Zuma: Dít is hoekom ek Nene laat gaan het

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

In sy eerste verklaring sedert hy die minister van finansies in die pad gesteek het, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê Suid-Afrika sal nie sy omsigtige fiskale pad verlaat nie.

Hierdie uitsprake volg nadat die rand sedert Nhlanhla Nene se vervanging met die nuwe minister van finansies, David van Rooyen, afwaarts getuimel het totdat dit Vrydag ʼn rekordlaagtepunt van 16 teen 1 Amerikaanse dollar gehaal het.

“[Van Rooyen] se aanstelling as minister van finansies is nie ʼn aanduiding van ʼn verandering in die regering se fiskale standpunt nie. Die regering sal nie die fiskale pad en rigting wat ons die afgelope paar jaar gekies het, verlaat nie. Om ʼn omsigtige fiskale posisie te behou is steeds een van die regering se topprioriteite,” het Zuma gesê.

Volgens Zuma het hy Nene uit die kabinet verwyder omdat hy gekies is as die land se kandidaat vir ʼn pos as hoof van die Afrika-streeksentrum van die New Development Bank. “Die dringendheid van die verandering in die leierskap van die Nasionale Tesourie was omdat nominasies na Shanghai, die hoof van die Afrika-streeksentrum van die New Development Bank/BRICS-bank, gestuur moes word. Die sentrum sal in Johannesburg gevestig wees. Mnr. Nene is ons kandidaat vir hierdie posisie,” het hy gesê.

“Ons kandidaat het ons volle ondersteuning en ons weet hy sal uitsonderlik presteer en die nasie trots maak in sy volgende taak.” Hy het gesê die land sal steeds die bestedingsplafon wat Nene in sy vorige begroting in Februarie daargestel het, respekteer.

“Die nuwe minister sal die pad vorentoe versterk en voortgaan om pogings om die lewe van gewone Suid-Afrikaners te verbeter, ondersteun. Min. Van Rooyen word deur adj.min. [van finansies] Mcebisi Jonas ondersteun wat jare lange ondervinding in ekonomiese groepering het. Hulle word weer ondersteun deur die hardwerkende en bevoegde span van die Nasionale Tesourie, wat deur direkteur-generaal Lungisa Fuzile gelei word.”

Zuma het gesê die regering is toegewyd aan die uitbreiding van die ekonomie, die vermindering van die koste van besigheid en die doeltreffende benutting van hulpbronne om inklusiewe ekonomiese groei te bewerkstellig. Hy het ook gesê die regering sal steeds ondersteuning aan staatsbeheerde entiteite gee, wat nie op die “omsigtige fiskale manier bestuur word waarvoor Suid-Afrika bekend is” nie, waaronder die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Opposisiepartye was Donderdag verenig in hul mening dat Zuma vir Nene uit sy pos verwyder het omdat  Nene oormatige regeringsbesteding wou inperk en dat dit ʼn te groot struikelblok vir Zuma was met betrekking tot die kernkragverkrygingsooreenkoms en die SAL.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Des ·

‘n Opgemaakde storie. Die Suid-Afriaanse ekonomie is ‘n ontsaglike hoër priorteit op die stadium as ‘n probalistiese hoof van die Brics Bank. Dit maak net nie sin nie.

Leoni ·

Dis nou n bollie storie! Waarom is die adj. Min Mcebisi Jonas dan nie aangestel as min van finansies nie? Nene is sommer gepos nog voor hy die pos by BRICS bank gekry het. Nee wat ek ruik rot! Ou Chuckles het iemand nodig as min van finansies om hom te help verder steel!

Johann Marx ·

Jy lieg, jy lieg en jy lieg. Hoekom moet die Minister van Finansies UIT sy pos onthef word, sodat hy as “kandidaat” kan staan vir die pos van Hoof van die Afrika-streek Sentrum van die New Development Bank? Hoekom kon hy nie staan as kandidaat….en as hy die pos kry, bedank as Minister van Finansies nie? Jy verloor nie jou pos as Minister van Finansies…..om “kandidaatskap” vir iets anders te aanvaar nie? Wat gebeur as hy dit dan nie kry nie? Gaan hy terug aangestel word as Minister van Finansies?

arie plaasboer ·

Johann Marx,
Dit is soos om in sokker die beste doelskieter van die wereld in jou span te neem en as doelwagter aan te stel.
`n Ander voorbeeld sou wees om die wereld se beste skrumskakel uit die span te neem en hom as heelagter en onderkaptein van `n wereld uitnodigingspan aan te stel.
Die Zuma se voordrag waarin hy redes aanvoer waarom hy Nene wil vervang maak hy hom skuldig aann haatspraak deur na die blanke besigheidsmanne te verwys as die Vyande.
Ek steun die #Zumamustfall veldtog van harte.
Dit sal die beste ding wees wat RSA nog oorgekom het die afgelope 200 jaar.
Is daar iewers iemand wat dit met een slag kan laat gebeur? (by die wereld bank byvoorbeeld – hoe onwaarskynhlik dit ookal mag klink).
Net jammer dat dit dalk burgeroorlog tog gevolg kan he.

Elmarie ·

Dit is seker die swakste verskoning wat nog ooit gegee is. Hy is nog nie aangestel in die pos nie, en is die BRICS lande belangriker as die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ons bloei in hierdie land op die oomblik, die droogte en baie ander faktore gaan hierdie land op sy kniee dwing.
Ons gaan nie kos he om te eet nie, die boere kan nie eers meer voer aankoop vir hulle diere nie, want daar is eenvoudig nie meer voer nie. Invoer kan hulle nou glad nie eers oorweeg nie.
Die DA is besonder stil, mens hoor nie regtig ‘n piep uit Musi nie, broer dit is tyd om jou stem duk te maak, as jy ‘n leier wil wees, wys nou jou STAAL, of ek stem nie weer vir jou nie.

Bets ·

Stem saam met Leon. Wil ook graag weet waarom dan “afdanking” (sou oorplasing nie beter wees?) sonder om die sogenaamde rede te verskaf. Dan het die hele boehaai nooit ontstaan.

Loon ·

Leon, terwyl ek lees het ek dieselfde gedagte gehad. Hoekom verwyder hy Nene nog voor hy aankondig wat sy intensies is, die gevolg is n Rand wat tuimel in die afgrond in?
My mening: Hy lieg.
Nou dat hy sien wat sy optrede tot gevolg het probeer hy lap en stop om sy gat te red.

Elmarie ·

Zuma dink die mense is onnosel om hom te glo , eerstens is hy BAIE BAIE goeie vriende met die dame van die SAA en probeer haar beskerm. Hy wil sy kernkrag plan deurvloer teen 1triljoen wat ons in skuld gaan dompel vir die volgende 5 generasies. Hierdie is maar ‘n paar van die dinge wat vir ons wag. asb. voeg julle name by #Zumamustfall

pieter ·

hoekom voor die finale begroting hoekom nie wag tot 2016 begroting nie – jul gaan sien wat gaan gebeur met die nuwe ou

Bach ·

Hoekom is Cyril en ou Gwede dan so stil? Hulle moet mos hul Baas met alle mag in die openbaar ondersteun. Hulle is egter ruggraatloos, sonder integriteit en soos al die ander net zombies wat bang is hul verloor vet salarisse. Mens kan nie glo wat in ons pragtige land aangaan nie.

ANDRÉ ·

Hierdie onnosele, mislike, onbekwame en onbevoegde idioot dink ons is almal net so stupid as wat hy is.

Hester ·

Dis een van die domste, as daar is, wat Zuma kon doen. Hy sorg net vir homself dat hy lekker kan leef as hy uitgesmyt word. Ek wens daar was iets wat ons kan doen behalwe bid, dat hierdie goddelose regering vervang kan word met toegewyde, ingeligte mense. Ek wonder ook waar is die DA se stem.

Dan ·

Die ooreiwerige handskud wat Zuma sy hand geskud het was om te se jy weet natuurlik wat ek van jou verwag ne, ek is jou baas, dus sien dit as n groot guns.

CHRISTA ·

As Jonas soveel jarelange ondervinding het, waarom is HY nie aangestel as minister en Van Rooyen aangestel as adjunk nie? Dan kon hy onder leiding van Jonas kennis en ondervinding opgedoen het!! Zuma dink omdat hy so ‘n mampara is, ALMAL om hom is ook – daarom sal hulle als glo wat hy sê!!!

armando ·

Hoekom dan nie dié wonderlike Van Rooyen soontoe pos nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê Bach

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word, en dit neem dus soms ‘n wyle voor kommentaar op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik wys nie, beteken dit nie noodwendig dat jou kommentaar afgekeur is nie, dit moet dalk net nog bloot goedgekeur word.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

jean ·

Bach want Maroela laaik Om God Te speel dis hul oomblik onder die “spot light”. Hultrek maar net rang ouboet…maak hul belangrik voel..kleinmannetjie sindroom…hehe.

Gerhardt ·

Aangesien ons so BEE behep is, mag ek seker vra watter ras ene Van Rooyen is?

Rupert Ashford ·

Jy weet niemand sal/wil daardie vraag antwoord nie. Al van Google gehoor?;-)

Schalk ·

En wat presies is die pad vorentoe!?!? Dink die wanbestuurder van die “grootste kontinent” in die wereld, werklik almal is breindood? Ek wens daar was nie n ding soos beet en koue storte nie.

J.Z ·

Ou Jz sal indie geskiedenis gaan as die domste ,onnoselste,swakste,PRESIDENT VAN ALLETYE SAAM MET SY VRIEND VAN SIMBABWE

nico ·

Moenie so seker eees nie. Uit Afrika kom altyd iets erger…

Ouman ·

Net ‘n breindood wese sal vir Zuma glo. Voor einde van 2015 sal die SAA se vliegtuigskema goedgekeur word wat voorheen deur Mnr Nene afgeskiet was. Zuma en die Guptas wil skep en kan nie wag nie. Seker dat die uittog van bevoegde tesourie amptenare vroeg in 2016 sal begin. #ZumaMustFall

Ouman ·

Zuma glo almal in die land is so onnosel soos hy en sy volgelinge. Iemand sal hom moet uitsorteer en vinnig ook. Anargie is ons voorland. Al hoekom die spul op gehou het om Van Rooyen met klippe te bestook is omdat die klippe opgeraak het. Seker ons gaan binnekort hoor dat sy kwalifikasies ook vals is. Zuma kan net met dommes klaar kom. Kyk maar na die gevrete wat in die parlement sit.

Retief ·

Ou Stortkop, jou hele storie is ‘n lieg wat stilstaan! Onthou, die res van ons kiesers hang nie almal aan jou rokspante nie, ons dink vir onsself en ons sién wat aangaan, Jou rokspanthangers sien net jou blink en domonnosel grinnik en dink dis reg!

Jo ·

Die nuwe minister van finansies weet dan nie eers so ‘n basiese ding, nl dat die rand dollar wisselkoers wel iets met mekaar te make het nie! Hy het glo gese dat ons nie moet bekommer nie, want ons doen nie handel in dollars nie!!! Nou vra ek jou met trane in my “navy blue eyes” hoe die dinges moet hy ons land se finansies bestuur. Natuurlik jok Zuma. Hy sien sy gewildheidspeil daal vinnig en nou probeer hy skadebeheer toepas. Asof ons dom is…

Peet Schabort ·

Dan is daar ook die ander ‘fiskaal’. Dit is die laksman en oppas vir hom . . .

Gerhard ·

Wat is Maroela Media se mening oor hierdie skeinbare rede? Julle lig nie noodwendig ‘n opinie oor hierdie skeinbare rede nie. Word julle ook beheer duer die ANC regering?

Han ·

Jean, jou opmerking dat Maroela Media “probeer God speel” is absoluut laakbaar! Tel jou woorde. Die strekking van jou kommentaar verklap eintlik alles oor jouself: jy is venynig.

GES ·

JZ moet sekerlik dink ons is onnosel.Die lagwekkende redes verskaf nogal baie materiaal om grappe van te maak. Nag ou “grootte”.

anna otto ·

Mag hierdie stap v Zuma tot sy ondergang lei. Mag daar soveel teenkanting binne sy eie geledere hierdeur ontstaan dat hy spoedig verwyder sal word.

Pieter ·

The 5th Ninja has spoken… Cow-a-dung-ga dudes! My work here is dung!!!

Wilhelm ·

Waarom is julle verbaas? Dit is’n kwessie van Zero Understanding of Managerial Affairs!

Nehhhhhh? ·

Wow? ‘n donkerbril in ‘n gebou? Glo my hy is te skaam en ook bang dat ons die waarheid in sy oe lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.