Vyf ontsnap uit polisie-aanhouding

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Vyf mans het Saterdag net voor middernag uit polisieaanhouding by die Hartbeespoort-polisieselle ontsnap.

Nicholas Masipa (27) is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in November 2012, het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Phillip Masingili (33), ook bekend as “Louis Fabian”, is in hegtenis geneem in verband met huisbraak en diefstal in 2012.

Samuel Mariti (27) was in aanhouding in verband met ʼn huisroof in 2014.

Asley Mayepi (27) is in hegtenis geneem in verband met veediefstal vroeër vanjaar.

Die omstandighede rondom hul ontsnapping is nog nie duidelik nie, aangesien daar nie enige tekens is van gedwonge uitgang nie.

“Ons ondersoek die saak intern en indien enigiemand ʼn oortreding begaan het, sal die nodige stappe gedoen word,” het genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Die polisie versoek lede van die publiek om nie die mans te nader nie, maar om eerder maj. Hezekiel Dikgang van die Hartbeespoortdam-polisie by 082 492 3994 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Dit is regtig sleg as so iets soos nou alledaags word. Maak soos Suid Korea . Dank almal af en doen nuwe aanstellings. Ons kan met veel minder klaarkom wat toegewyd hul beroep vervul.

Onbekend ·

Wys jou nou net hoe aan die slaap is SAPD. Ashley Mayepi (ouderdom is verkeerd) in hegtenis geneem inv met veediefstal?….. Hulle bedoel gewapende huisroof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.