Vrou dood op Mango-vliegtuig

Mango

Mango

ʼn 63-jarige vrou is Dinsdagoggend in ʼn vliegtuig by die Kaapstadse Internasionale-lughawe dood.

Hetta Saunderson, ʼn ooggetuie, het gesê enkele mense was reeds aan boord van die Mango-vlug na die Lanseria-lughawe. “Ek het byna heel voor gesit en die vrou in die middel van die vliegtuig. Dit was net na 09:00 en daar was nog net ʼn paar mense op die vliegtuig toe die lugwaardin na die kajuit gehardloop het om hulp te kry,” het Saunderson vertel.

Sy het gesê van die personeel het verhoed dat nog passasiers aan boord van die vliegtuig kom terwyl ander probeer het om die vrou by te bring. “Ek vermoed sy het ʼn hartaanval gehad, want dit het gelyk asof hulle hartmassering op haar probeer toepas. Na ʼn ruk het paramedici aan boord gekom en probeer om die vrou te help, maar dit lyk of hulle niks vir haar kon doen nie en sy is toe oorlede. Hulle het haar liggaam en al haar bagasie van die vliegtuig verwyder,” het sy gesê.

Volgens Saunderson het een van die vlieëniers om verskoning gevra aan die passasiers wat die voorval aanskou het en gesê hulle het alles in hul vermoë gedoen om die vrou te help. Die vlug het 45 minute later vertrek as oorspronklik geskeduleer.

“Alles het so vinnig gebeur. Ek dink dit was baie traumaties vir die lugwaardinne, want hulle het regtig alles moontlik probeer doen, maar hulle kon haar nie red nie. Dit het gelyk of sy alleen op die vliegtuig was. Dit is so tragies,” het Saunderson gesê.

Hein Kaiser, woordvoerder van Mango, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die lugredery bied berading aan almal wat by die voorval betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan ·

Beste Gideon, jy sal merk dat daar twee keer in die berig melding gemaak word dat alles moontlik gedoen is om die vrou te red. Ek is self ‘n lugwaardin en jy sal dalk verbaas wees waarin ons alles opgelei is om jou bas te red sou jy ooit ‘n passasier wees wat in n noodgeval betrokke is. (Waarvan Avmed – noodhulp) maar net een aspek is. Almal wat ‘ n lisensie het gaan eenkeer n jaar weer vir die opleiding om dit geldig te hou. Maak nou nie juis saak of jy deel van die “kwota aanstelling” is nie, en die eksamens en prakties bly dieselfde vir ALLE lisensiehouers. Jy kan ook in gedagte hou dat daar 4 kajuitbemanning is aanboord die B737-800’s wat Mango mee vlieg. Opleiding leer dat in so geval 1 bv die passasiers kalm sal probeer hou, een sal die Kaptein op hoogte hou en die ander twee sal om die beurt aanhou met hartmassering tot nog hulp opdaag. Hoop jy beleef veilige vlugte in die toekoms en hoef nooit blootgestel te word aan iets so traumaties nie.

THEA SWART ·

sjoe dis so tragies – was sy oppad na haar kinders moontlik wie sal ooit weet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.