Vyf geskiet in geweld oor busroetes

Die bus waarop daar losgebrand is. Foto: JacarandaFM/Twitter

Die bus waarop daar losgebrand is. Foto: JacarandaFM/Twitter

Vyf mense, insluitend ʼn Putco-busbestuurder, is Vrydag in Mamelodi geskiet en gewond gedurende geweld oor nuwe busroetes.

Tshepo Tsotsotso, woordvoerder van Putco, het gesê die busbestuurder en vier passasiers is almal in die hospitaal opgeneem en dat hulle in ʼn stabiele toestand is.

Taxioperateurs het vroeër die week begin staak in protes teen die bekendstelling van die Autopax-busdiens. Autopax is deur die regering aangestel om sekere busroetes in Gauteng by Putco oor te neem.

Tsotsotso het gesê die skietery het in die Nellmapius-streek onderweg van Mamelodi na die Pretoriase middestad gebeur. Hy het gesê hulle is kontak met die taxibetogers en dat hulle veiligheid sal opskerp.

Volgens Tsotsotso was die skietery nie op een van die roetes waaroor daar getwis word nie en is dit onduidelik wat die motief daarvoor was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.