[Video] Polisie ontbied oor dié T-hemp in gimnasium

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Storm het op sosiale media losgebars nadat ʼn man Woensdagaand uit ʼn Virgin Active-gimnasium in Johannesburg gegooi is nadat die T-hemp wat hy aangehad het tot onenigheid gelei het.

Ondersteuners van die pro-Palestina-groep Boycott, Disinvestment and Sanctions (BDS) dreig nou om Virgin Active-gimnasiums regoor die land te besoek met hul BDS-hemde aan.

Muhammed Desai het op Twitter gesê hy is deur lede van die polisie uit die Old Eds-gimnasium in Houghton begelei nadat hy en die gimnasium-bestuur oor die T-hemp slaags geraak het. Die T-hemp het ook die embleem van die Young Communist League en ’n afbeelding van Chris Hani, die voormalige Umkhonto we Sizwe-leier.

Volgens inligting op Twitter blyk dit dat die BDS-kenteken op die hemp daartoe gelei het dat ander kliënte oor die hemp gekla het.

Virgin Active is daarvan beskuldig dat die maatskappy vryheid van spraak beperk, maar het gesê dit is hul beleid om hul fiksheidsklubs “neutrale ruimtes te maak” waar lede kan oefen en terselfdertyd “die regte en vryhede van ander lede in ag neem”.

“Ons beperk nie spraak of polisieer nie persoonlike gedrag nie tensy dit die klubreëls oortree, die wet verontagsaam of ʼn bedreiging vir die veiligheid van personeel en lede inhou. In alle gevalle streef ons ’n onderhandelde oplossing na vir enige waargenome konflik.”

Die gimnasium het gesê Desai se T-hemp het sterk klagtes van ander lede in die klub ontlok en hy is na bewering hoflik deur die bestuur gevra om dit nie in die toekoms te dra nie. Hy het glo aggressief geraak en geweier om aan die versoek te voldoen.

“Toe hy by die klub opdaag, openlik van plan om ʼn politieke stelling te maak en konfrontasie uit te lok, was die bestuur opreg bekommerd oor die moontlike gevolge en is die polisie ontbied om in te gryp. Ons maak dit duidelik dat geen wettige kledingstuk in Virgin Active-klubs verbied is nie, maar ons hoop dat ons lede begrip sal hê dat verdraagsaamheid en respek nodig is. Ons glo nie dat ons klubs forums vir omstrede politiese aktiwiteite moet wees nie.”

Die bestuur van die gimnasium het gesê hulle sal met Desai vergader om die kwessie verder te bespreek.

Die BDS-groep is bekend vir sy opspraakwekkende betogings teen die klere- en voedselhandelaar, Woolworths. Verlede jaar is ʼn varkkop in een van Woolworths se winkels geplaas omdat die handelaar daarvan beskuldig is dat hy Israeliese produkte verkoop. Die beweging dreig ook om die sanger Pharrell Williams te teiken omdat hy Woolworths se onderwys-fondsinsamelingsveldtogte ondersteun.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michiel ·

Die knaap klink in die war, want nie net het hy die Pro-Palestina storie op sy t-hemp maar dan sommer Kommie goete ook. Wat sê die Palestynese broeders oor die Kommie dinge wonder ek?

Maggie ·

Ek stem saam dat Virgin reg opgetree het, dis tyd dat streng opgetree word teenoor politieke en barbaarse optrede in vreedsame publieke spasies gekontrolleer en verban word. ons gaan gym toe om te ontspan en rus en vrede te ondervind. asb staan julle man!!!

Berhalet Beukes ·

Lekker! Hou jou propaganda vir jouself! Niemand is lus om na sulke snert in ‘n gym te kyk nie!

nig ·

Ja nee kyk, mense sal my vrekbaie moet betaal voor ek hulle adverteer. Ek het nog nooit so baie van iemand/organisasies gehou dat ek hul sal loop en gratis “promote” nie! Dalk moet die veiligheidspolisie die man dophou; iemand wat so aggresief reageer as hy gevra word om nie sulke simpel klere in ‘n gym te dra nie steek dalk iets weg!

EMK ·

Dude gaan dra jou klere daar in Iran/Afganistan of waarookal iemand omgee.

Elfie ·

Ag is die BDS spul nie kinderagtig nie? Hul kla oor “vryheid van spraak” wat beperk word, maar dan wil hulle Woolies se vryheid van handel dryf met wie ookal hulle wil, beperk! Duhh…

CHRISTA ·

Hoekom mors hulle ons polisie se tyd met sulke nonsens! Lees net die berigte van al die moorde en geweldadige misdaad waarmee ons opgeskeep sit! Moenie die polisie se tyd mors nie!!

Cum Laude ·

Virgin Active het reg en baie proaktief opgetree. Maar die aktivis het nou sy publisiteit gekry.

Anita vd Merwe ·

Ai, ai – hulle gil en skreeu so oor die Palestyne! Hoekom is hulle nie daar in die Wesbank of Gaza nie? Dan kan hulle mos nou help baklei.

Knersus D ·

Goed so Virgin Activ – Ek dra nie my Ossewa Ben Lategan T-Hemp om nie aanstoot te gee nie. Hoekom moet hulle toegelaat word om BDS te propageer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.