. Sy het aan die beampte verduidelik dat haar niggie in ʼn gewapende roof betrokke is en dat daar ʼn gyselaarsdrama is. ʼn Man se stem word dan gehoor. Dit wil voorkom asof hy aggressief optree as Doreen wil weet wie die telefone beman en dat sy hulle gaan aanmeld.

Doreen het aan Maroela Media gesê sy het besluit om te loop want sy het nie tyd gehad om tevergeefs om hulp te smeek nie en sy het glo alkohol aan die mansbeampte geruik en was bang die situasie ruk handuit. Hier volg die video:

[wpvideo 5XlFZkkn]

Die Bieldt-egpaar het na die plaas gejaag en hulp van J & M Sekuriteit ontbied, wat die egpare op die plaas gaan bystaan het. Beamptes van J & M het Jan se broer-hulle omstreeks 01:00 in die landery opgespoor.

Die drie verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap.

Doreen het gesê die Nelspruit-polisie het Sondag in die vroeë oggendure op die toneel aangekom en het later die saak aan die Sabie-polisie oorgegee. Speurders van die Sabie-polisie was Sondag deur die dag op die toneel.

Denzil Laurie, medebestuurder van die groep Sabie Be Safe, het die polisiebeamptes se optrede veroordeel. “Ons is reeds in gesprek met die plaaslike sakekamer en gaan sorg dat klagtes teen die beamptes gemaak word en hoop dat daar tugstappe teen hulle geneem word,” het hy aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het die twee opnames aan die provinsiale polisie gestuur vir kommentaar.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê hulle het ʼn amptelike klagte oor die voorval ontvang. “ʼn Ondersoek is van stapel gestuur en soos meer inligting bekend gemaak word, sal daarvolgens besluit word watter stappe om te doen,” het Sedibe gesê.

Sedibe het ook bevestig dat ʼn saak van gewapende roof ondersoek word. Niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

*Skuilname. Die egpaar wil uit vrees vir weerwraak nie hul name in die media bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann ·

Ai, dit is tragies dat ons polisiemag só gevou het! Menselewens was/is op die spel. Wat gaan ons land nog verder tref? Dankie aan die privaat instansies en buurtwagte wat help. Sterkte.

Etienne van Zyl ·

Die bastards reageer net as hul mense betrokke is want dan is daar belonings vir leidrade en hulp. Veral as dit ‘n witman onder verdagte is want dan arriveer hulle met 20 voertuie of die weermag. Maar as dit is net nog ‘n wit slagoffer is, hoekom die moeite doen om wakker te word en ‘n pen op te lig of dalk die energie bymekaar te skraap om na die toneel te ry. Dan gil hulle wit rassisme? Ons mense is in groot gevaar wat met ‘n reuse spoed versnel

M ·

Patetiese polisiediens. Ons is maar aan ons eie genade oorgelaat. Jy moet maar net hoop en bid jy het nie hulp nodig nie, want dit gaan nooit kom nie. Pateties!!!!!!

Roy du Plessis ·

Ek is nie seker wie was kaalvoet nie maar op die video was daar ‘n persoon wat kaalvoet gestaan het met ‘n blou langbroek.

Martinette Nuvunga ·

Die polisie kla oor ‘n te kort aan polisie motorvoertuie maar hoe Sal daar ooit genoeg voertuie wees as die voertuie soggens en saans geparkeer staan in hul woonbuurte by hul tuistes. Dis nie eers ‘n verassing OM baie van hulle besope te sien terwyl hulle op diens is nie. Ander besoek onwettige drank huise en neem drank van die drank eienaars op ‘n gereelde basis OM sodoende ‘high’. Te wees. Die police force is just a joke country wide. Theey employ people who bought their drivers licences, muggle unfit over weight women and men into the force ,so how will the force ever fuction Wright? With a35% pass rate and people who cannot even spel or write a proper incident report !!!! GOD HELP ONS LAND.

Tess Riekert ·

Die kaalvoet persoon is die dame. Sy konnie haar selfoon op die beampte fokus nie. Hy sou haar sekerlik gearesteer het en die foon gekonfiskeer het om alle leidrade uit te wis!!!

Hannie ·

“hoe minder hy doen, hoe minder wil hy doen!” Dis is presies hoe daardie nasie se kultuur is. SLEG SLEG SLEG!

tamboti ·

10% teenwoordigheid, 5% kennis, 5% diens en 80% arrogansie en 0% dringendheid!
Daarom meer as 80% misdaad ongevang en ongestraf.

Flippie ·

Moenie die polisie blameer nie hulle kry hulle opdragte van Nhleko. Hy is ‘n ANC kader. Hulle laaik dit as hulle agente plase aanval,want hulle dink dit sal die wit mense bang maak sodat hulle weg sal hardloop. Of altans dit is wat die president van die ANC gereeld op byeenkomste sing.

JoeV ·

Lang berig om belasting betaalers gerus te stel daai geld gaan vir goeie werk!

OogOpSiener ·

Elke voorval maak my kwater. As dit my wat so rustig is soveel ontstel dan maak dit baie ander ook kwaad. Erens gaan een ou te kwaad word en hy gaan knak en dan gaan hy iets doen. En as daar genoeg ander is wat saam met hom kwaad is gaan hulle hom help om dit te doen.

Vir hulle part hoop ek maar net nie dat die ANC hul hoop op stabiliteit op sulke polisiemanne plaas nie want dit is maar wankelrig…

Jen ·

Dis waar Flippie, ek dink buiten die ANC en SAPD is daar nog ander instansies wat opdragte gee en mense betaal om al die plaasmoorde te pleeg. Dis hoekom SA so versleg het, want die een helfte van hulle le en vrek van ellende en die ander helfte is te besig om te steel en te moor. En die res kyk net weg. Voel regtig jammer vir die klein handvol blanke SAP lede want hul moet al die werk doen terwyl die sleg goed le en slaap en die geld wil ontvang

JoeV ·

Jen, dink al lankal daar word op radio stasies uitgesaai en aangemoedig om plase aan te val. Wie luister en maak seker sulke propaganda word nie so versprei nie? En watter van daai luisteraars sou ooit by die radio ombutsman ‘n klagte gaan indien vir haatspraak of vir aanhitsing tot geweld?
Daar is net te veel gevalle vir “geleentheids rowers”, die word vooraf beplan en uitgevoer met baie mense wat daaevan weet en niks daaraan doen nie!

Basie ·

Sê vir die polisie jy het 4 aanvallers doodgeskiet en jy dink nog 3 is gewond, dan moet jy sien hoe vinnig is hulle daar. Sal lyk soos ‘nagmaal op Paul Roux’!! Dis jammer vir Sabie. In ons dorp is die polisie baie vinnig om te reageer.

Winston ·

@Basie. Het ook al daai gehoor en glo dit ook. Jy kan die streep van die president af, van bo af, reg deur trek tot op die grond. Hoe wil n dissipline lose n dissiplineerde polisiemag daarstel? Mense besef nie regtig hoe swak dit regtig is nie en sal skrik as alles bloot gelê word. Mense is al vreesbevange om te getuig oor misdaad. Hulle word onbeskermde teikens en as jy een skiet, onmiddelik arresteer vir moord of poging tot moord as jy n kwesbok het.
Sterkte vir my mede wetsgehoorsame burgers. Ons kou al klippe.

Andre Esterhuysen ·

Next time tell them a cop was shot and bleeding in the driveway. You will get reaction. It is not illegal if they are incompetent anyway.

Ouman ·

SAPS is hopeloos veral as die slagoffers wit is en die beamptes van die agtergeblewe groep is. As iemand ‘n SAPS lid klobber is dit hoofnuus en die trane rol. Daar was ‘n tyd toe ek baie simpatie vir SAPS gehad het maar daardie dae is verby. Ek vind dit moeilik om respek of simpatie vir SAPS te toon. Die sleg spul wat in die berig genoem word sal niks oorkom nie. Dit is die kultuur van SAPS wat sal moet verander.

Shannon ·

Kry vir Dottor Piet Muller van die Front met plusse om nog `n hofsaak aanhangig te maak teen die pote, hou `n biddag op `n berg of skenk geboorte aan nog `n bewusmaking veldtog.

Of slaan hand aan die ploeg en kyk agter jouself.
O vrek hier kom die sensor al weer !

janus ·

Geen vetroue in die polisie vir die afgelope 5 jaar nie. Pretoria loop hulle met los veeters of selfs sonder veeters Pestole in die broekbeld gedruk sonder holster. R4 word agterstvoor vas gehou aan die magesein sonder weerstend. Gaan kyk by Silver Lake Spar in die Ooste van Pta om 8am. Gaan drink koffie by die Wympie en hou dop soos die Metro in rol by Spar vir ontbyt! Geen ambiesie nie, geen lojaliteid nie, geen trots nie… n Pos ,badge en n Ranger vir “show” . Niks meer nie…

Chris Mynhardt ·

Ek is bly om te hoor almal het lewend uit die situasie gekom het. Ek het ‘n soortgelyke geval gehad verlede jaar in Alberton, 19 Desember 2015 toe ek 10111 bel om hulp te vra toe my dogter en vrou aangeval is deur vier persone met vuurwapens in die huis. Die person het gese dat die adres bestaan nie en ek moet nou ophou om hulle te bel. Die CPF was dadelik op die toneel en die polisie is eers na n uur en half daarna met die verskoning dat hulle nie n voertuig het nie en hulle was besig met skof verandering en dit is hoekom hulle nie dadelik kon uitkom nie. Ek en my vrou het die speurders n video gegee oor die roof en is ses maande in kennis gestel die saak is gesluit en die video is weg. Die saak by die polisie is as n gewone huis roof beskryf en nie as n gewapende roof nie. Die problem is die meeste polisie is eintlik baie swak opgelei en het geen trots in hulle werk nie. Daar is wel polisie lede wat hulle werk doen en hulle is eintlik skaars soos hoender tande. Al wat die polisie wil eintlik doen is agter lessenaars sit, tjol praat en papiere teken. Die CPF is eintlik die persone wat die areas patroleer waar die polisie eintlik dit moet doen. Dit is eintlik kommer wekkend dat die gewone burger wat geen of min opleideing die werk beter doen as die bestaande polisie lede.

niel ·

Net vir die rekord, ‘n huisroof is ‘n soort gewapende roof

Swanna ·

Brand hulle Doreen. Kry Afriforum om julle by te staan want sulke swak gedraag en opterde moet ons glad nie meer duld nie. As hulle nie hul werk kan doen soos hulle veronderstel is om te doen nie moet hulle uit die mag( Polisie) verwyder word. Hulle is dit nie werd om daardie salaris te verdien nie en ook nie werd om ‘n polisie man/vrou genoem te word nie. As hy na drank ruik is dit nog erger. Hy self is ‘n gevaar vir ander en jy kon hoor hulle was nie juis vars toe Doreen daar op gedaag het. Nee wat sink maar hulle skippie vir hulle.

Theresa B ·

Dit beaam maar net almal se denke. Hulle voel ‘n veer want dis nie hulle mense nie en daar is ‘n stel reels vir hulle en ‘n stel reels vir ons…………………………..

Christina ·

Ja, dit is polisiebeamptes soos hulle wat maak dat ons geen vertroue in die SAPD het nie. Daar is maar ‘n handjie vol beamptes wat hul beroep gekies het en deur hart en siel hul werk verrig. Beamptes soos die doen dit net vir die voordele wat hul kry.

Wim ·

Ek is jammer dat die mense deur al die trauma moes gaan. Dit help nie eers om die polisie te kontak nie. As ly by die polisie of lisensie kantore instap kan jy die vyandigheid aanvoel. So toe stel ek maar vir my n Bullterrier tefie aan. Ja ek glo aan regstellende aksie .Sy het tot n swart kol op haar boud.Ek het haar net n bietjie laat leer en is nou minister van verdediging op my perseel. Sy het een aand vreeslik tekere gegaan en ek vra haar toe wat gebeur het .Sy se twee wesens het oor die heining gespring en toe sy nie hulle taal verstaan nie toe verstaan hulle gelukkig haar taal en hardloop weg wat sy gedink het was ongeskik. Hulle is toe oor die heining met rooi en bruin strepe as bewys op die heining Ek het die polisie gebel en wag nog vir hulle dis 3 jaar terug.

Loeis ·

Mens moet die polisie se dat jy die rowers geskiet het. Dan daag hulle baie vinnig op en wil bittergraag arresteer.

Rina ·

Dit is omdat hulle in poste gesit word waar hul nie hoort nie, waar op dees aarde moet ‘n mens so sukkel om hulp van die polisie af te kry hul is veronderstel om ons mense te beskerm maar nie, hul slaap harder as die gewone persoon.Suid-Afrika het ‘n goeie polisie span en militere span gehad maar nou is alles ‘n groot grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.