Voormalige kelner vas ná moord op Pta-ouma

Anita Cassell crop

Anita Cassell. Foto: Facebook

ʼn Vermeende dwelmverslaafde is Maandag in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem skaars nege uur nadat hy Anita Cassell, ’n ma en ouma in haar laat 60’s, na bewering verskeie kere met ʼn mes gesteek het.

Maroela Media het Maandag berig Anita, wat saam met haar seun, Danie Cassell, en kleinseun, in hul huis in Wonderboom woon, is tussen 05:30 en 06:00 daar aangeval deur iemand wat bekend is aan die gesin.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die verdagte is 34 jaar oud en nie 25 soos vroeër berig is nie.

Danie Cassell. Foto: Facebook

Danie Cassell. Foto: Facebook

“Die man is omstreeks 15:00 by ʼn dobbelplek in Ninapark opgespoor en in hegtenis geneem,” het Von Benecke gesê.

Von Benecke het gesê die verdagte het glo voorheen as kelner vir Danie, medebestuurder van Panarotti’s in die Kolonnade-winkelsentrum, gewerk.

“Die verdagte is glo ʼn dwelmverslaafde en die slagoffers wou hom help deur vir hom ʼn werk en blyplek te gee. Hy is egter sowat ʼn maand gelede afgedank omdat hy glo nie van sy gewoontes wou afsien nie,” het sy gesê.

Daar word vermoed dat die verdagte Maandag by die Cassells se huis ingebreek het om die sleutels van die restaurant se kluis te steel. Anita het hom glo in die huis betrap, waarna hy haar verskeie kere met ʼn mes gesteek het. Sy is op die toneel dood. Danie het op hulle afgekom en is ook gewond en na ʼn hospitaal geneem. Die kleinseun is ná die voorval vir berading gestuur en in ʼn plek van veiligheid opgeneem.

Die man het met ʼn selfoon en die restaurant se kluissleutels van die toneel gevlug. Hy het glo omstreeks 06:20 by die restaurant ingebreek en ’n onbekende bedrag geld uit die kluis gesteel.

“Alle polisiebeamptes van die Sinoville-polisie asook verskeie lede van die Sinoville- gemeenskapspolisiëringsforum het dadelik ná die voorval die saak begin ondersoek in ʼn poging om die man so gou moontlik op te spoor. Deur die polisie en lede van die publiek se samewerking is die verdagte gou uitgesnuffel.”

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklag van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisroof en inbraak by ʼn sakeonderneming.

Kyle Mason, medebestuurder van die Panarotti’s in die Kolonnade, is deur die kettinggroep se hoofkantoor aangesê om nie kommentaar te lewer nie.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van die Spur-groep, het by navraag aan Maroela Media gesê Danie sterk aan in die hospitaal. “Hy het steekwonde aan sy arm en ribbes en hy is geweldig getraumatiseer en emosioneel,” het Van Tonder gesê.

Hy het gesê Danie is verpletter deur die verlies van sy ma en het namens die groep sy innige meegevoel betuig aan Danie en sy familie in hierdie moeilike tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PIXIE ·

My vorige kommentaar was nie geplaas nie.
Laat ek dit dan probeer SAGKENS stel alhoewel ek baie baie ontsteld is. XW%$# Moenie mense jammer kry nie. Laat hulle liewers huil en hulle self jammer kry want op die ou end gaan jy en jou familie huil en seer kry. Sterkte Danie met die MOORD op jou moeder. Toemaar my vriend die wil draai die dwelmverslaafde sal op die ou end kry wat hy toekom.

Liewe lulu ·

Pixie ek stem saam. Ek help niemand. Kon nie eers my eie suster vertrou toe ek haar gehelp het. Ek is omtrent deur haar besteel. Ek vra niemand iets en help ook niemand. PUNT!

Tascha ·

Dis nou sulke dinge wat maak dat mens eenvoudig nie meer jou hand wil uitsteek en ander wil help nie. Ai Danie my innige simpatie en medelye met die afsterwe van jou Moeder ek hoop sowaar hierdie vent kry wat hom toekom!

David du Plessis ·

UPDATE ZITHA PARK VOORVAL:11 MAANDE TERUG WAS 2 PAPPA’S VAN PRETORIA GEINTIMIDEER AANGERAND EN TOEGESLUIT IN GAARSFONTEIN POLISIE STASIE DEUR METRO POLISIE LEDE.
VANDAG HET DAAI 2 SELFDE PAPPA’S NA HUL HOFSAAK BEHARTIG DEUR ADVOKAAT JACK GERBER HUL SAAK GEWEN TEEN DIE STAAT EN ELK IS FINANSIEL BELOON.
Ñ KLAP IN DIE GESIG VIR DIE METRO DEUR JULLE LEDE SE ARROGANSIE OMGEKEERDE RASISME EN MISBRUIK VAN HUL MAGTE.
EK HUTS MENSE IN MY OMGEWING AAN OM NIE TE HALTER EN VAS TE KYK TEEN TRALIES NIE STAAN OP JUL REGTE VRYHEID VAN SPRAAK VRYHEID VAN MEDIA EN BESKERMMING VAN JUL FAMILIE VRIENDE EN BATES.
DANKIE AAN ALMAL SE ONDERSTEUNING DEUR DIE JAAR GROETE DAWIE DU PLESSIS

SNEL ·

Goeiste, om mens se ma nou so te moet verloor aan die hand van iemand wat jy gedink het jy help en doen goed vir hom, is vreeslik. Dis net met die Here se hulp wat mens oor dit kan kom. My hart gaan uit na julle. Al wat mens kan sê is baie sterkte en mag die Here julle dra en krag gee op die pad wat julle nou loop.
Net Maandag luister ek na n preek van Robert Morris op YouTube, It’s all about the heart, en dis oor help en gee ens. daai gee soos hy sê gaan nie altyd net oor geld nie, maar ja, na so preek besef mens jy moet die nood daar buite help en gee waar jy kan, maar dan lees mens die berig en dan besef mens, miskien moet jy eerder gee vir jou kerk en instansies, soos daai Abraham Kriel Kinderhuis wat daai ander dame in die kommentaar op die Oscar berig van gepraat het in plaas van om die man op straat te help. Mens moet jouself beveilig, maar moet ook nie dat die “vyand” n ou weerhou om te doen wat die Here van ons verwag nie. Mense op straat moet maar aanklop by instansies (die wat regtig hulp soek) en ons as gehoorsame kinders van God moet eerder skenkings vir instansies maak. Danie het gedink en geglo hy doen goed, en hy het, maar deur so gebeurtenis steel die “vyand” mens se fokus van die Here af en saai n klomp leuens in jou kop, want hoekom gebeur so iets as mens net wou goed doen, maar gehoorsaamheid aan die Here is alles en Hy gee krag en dra ons deur alles. Hou net vas aan hom, al lyk dinge hoe rof en deurmekaar en al maak niks sin nie. Baie sterkte weereens, bid vir julle.

Johannes Meintjes ·

As iemand wat in ‘n mate bekend is met die omvang, impak en toekomsgevolge van groeiende blanke verarming in SA, is die gevolgtrekking dat direkte of persoonlike pogings tot hulp dikwels onproduktief of self teenproduktief is. Verarmde gemeenskappe moet moontlik liefs meer self-besturend, self-beskikkend en self-opheffend wees of gemaak word. Kerk, welsyn, nywerheid en medewerkers wie ge-organiseerd meedoen, terwyl die regering ook sy pligte nakom in die munisipaliteite, dienste en ekonomie, is moontlik meer effektief.
My beskeie aanbeveling sou wees om goed huiswerk te doen oor wie werk (met ondervinding) waar in Volkswelsyn verband, en dan daar te help of ‘n bydrae te maak, asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.