Vierde verdagte vas vir Sithole-moord

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto's van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto's is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto’s van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto’s is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

ʼn Vierde verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op die Mosambieker Emmanuel Sithole wat die afgelope naweek in Alexandra, noord van Johannesburg, vermoor is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê al vier verdagtes sal Dinsdag in die Alexandra-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

Sithole (35), ʼn straatverkoper van sigarette, is die naweek in ʼn straat in Alexandra aangeval. Volgens Dlamini het die verdagtes Sithole glo genader en produkte geneem sonder om daarvoor te betaal. ʼn Rusie het ontstaan en Sithole is met ʼn mes gesteek. Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy later gesterf het.

Foto’s van Sithole wat aangeval word en bloeiend langs die straat lê, het Sondag op die Sunday Times-koerant se voorblad verskyn. Die foto’s het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak en die polisie het ʼn beloning van R100 000 aangebied vir inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei.

Sithole se moord vorm vermoedelik deel van die vlaag xenofobiese aanvalle wat die afgelope twee weke deur die land spoel. Die presidensie het Maandag bevestig dat sewe mense al tydens die geweld doodgemaak is, van wie drie Suid-Afrikaners en vier buitelanders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

At ·

Nou dat daar fotos is, word ‘n reuse beloning aangebied. Wat van al die boere wat vermoor word.

SI ·

Was presies my gedagte gister. Ons lees ELKE dag van boere wat vermoor word …. maar daar word hoegenaamd geen poging aangewend om dit enigsins te stop nie …. Pres Zuma het gister ‘n interministeriële taakspan aangewys om aanvalle op buitelanders teen te werk ….

Gert van der Merwe ·

He he he he pres zuma, “Dis mos beleid om nie blankes te beskerm nie”. Maar toe skrik die slapendes wakker toe boeapie begin dreig lols. Lag wekkend

Francois ·

Die ding is nie of hulle vas is of nie. Nog niemand was in die hof en skuldig bevind nie. EERS dan kan julle juig en partytjie hou…want soos ons almal weet loop hulle al 4 eersdaags weer op vrye voet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.