Vrystaat-egpaar se rusie eindig in moord

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Rusie tussen ʼn egpaar van Ventersburg het Vrydagaand tragies geëindig toe die vrou haar man met ʼn mes doodgesteek het.

Ao. Malebo Khosana, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, het gesê die paartjie was na bewering onder die invloed van alkohol toe die voorval plaasgevind het. ʼn Stryery het omstreeks 19:00 tussen die man en vrou ontstaan en die vrou het haar man met ʼn mes in die linkerkant van sy bors gesteek.

“Mpataki Johannes Moseme kon slegs ʼn paar tree wegstap voordat hy inmekaar gesak het. Hy is op die toneel dood,” het Khosana gesê. Die polisie was kort ná die voorval op die toneel en die vrou is in hegtenis geneem. Daar is ook op die moordwapen beslag gelê, het Khosana gesê.

Die vrou sal Dinsdag in die Ventersburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vra net ·

Gaan hulle nou die vrou ondersteun of erken dat mans ook slagoffers van mishandling is??? Of kan wees.

GES ·

Waar drankmisbruik betrokke is kan enige iets gebeur. Hard om dit te sê maar dit is niks snaaks nie.

Tina Du Toit ·

Ja nee, weer mense wat nie hul drank kan hanteer nie. Arme man. Van ons wit mense is net so barbaars. Skandelik!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.