‘Wittes het die Madiba-droom verraai’

Jimmy Manyi. Foto: Reint Dykema

Jimmy Manyi. Foto: Reint Dykema

Jimmy Manyi, president van die Progressive Professionals’ Forum (PPF) en voormalige direkteur-generaal van arbeid, het Vrydag wit mense gekritiseer en gesê die regering moet meer doen om regstellende aksie te verskerp.

Manyi het tydens ʼn voorlegging van die Black Management Forum (BMF) se Gautengse beleidskonferensie oor gelykheid, nierassigheid, restitusie en maatskaplike geregtigheid teen wit mense uitgevaar. “Mense wat sê dit gaan nie goed met die ekonomie nie, moet die blaam op wit mense se skouers plaas aangesien wit mense in topposte is en dus die ekonomie beheer.”

Volgens Manyi word swart mense al van 1652 af onderdruk en kan 21 jaar van demokrasie dit nie regstel nie. “Dit is hoekom swart mense nog steeds kla. Transformasie word met assimilasie verwar. Daar skort niks daarmee om te diskrimineer ten einde transformasie te bereik nie.”

Manyi het gesê wit mense moet ophou om die Madiba-droom te verraai en die Afrika-waarde van deel aanneem. “Wit mense moet transformasie aanneem. Maar hulle doen dit nie, hulle ontduik dit.”

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in sy toespraak gesê dit is onaanvaarbaar dat Manyi na sekere wit mense en organisasies verwys het as die vyand aangesien ’n mens die doel het om jou vyande te vernietig.

Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

“Dit is nodig dat ons mekaar se harte moet verstaan. Ons het verskillende verhale wat ons beïnvloed en ons moet dit met mekaar deel. Miskien is een van die groot probleme in Suid-Afrika dat ons mekaar nie regtig ken nie. Ons beoordeel iemand anders vanuit ons eie ervaring en so gebeur dit dat ons mekaar net eenvoudig misverstaan.”

Volgens Hermann was een van die onderliggende temas van apartheid die “never again”-sindroom. “Die smart van die sterftes in die sogenaamde doodskampe was nog rou en ʼn ‘never again’-stelsel is in werking gestel. Ek wil nie apartheid simplisties aanbied as slegs ʼn produk van ‘never again’ ná die oorlog nie, maar dit het, in elk geval op my pa, ʼn groot invloed gehad.”

Hermann het gesê vandag hoor hy weer “never again”. “Ek hoor van ʼn stelsel wat moet bevry en herstel. Ek hoor meer van staat en minder van gemeenskap. Ek sien ʼn gemeenskap wat die juk van die slawerny van een stelsel wil afgooi deur slawe van ʼn ander stelsel te word.”

Hermann het gesê dit lyk vir hom of die ANC vanuit die “never again”-sindroom die denkfout van die apartheidsgeslag voortsit. “In ʼn poging om ʼn vorige stelsel reg te stel, word die ‘logika’ van die stelsel voortgesit. ʼn Groot sentrale idee, stelsel en staat (of empire) waarby almal moet inskakel. Daardie ‘logika’ gaan niks herstel nie en niemand gaan bevry word nie. Dit maak van die ANC natuurlik ‘colonialists of a special type’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

anet ·

As ons as blankes dan nou die sogenaamde verraaiers is, watter naam sal ons gee aan diegene wat ons land se koffers so leeg steel?, en dan praat ek nie eers van die PRASA skandaal en Nkandla nie

J.Z ·

Jimmy is reg ,alles wat hulle veroorsaak wat terug skop ,word die witmense beskuldig,en dit is presies wat hy nou doen,dit hulle wat Mandela droom verraai met hul optreedes nou moet daar n skuldige gesoek word,wittes behalwe hy self skuldig.

Kwaad ·

Versekeker moet hy terug gaan skooltoe en gaan slaan die geskiedenis na…… WIE pleeg moorde, WIE steek alles aan die brand, WIE is die grootste diewe, WIE rig skade, WIE tooitooi, WIE verkrag???? Ons smag net na vrede, en help. Pfff!!!!

anet ·

Wel Loeis, ek stel voor jy staan vir President in die volgende verkiesing

Loeis ·

Ek het nie ‘n kans nie, Anet. Nie sedert 1992 nie. Die stelsel is so ontwerp. Die ANC het 62% steun (of meer), van toe af. Van hulle by die stembus wen, is daar geen sprake nie. Dis basiese graad een wiskune.

charmaine ·

En nog steeds kry jy n klomp wittes wat nogsteeds Mandela-dag doen. Vir wat? Ons geld, besittings en ons boere wat uitgemoor word is goed genoeg!

Ek stem saam met Taai.

Hettie ·

Hou op kritiseer vir wittes!!!!! Swartes doen ook, nie wittes alleen nie!

Frik Lotz ·

Die man weet nie waarvan hy praat nie en nog minder ken hy sy geskiedenis. Die wittes verdruk swartes sedert 1652? Dis mos n klomp snert! Dis beslis nie witmense se skuld dat die land in sy maai is nie! Maar nou ja, iemand moet mos altyd die skuld kry en dis altyd apartheid of witmense wat die skuld kry.

Gwen ·

Loeis, jou oproep gaan op dowe ore val. Die DA-ondersteuners is dood wanneer hulle besef hulle het geen argument te voer nie. Wag net tot die verkiesing volgende jaar dan sien jy hoe ontpop al wat ’n DA-ondersteuner is oral in die media en sosiale media met die leuen dat “ons hierdie keer die ANC kan wen”.
Ek steun liewer die VF+. Daar weet ’n mens presies waarvoor jou stem gaan.

Frik Lotz ·

Goed gesê, Gwen. Die VF Plus is die party waarvoor ons moet stem. Die DA ondersteun dan regstellende aksie, grondhervorming en BEE. Die DA is n ANC-lite.

Deon ·

Gerhard – jy is so spot on. Hulle kan dit nie verdra dat hulle ons nie kan breek nie !

Gerhard ·

Wat die swartes nie begryp nie is dat meeste witmense floreer op die diskriminasie van regstellende aksie. Dit maak ons net meer vasberade, vindingryk en toegewyd. Dit is in ons aard om sukses te soek. Hulle sal ons nooit onderkry nie. En dit kan hulle nie vat nie.

Winston ·

In duisende jare het hulle bosse bewoon. Krale gemaak en bier gesuip. Toe kom die wit man. En maak alles makliker. Wat het n swart man uitgevind wat die mensdom se lewe vergemaklik het? Niks!! Plaas dit asb. Dis minder rassisties as sy opmerkings. 400 jaar was hopeloos te kort.

Pieter V ·

Gerhard,jy is reg dat hulle (varal Manjiy) dit nie kan vat dat sekere mense steeds presteer al is dit moeilik met al die wette en regulasies wat op jou afgedwing word ,en dat dit soms maande neem om `n besigheid te begin. En nog nooit het Manyi ooit iets goed te se gehad as hy die blankes in die media aanval ,so voel hy ook oor die suksesvolle kleurlinge en indiers. Hy het onlangs afgegaan omdat volgens hom daar te min swartes in hoe poste is , hy reken daar is meer as genoeg swartes wat wat daardie poste kan vul ,as dit die geval is hoekom is die staats diens en munisiepaliteite in die toestand wat dit is .Ek veralgemeen nie daar is baie wat wel daartoe in staat is, maardis hulle wat op hul eie stoom daar gekom het sonder regerings hulp ,nie die wat bakhand staan en net wil he, ek weet van menige projekte wat so aan hulle oorgedra is, en vandag die geboue en pakhuise wat daar was, is tot op die grond afgebreek ,En die swartes wat op eie sukses bereik het wil ook niks van die regering he.

Jan ·

Dit blyk dat Maroela Media nie hul eie bepalings en voorwaardes nakom nie. Hierdie kommentaar is niks anders as naak en dom rasisme nie. Dit pateties om mede Afrikaners so sonder nadenke te sien kommentaar lewer. Dit bevestig net wat die swartes van ons wil dink. Ek het my nog altyd as ‘n konserwatiewe Afrikaner beskou, maar hiervan distansieer ek my. Hoe gaan ‘n mens deur die lewe met hierdie stiksienige beskouing van die lewe. MM beter hulle lesers probeer opvoed.

Hein ·

Jan as ek na die swart spreker luister dink ek dat die probleem nie by die gefrustreerde wittes is nie maar by hierdie uitgangspunte van die swart elite. Ek weet wragtig waar nie meer wat hulle meer wil he nie. Hulle moet almal net hulle sokkies optrek en werk. Ons produktiwiteitsvlakke is net so laag soos Griekeland sin. Dit is hoekom dioe Grieke so swaar kry in die Europese Unie en ons ekonomie soo benard is. Met die geen werkskepping deur die regering vir die swart massas kan die gefrustreerde wittes niks aan maak nie. Die mag le by die swart massas en elke verkiesing stem hulle maar net eenvoudig dieslfde mense in en alles bly dieselfde.

Jan ·

Hein. Ek stem met met jou saam tov van wit frustrasies. Hierdie regering is so swak dat ek soms totaal depresief raak as ek die nuus lees/kyk. My opmerking het gegaan oor die blindelingse kommentaar wat sommige mense lewer. Al wat dit bereik is om iemand soos Jimmy M relevansie te gee. Vir my is hy beslis nie iemand wat tel nie en laat my graag aftrek na sy vlak toe nie. Lekker dag vriend.

Gerhard ·

Jan, jy is bietjie vaag. Watter kommentaar verwys jy na as “hierdie kommentaar” wat jou so ontstel?

Dee ·

Nou wat presiès laat jou Gerhard, dink dat Jan enige reaksie verdien?

Gerhard ·

Die woorde “Hierdie kommentaar is niks anders as naak en dom rassisme nie”. As ‘n ou die rassekaart wil speel moet jy spesifiek wees, anders lyk jy laf.

Loeis ·

Mandela is maar net ‘n woord waarvan die wereld hou om te hoor, nes demokrasie. Dalk was daar op ‘n stadium ‘n klomp wie regtig vol demokrasie en gelykheid wou gehad het, maar vandag is woorde soos “demokrasie” en “Mandela” = mag vir die ANC. Dit is al waaroor dit gaan, nie oor geregtigheid, gelykheid of enige van daai bogstories nie.

Dis ironies hoe Manyi presies dit waarteen die ANC kastig baklei het wil gebruik om presies dit wat hulle kastig vernietig het, self te doen, naamlik ooglopende rasse diskriminasie. Net, vandag kyk die wereld anderpad…

Hein ·

Persoonlik is ek moeg , siek en sat hoe wittes in die werksplek behandel word. Die wittes hou die besighede aan die gang tydens stakings en sorg dat take voltooi word. Ons is vroeg by die werk en gaan laat huistoe. Die regstellende aksie maak my siek en hierdie mense sit net rond en die werkslas word net meer op die wittes. Net soos Cosatu ‘n stakingsdag hou kan witmense maar b.v. in Oktober (ideaal op die 10 Oktober ) op Krugerdag ons stakingsdag hou om vir die ekonomie te wys wat ons werd is.

Schalk Steyn ·

Natuurlik is dit die witmense se skuld dat die Madiba droom verraai is wat dit ook al mag beteken. Ons het na 1994 oral onbekwame mense aan gestel in poste wat hulle nie verdien nie. Dit is ons skuld dat al die munisipaliteite bankrot is. Ons wil mos nie ophou misdaad pleeg nie. Al die transito rowe word mos deur geldgierige witmense gepleeg. Ons was so vermetel om politieke hoofde vir die polisie aangestel het. Daai wit kommissaris van polisie ou Jackie wou ook sy deel he. die eerste polisie kommissaris in ons land se geskeidenis wat tronk toe is. En ons wit president het 260 miljoe rand van die staat gesteel om sy paleis op te gradeer, Hy het glad nie omgegee oor die arm mense wat om hom bly. Natuurlik was ons party met sy swart groen en geel kleure se leuse “Liberation before education”. Daarom sit daar nou miljoene mense sonder enige opvoeding. As ons party maar net vir ons wou se Education is liberation! Om alles te kroon is ons gereeld besig om klasse by tersiere inrigtings te ontwrig. En as ons tog net wil ophou om alles aan die brand en te vandaliseer as ons staak. ai tog ek kan seker maar net se jammer omdat ons nie wou luister toe kenners in 1998 vir ons gese het Eskom kort nuwe kragstasies, dan het ons nie nou met loadshedding gesit nie. So ek se maar jammer oor alles!

Elsa Kleynhans ·

Bravo! As ek so rondom my kyk lyk die topposte maar bra donker. Meeste besighede onder wit bestuur is suksesvol. Baie daarvan opgebou deur jare se HARDE EERLIKE werk. Waarom word die spreker toegelaat om sulke uitlatings te maak? Dit blaas rassehaat aan.

Hubert ·

Hierdie meneer, moet teruggaan, skool toe! Hy het absoluut, geen benul, van ons land se geskiedenis, nie! Twee welbekende, swart Professor’s, het onlangs n’ studie gedoen, oor die verskille, tussen swart, en wit kulture. Hulle het agt (8) kritiese verskille ge-identifiseer,
hoekom wit en swart, nooit n’ Reenboognasie, sal kan vorm, nie! Een van die verskille is toevallig, dat hulle geen skuld, of verantwoordelikheid aanvaar nie, en altyd n’ “Scapegoat”, soek! Vandaar die feit, dat die Wittes, en Apartheid geblameer word, vir al hul EIE , tekortkominge.

SE ·

Gerhard beter kan niemand dit stel nie!!! Stem100% saam met jou

Loeis ·

Nou is ek telleurgestel in Maroela Media. My kommentaar is verwyder, nes Beeld en Rapport al voorheen gedoen het, al was elke woord daarvan die waarheid. Maroela Media, julle moet dalk maar ‘n stukkie oor politieke korrektheid ook in julle bepalings en voorwaardes inskryf.

Ek sal maar gaan loer of Praag dalk onafhanklik is…

Theo ·

110% korrek. Ons gaan nog swaarkry, maar onderkry nooit…..

Pieter ·

ek verstaan nie nou mooi nie, as ons rassistiese kommentaar lewer word die kommentaar verwyder maar julle (MM) plaas duidelik die berig van n swart rassis met al sy rassistiese beleide en uitsprake en verwag daar gaan tee gedrink word en die boks-handskoene moet gebere word? Moenie berigte plaas wat diie platform vir swart rassiste gee en dan die ander kant van die muntstuk sensor. Wat is dit wat julle dan vir ons se? Swart rassiste is aanvaarbaar maar wit rassiste nie?

Francois ·

Ek is keelvol vir Madiba EN vir De Klerk EN vir Jan Van flippen Riebeeck!

Johan 2 ·

Ek haal my hoed af vir Dirk wat so kan kalm bly en n goeie toespraak lewer…die kommuniste sou my daar laat vaal het hoor, ek sou soos daai drommel van n malema geklink het van woede.

hannetjie ·

Ag please!!! Waarom kan due regering nie verandwoordelikheid vat vir die nonsens wat hul aanjaag nie. Daar is mos nou al lankal terug deur die einste Mandela besluir daars nie meer iets soos wittes en swartes nie!! Nou dat die dinges die fan tref, nou is dit weer die wittes!!! Hoe op aarde kan daar vrede en eensgesindheid wees as dit die voorbeeld is van die regering????? Hoe kan enige iets reg kom as die fokus totaal op die verkeerde plek is????? Nee wat, red nou n volk ………!!!

david ras ·

Ek sou graag vir die heer Manyi wil vra of hy bewus is dat ene Adolf Hitler die skepper van Regstellende Aksie was ? Dat Hitler die stelsel teen die Joodse MINDERHEID ingestel het om hulle uit die DUITSE ekonomie en sodoende uit Duitsland te verdryf.
Snaaks genoeg Herr Manyi, die wittes is OOK ‘n etniese minderheid.

Die beroemde Historikus Paul Johnson het Hitler beskryf as ‘n Rasse Sosialis.
Nou ja, ons weet alles van die ANC se sosialisme en hulle rassisme …….!

Oor Manyi se geskiedenis uitsprake sal ek liewers niks se nie.

Daai ou ·

Jimmy Manyi is n rassis en opportunis. Hy is uiters gevaarlik en word as mondstuk deur Zuma regering gebruik om die aandag van werlike probleme wat deur korrupsie en onbevoegdheid veroorsaak word te deflekteer. Daar moet daadwerklik iets gedoen word om sy retoriek te stop so vinnig as moontlik. Sy uitlatings verskerp rasse haat en veroorsaak blanke moorde.

Bedouin ·

Jimmy Manyi was nog nooit baie slim nie en was sedert sy eerste pos wat hy beklee het n aartsrassis. Hy het nog nooit sukses in enige pos behaal nie en sal nooit nie . Sy persoonlike bydrae tot die land is negatief.

Eugene ·

Winston, jy slaan die spyker op die kop.Al wat jy uitgelaat is dit wat die witmens tot stand gebring het afgebreek moet word om aan Afrikakultuur gevolg te gee.

Jaco Strauss ·

Loeis, ek was ‘n Ja stemmer. Was jy daar in 1992? Die hele ding was ‘n slenter, jy kan nie die Ja stemmers blameer nie. Die referendum vraag was eenvoudig: “Ondersteun jy ‘n onderhandelde se oplossing”? Die enigste probleem was dat die ANC aan weerskante van die” onderhandelingstafel” gesit het. Onthou jy vir Roelf Kanarie Meyer en die ander voetwassers?

Saartjie van Heerden ·

AS DIE MANNETJIESKAT KLEINTJIES KRY SAL DIT OOK DIE WITTES SE SKULD WEES.

Philip ·

Ek wil net sê – en dis seker maar net my opinie, maar die ou (Manyi) is ‘n idioot. Hy is ook seker een van die wat in ‘n posisie is as gevolg van die kleur van sy vel. Die mense wat ek ken moes almal hard werk om te kom waar hulle vandag is. Dis nie net vir hulle gegee nie. Maar tog voel die dom irk dat daar meer mense in posisies moet wees waar hulle nie hoort nie. Gee die werk vir iemand met die kwalifikasies daarvoor. Hulle het nou alweer besluit om die matriek slaag syfer laer te maak sodat meer jong mense hulle matriek sertifikate kan kry. Waar het jy nou al van so iets gehoor? O ja…. net in Suid Afrika! Hier waar die blankes al die skuld kry vir alles. Rassisme is erger as wat dit nog ooit was. Maar dis ok. Blameer die blankes vir die finansies van die land, maar laat die president en sy “entourage” maar oop en bloot die land rot en kaal steel. Geen wonder die res van hulle gevolg, dink dis reg om onskuldige mense te vermoor vir ‘n selfoon, of ‘n tv of selfs partykeer net vir die genot daarvan. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek voel apartheid was verkeerd, maar as jy kyk en luister na wat in die land aan die gang is, klink dit nie so bietjie bekend nie? Heil Adolf Zuma

Johannes Meintjes ·

Daar is enkele wit en swart “in die regte kringe” wie baat by die ekonomie en dan is daar baie wit en swart wie niks baat by die bestaande ekonomiese stelsel in SA nie. Kom ons spreek die ekonomie en landbou baie meer effektief aan en begrawe nou maar die onderduims-gerieflike maar teen-produktiewe rasse-kaart.

anita ·

As alles die wittes se skuld is, hoekom sukkel die anc nog! Gee ons , ons eie deel van suid afrika..dat ons ons eie ding kan doen..in die eerste plek is als in sy m….r in..dan wil hul nog die wit kaart speel..kommaan man kry lewe en hou op als te brand en verwoes as julle nie jul sin kry nie..ook gatvol! My kinders immegreer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.