Witbank-tiener vermis ná rusie met ma

Cherise Pienaar. Foto: Facebook

Cherise Pienaar. Foto: Facebook

ʼn Ma van Witbank is rasend van bekommernis nadat haar 15-jarige dogter Sondagmiddag verdwyn het en sedertdien nog nie opgespoor is nie.

Foto’s van Cherise Pienaar is as deel van die soektog wyd op Facebook versprei met mense tot Kanada wat haar foto’s gedeel het. Juliana Pienaar, Cherise se ma, het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê haar dogter is steeds vermis.

“Ek en sy was Sondag met ʼn bromponie op pad huis toe en ons het langs die pad gestop sodat ek ʼn sigaret kan rook. Ons het begin praat oor haar verhouding met haar voormalige kêrel wat uiteindelik tot ʼn rusie gelei het,” het Juliana gesê. “Cherise het weggestorm en na die vulstasie oorkant die pad gestap. Ek het besluit om haar te laat afkoel en het my sigaret klaar gerook voordat ek na die vulstasie gestap het om haar te gaan haal.”

Toe Juliana egter by die vulstasie kom, was Cherise nêrens te sien nie. Juliana kon haar ook nie bel nie, omdat Cherise se selfoon nog by die bromponie was. “Ek het die petroljoggies gevra of hulle haar gesien het en hulle het gesê sy het deur die vulstasie na die grondpad langsaan gestap. Ek het bekommerd geraak dat ʼn motoris in die pad haar dalk kon gegryp en ontvoer het en het na haar begin soek.”

Drie uur later het Juliana haar dogter steeds nie gevind nie en haar familie genader vir hulp. Hulle het die volgende dag die saak by die polisie aangemeld.

“Ek kan nie met sekerheid sê dat sy by die ekskêrel is nie, maar dit is beslis ʼn moontlikheid. Niemand weet egter waar die twee is nie, maar dit is dringend dat ons haar kry,” het sy gesê.

Cherise het lang bruin hare en bruin oë. Sy het ʼn denimbroek en Springbokrugby-T-hemp aangehad toe sy laas gesien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Petro ·

Liewe mamma as jy haar kry en sy het well saam die boyfriend weggeloop gee haar n regte ou boere pakslae vir nou hoop ons dat sy veilige en ongedeerd is en sal huistoe kom.Meisies dink die grootvrou wereld is lekker totdat die seuns jou swanger maak en weghol dan sit die ouers daarmee.Al watse raad ek jul kan gee geniet jouself as jy nog jonk is en op skool is en wees verantwoordelik bereik iets in die lewe wees selfstandig en daarna kan jy 10 boyfriends he en maak wat jy wil.

sandra ·

Kinders word vandag base in hul ouer huise, daar word vir ouers gesê wat hulle moet en nie moet nie. Daar is ook nie meer respek vir ouers nie. In vandag se tyd is daar baie ouers wat ook mishandel word, nie net kinders nie.

Tanya ·

Ek stem. Maar vandag se kinders mag mos nie meer pakslae kry ni, hulle het “regte” en dit word in hul koppe in geprint op skool…

Zandra ·

Ek hoop die meisie is veilig. en ek hoop ook haar ma en pa gee haar ‘n goeie pakslae as sy terug kom. Ek en my ma het BAIE oor my kêrels bakly maar daar was nie 1 keer wat ek so iets gewaag het nie, ek het nie eers daaraan gedink nie want ek het geweet wat sal gebeur as ek so iets doen. Ek sou nie eers my rug op my draai toe ek so oud was nie. vandag se kinders is te gewoond aan gehoorsame ouers
Hoop julle kry julle dogter sommer vining en veilig! Sterkte vir julle!

Ai tog ·

Die foto is van Cherise Pienaar en nie van Juliana (die ma) nie verander dalk net die naam na Cherise .

Witbanker ·

Die kind is gevind. Niemand weet hoe, waar en wanneer nie. Maar daai storie sal ook seker soos die “wegraak” storie 2+2 = 9 word!

Martine ·

Ek sien elke dag hoe tieners en jongmense as vermis verklaar is en na ‘n paar dae word hulle by vriende en familie gevind. Dit maak my briesend as ek sien hoe kinders net spoorvat , sonder dat hulle enige iemand laatweet waar hulle is. Vandag is daar so baie gevare daar buite!! Elke dag word daar jongmense veral jong meisies beroof , verkrag of vermoor. Waarom jou ouers deur daardie trauma sit? Belaglik.

BoereBikerBaby ·

Ek gee nie om oor die kind se “regte” nie, Ek sal daai kind so pakslae gee wat sy nooit sal vergeet. Vandag se lewe is te gevaarlik en siek, as my kinders so truuk op my trek, ai… hulle sal vir ‘n week nie kan sit nie want dit is onnodig om “weg te raak” oor ‘n rusie..

Theodeen ·

Kyk ek het nog nie kinders nie maar die hemel weet sy kan bly wees sys nie my dogtertjie nie!! Jys nog nat agter die ore meisie, vir wat wil jy jou ma deur soveel trauma oor n outjie sit wat tien teen een n veer vir jou voel en net vir 1 rede daar is? Die wereld is so boos daar buite, soveel moorde, verkragtings en ontvoerings. Vandag se kinders weet nie wat dit is om respek te toon teen oor hulle ouers nie, hoe meer rebels hoe beter. Waar gaan die jeug heen? As ek gewaag het om n outjie op daai ouderdom huis toe te bring het ek my ma se 5 punt plan gevoel en geweet wat haar opinie is wat nog te argumenteer daar oor. Ek hoop hierdie mamma kry haar dogtertjie en laat haar mooi verstaan waar Dawid die wortels begrawe het.

Ghost ·

Blameer die regering wat alles wil vernietig. Kinders maak net soos hulle wil want hulle mag nie getigtug word. Hulle mag sex he as hulle 12 is ens ens. Geen respek meer vir groot mense nie. Mens is net bly as jy hoor hulle is gevind en veilig want ek kan nie aan enige iets erger ding as n ourr wat n kind moet verloor nie.

Nic Grobler ·

Ghost, om die regering te blameer vir stout en immorele kinders is niks anders as om ouer-verantwoordelikheid op die ANC af te skuif nie, en dit is die oorsaak van die gebrek aan respek en die bandeloosheid by die jeug — nie ‘n onbekwame regering nie.

Martin ·

Daai een kan ek mee saamstem. Is sy nie dalk ook van die duiwels besete soos in nog ‘n berig op Maroela vandag nie?

Ai Ai ·

My broer se dogter het mos die Polisie geskakel toe hy haar ‘n GOEIE pak gegee het. Toe die Polisie daar kom was haar tasse ook gepak ( haar pa het dit sommer vir haar gepak) Moet se daarna het sy sommer ore ook gehad, want as jy soos ‘n grootmens wil optree moet jy seker hanteer wat na jou kant toe kom ook. Hy het vir haar en die Polisie gese solank sy minderjarig is en onder sy dak woon en hy vir haar sorg sal sy inval by die huis reels ander is sy welkom om te gaan haar tasse is klaar gepak. En dit is ouers wat alles net die beste vir sy kinders wil he, en dan word dit alles in die ouers se gesigte terug gegooi.

joe ·

Daar word gese trou is nie perde koop nie.Maar om vandag kinders groot te maak is verseker nie perde koop nie
Daar moet gekyk word hoe dit in.vandag se tyd gedoen moet word ..Die ou jare se grootmaak gaan verseker nie werk nie

Eliza-beth ·

Vind haar. Hok haar. Vat ALLE sosiale media weg. Sy moet leer: 1. Mens hardloop nie van jou probleme af weg nie 2. Jou ma het al vergeet wat jy nog moet leer, LUISTER na haar 3. As jy so kinderagtig en onverantwoordelik optree moet jy vat wat jou kant toe kom.

Theresa ·

Wonder of die jongmense dan steeds nie weet wat als kan gebeur as hul deur verkeerdes opgelaai word nie. Tog mos nie dom nie – TV vertel als baie duidelik. Special Assignment veral. Arme ma! Mog dit waar wees dat hierdie meisiekind al terug is tuis. En ja, laat haar gerus ‘n paar keer ‘n program oor ontvoerde kinders en handel kyk. Dalk help dit dat sy nie weer impulsief so iets doen nie. (soos Jaws destyds voor kinders in groep see toe is!).

girts. ·

Ek probeer maar altyd om te leer uit ander se gebeure. Hier leer ek: weet wanneer om met jou kind te praat, nie al rokende langs die pad nie, eerder by die huis as jul rustig is? My kind hou my ook goed besig en my pad lê ook nog lank voor. Die lewe is nie ñ reguit lyn nie. Bid en spit. Bid deurentyd en wees deurentyd in kontak. En hoop maar net vir die beste. Dink net in die stede is als soveel moeiliker vir en met tieners t.o.v werkende ouers en invloede van buite.

Spikkels ·

Spreuke 3:11-12 sê die volgende, “My seun, verag die tug van Here nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie.
Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, Ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.”
Dit is ook baie keer die ouers se eie skuld, Die kind moet van kleinsaf reg geleer word, die spreekwoord sê “Buig die boompie terwyl dit nog jonk is.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.