Zuma moet R4 miljard-vliegtuig skrap, sê DA

Pres. Jacob Zuma.  Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Die Demokratiese Alliansie het Sondag president Jacob Zuma gemaan om sy planne, om ʼn nuwe BBP-vliegtuig van R4 miljard aan te skaf, te kanselleer.

“President Jacob Zuma moet leierskap toon, en in die openbaar daarop aandring dat die vliegtuig geskrap word,” het Kobus Marais, woordvoerder van die party, in ʼn verklaring gesê. “In moeilike finansiële tye en met belangriker prioriteite wat befondsing benodig, kan die president onmoontlik só luuksheid ‘benodig’.”

City Press het Sondag berig Armscor se planne om ʼn luukse BBP-vliegtuig ter waarde van R4 miljard aan te skaf, is bevestig, alhoewel daar meer sinvolle, koste-doeltreffende opsies is om die president se veilige reis te verseker, het Marais bygevoeg.

“Alhoewel ons besef die president se bestaande vliegtuig, Inkwazi, is soms nie beskikbaar nie weens meganiese probleme, is ʼn BBP-vliegtuig met ʼn privaat slaapkamer, badkamer en konferensiekamer vir agt persone en kapasiteit vir 30 persone aan boord, nie die antwoord nie. Veral nie wanneer daar in ag geneem word dat die departement van verdediging oorweeg om drie tweedehandse vliegtuie aan te skaf teen helfte van die koste vir die belastingbetaler nie,” het hy gesê.

Sam Gulube, sekretaris van verdediging, het verlede jaar aan lede van die parlement se gesamentlike komitee oor verdediging gesê daar is geen planne vir die departement om BBP-vliegtuie aan te skaf nie. “Minder as ʼn jaar later is die planne om die vliegtuig nie net in plek nie, maar word dit ook bedenklik vinnig gedoen en teen dubbel die geprojekteerde begroting om die president se vliegtuig te vervang.”

Marais het gesê die party versoek gevolglik dat die ooreenkoms opgeskort word sodat die komitee die aanskaffingsproses behoorlik kan ondersoek en meer koste-doeltreffende opsies kan aanbeveel, en sodat die parlement seker kan maak dat belastingbetalers nie die koste moet dra vir “uitermatig uitspattige uitgawes vir die president om dwarsoor die wêreld op die onkoste van die belastingbetaler rond te vlieg nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

weet jy ek kan baie hieroor praat – kom ons gee daai geld vir die studente – kom zuma gee daai geld vir die ouens wat jy gratis wil laat studeer… kom wees `n man !!!

Paul ·

Ek wonder of hy met sy luiperd gewaad die vliegtuig gaan bestyg?

Michelle Stoltz ·

Dit gaan geen verskil maak on daaroor te berig nie. Niemand kan of wil iets daaraan doen nie. Ons is sat vir berriggewing oor goed wat mens net meer magteloos en onderdruk voel. Is daar ‘n oplossing?

Chris ·

So wat stel jy voor Michelle? Moet die media liewers stilbly?

Reinhardt ·

Soos in die woorde van Francois van Coke:”Jy kla oor die toestand van ons land, maar fkn doen iets daaromtrent.”

Gideon ·

Mens kan net iets doen as jy weet daar iets iets waaraan daar iets gedoen moet word. En as hulle nie oor hierdie kwessies berig nie, sal ons nie weet nie.

JoeV ·

Is mens nie aandadig aan die bedrog as mens belasting betaal nie?

Poplap ·

Wanneer jy dit onmoontlik vind om die betekenis van al die nulle in lewenty-ten-million te verstaan, word dit baie makliker om 4 miljard as “small change” te beskou.

Bets Bothma ·

Daar kan nou nie meer gegrap word oor wat die ANC en Malema doen nie. Ons land is op die rand van ineenstorting! Kan IEMAND vir ons vertel hoe kry die ANC dit reg om soveel geld te spandeer en te mors en bedrog te pleeg, en… en…. en! Waar kom die geld vandaan? Hoe gaan dit gestop word? Hoe word n president soos Zuma gestop?

Ben ☺☺☺ ·

Hulle leen dit by BRICS – ons is in dieselfde boot as amerika

Ben ☺☺☺ ·

Kom Steve, word jy nou ZA se Donald Trump en stop hierdie excreta.

Dave ·

Ben, ter wille van jou eie reputasie sal jy nou van naam moet verander – want vir ‘Ben’ gaan gelag word.

Piet ·

Bets, jy vra waar die geld vandaan kom!
Waar was jy die afgelope 20 jaar?
Ou Steve se pel Ben, sê dit kom van BRICS se kant af.
Wat jy waar kry ou Ben?
Eenvoudig. Dit kom uit die laaste oorblyfsels van ons bankrotstaat se belastinggeld.

Julius ·

Nee man, dis presies wat hy nodig het – privaat slaapkamer met dubbelbed, badkamer met stort en plek vir 30 vroue.

nico ·

Maak soos hulle gemaak het kry sanksies teen die anc en ons wat binne is roer hulle van die kant af dit sal rof in die begin wees maar nie meer lank nie dan word dit in buiten dien ingestel

Henk ·

Die Nederlandse regering gaan ook ‘n nuwe vliegtuig koop. Die nuwe Embraer Lineage 1000 gaan ongeveer R700 miljoen kos, geen R4 miljard nie. Ek verstaan buitendien nie hoekom die Suid-Afrikaanse president ‘n interkontinentale vliegtuig moet hê nie. Die vliegtuig van die Nederlandse regering gaan waarskynlik ‘n interkontinentale vliegtuig wees omdat die Nederlandse regering gebiedsdele in Europa (“Europees Nederland”) sowel as in die Karibiese gebied (Nederlandse Antille) moet regeer. Suid-Afrika het egter net een gebiedsdeel in Afrika.

Dus as die Nederlandse regering ‘n interkontinentale vliegtuig kan koop vir R700 miljoen, waarom kos die Suid-Afrikaanse een dan R4 miljard?!

Ou Jaap ·

Is dit nie genoeg geld om te betaal vir die arme agtergeblewende studente se studies nie? Ek vra maar net.

Paul ·

Hoe kan die DA nou so lelik wees met die man, hy is die bes betaalde president in die wereld (Zuma worst value for money president) en dan moet hy mos in ‘n grande (alla Tolla) vliegtuig vlieg. Hy kan in elk geval nie die omvang van syfers begryp nie so wat is R4miljard vir iemand van sy statuur.
Ons moet net seker maak hy vlieg oor die Bermuda Driehoek, dit kan baie probleme vir ons land uitsorteer. Dit is nou as die legende gewig dra maar ek is bevrees solank ons onder die spulletjie bly as derdeklas burgers gaan hy doen net wat hy wil.

Jan maak n Plan ·

Hi julle moet tog net in gedagte hou nr1 se gevolg is vreeslik baie. By ander lande is dit die president en sy vrou en een of twee ministers, by ons is dit baie vrouens. Go nr 1 dryf die RSA verder oor die afgrond.

Winston ·

Ons lag, teken prentjies en vergelykings. Dis goed om humor te behou. Hierdie sogenaamde president is besig om ons oor die afgrond te stoot en die erns word deur n klein persentasie mense besef. Miljoene aanvaar dit maar net solank hy brood en wyn kan koop. Ons moet gereed maak vir moeilike tye wat nou eers begin.

Johann Marx ·

Ons land se ekonomie is swakker as ooit tevore. Elke berig wat mens lees, of radio program wat jy luister, is vol ekonome wat “verduidelik” hoekom dit so lyk…..maar nêrens is daar enige iemand wat vir ons sê wat om te doen om hierdie verswakkende ekonomie weer sterk te maak nie. Hoekom nie? Kan ‘n ekonomie soos ons s’n weer omgedraai word na R1/dollar toe? Hoekom nie? Dit was dan daar??

Tara ·

Die fee het Zuma ‘n wens gegee en hy het gevra dat ‘n muur om al die ANC lede gebou word sodat die res van die nie-ANC-ondersteuners almal verban kan wees. Hy het spesifiek gevra dat die muur hemelhoog moet wees en baie dig met geen gate in nie sodat hy en die ANC gelukkig kan voortbestaan. ‘n DA lid het die storie gestaan en bekyk en die fee het aan hom ook ‘n wens gegee. Hy het gevra of die muur regtig ondeurdringbaar is en die fee het beam dat die muur solied is en dat geen ander party aan die binnekant van die muur sal kan kom nie. Die DA het toe vir die fee gese “nou toe – maak hom vol”. Die wat steel grawe hulle eie gate

DAAN ·

SA STUUR AF OP ‘N LAND SOOS DIE OU RUSLAND WAAR JY DIE SUPER SUPER RYK MENSE IN POLITIEK EN HULLE MAATS GEKRY HET EN DAN DIE WERKERS KLAS. GEEN MIDDELKLAS NIE. DIE POLITIKE MENSE HET IN ONGEKENDE WEELDE GELEEF EN DIE ANDER HET NIE VEEL GEHAD NIE. HULLE SUIG DIE STAATS KAS LEEG OP HULLE LEWENSSTYL

Barbara ·

SA stuur af op ‘n tweede Zimbabwe, Zuma is al reeds besig om presies te doen en te regeer soos wat Mogabe doen want hy word opgelei deur Mogabe

Sarie ·

Ek het altyd geweet dat Zuma en sy trawante nie ‘n flenter omgee vir die land, sy mense en ons ekonomie nie. Alles stort in duie. Net verlede week is daar gese hulle weet nie waar die R6 miljard wat die staat nou moet opdok oor Zuma so groot mond en hy Nzimande se swig voor die studente en gevolglik enige verhoging van universiteitsgelde vir volgende jaar opgeskort het, vandaan gaan kom nie. Die studenteprobleem gaan ook nie weggaan nie, want van nou af gaan ons elke jaar met dieselfde storie sit. Hulle eis steeds algehele gratis onderrig vir alle studente – soos wat die ANC al die afgelope 21 jaar belowe , Daar is so baie dinge wat in hierdie land gedoen moet word, hierdie geld kan baie ander gaatjies in die land toestop. Nee ek dink dit is nou die tyd vir alle opposisie plus die kiesers om saam te staan en hierdie geldmorsery van die ANC en veral van die skaapwagter met sy gr. 3-skoolopleiding en hul misnoe volgende jaar by die stembus al duidelik te kenne te gee. My magtig hier is miljoene mense ins ons land wat onder die broodlyn leef, meeste hul eie mense. Wat het nou geword van die ideologie van die Kommuniste, waarvan Zuma op die uitvoerende komitee dien, van alles behoort aan almal. Die amper 90-jarie koningin van Brittanje en hul eerste minister vlieg met kommersiele vlugte en hulle kom niks oor nie. Maar nee die Afrika diktators moet mos almal hul eie peperduur, luukse vliegtuie besit. Laat Zuma eers die geld van Nkandla terugbetaal aan die mense in hierdie land.

Jeanette Visser ·

Ek wil weet hoe en waar kan ‘n doodgewone ou op straat begin, almal se ons moet iets aan die regering doen, hulle mors en steel geld en niemand stop hulle nie, waar en hoe begin jy. Ek het ‘n voorstel maar baie min sal saam met my stem. So gaan ons maar begin by die stemmery?

chrisp ·

Goeie vraag JoeV.
Amper sooos om die voertuig te gee vir die bankroof? Laat mens nogal dink

Joe ·

En wanneer gaan die ” clown ” dan die geld van sy PALEIS NKANDLA terug betaal wat hom nie toekom nie ??? Maar hy kan rond rits & kerjakker in die duurste vliegtuie sonder enige ” worries ” wat in die land aan gaan !! Geen wonder sy parlement & personeel van die ANC word betrek by misdaad , korrupsie , diefstal , moord , oneerlikheid ens nie , want HY is mos die voorbeeld vir hulle & ons eie SA ….. Hoekom in ” STYLE ” ry , as hy nie eers die land kan regeer sonder ENIGE kwalifikasies nie , maar kan bokke & skape op pas !!

Carina de Jager ·

Die geld kon beter aangewend word, om die boere te help in die droogte ramp gebiede!

charmaine ·

Daardie geld kan die Universiteite help, skole,hospitale, AFRIFORUM om boere te beskerm. Maar nou ja, shame onthou niks het iets geword en nou mors ons!

Johann ·

Sssshjjjjttt….moenie so lawaai nie. As hy dit aanwend om soos Samora Machel een of ander Afrika land binne te val……dan sal dit die prys werd wees.

#ZumaMustGo ·

Dit is hoog tyd dat ZUMA geFIRE word. Hierdie despot diktator het lankal sy tyd opgebruik. Die rand staan op R14.22 vir ‘n dollar. Ons sit met 25% werkloosheid. 10% van die land se bevolking dra 90% van die uitgawes. 277 plaasaanvalle per jaar waar hoofsaklik weerlose oumense en vrouens wreed gemartel word. Hy se dit self, ANC eerste dan die land. So basies gee hy net vir homself en sy eie om. Afrika voorvadergees heiden. Genoeg is genoeg. Bring vir ons ‘n Christelike leier wat die rand op die regte manier sal regruk.
#zumamustgo

neelsie ·

As almal alles kan regkry met oproer , kan ons seker n belastingboikot instel??
Die belastinggeld wat ons betaal word nog teen ons gebruik!
Hoe lank kan mens ordentlik bly?

Ludwig ·

Vir wat kan Zuma nie op ‘n gewone vliegtuig reis saam met gewone passasiers op geskeduleerde vlugte nie? Wat gaan soek hy in elk geval aljimmers in die buiteland? Dalk skuilplek vir vorentoe wanneer hy verjaag word? Of moet hy privaat reis omdat hy bang iemand smyt hom dalk oor die Sinaï-skiereiland by die venster uit?

Marietjie ·

Amerika het hulle Wit huis, Engeland het Downing straat 10. Wanneer wil iemand nou vra vir wetgewing dat Nkandla, wat in elk geval met belastingbetaler geld opgegradeer was, dan nou Suid-Afrika se amptelike presidensiële woning word. So kan ons tenminste vermy dat daar elke 5 jaar weer van voor af belasting geld vermors word op die opgradering van ‘n korrupte ANC lid se privaat woning? Om hierdie te stop by die stembus is wensdenkery. Die wat vir die ANC stem lees nie Maroela nuus nie. In hulle kultuur geld die wette van “solank die koning ryk is, is ek ryk”.

Boikot Ouma ·

Ek stem saam dat ons ‘n belastingboikot instel. Ek het nog nie en gaan nie my belasting betaal nie. As ons 10% net kan saamstaan en dit doen sal ons dalk iewers kom want die privaatvliegtuig is nie die einde nie. As ons kernkrag instel gaan ons onsself ons kinders en hulle kinders slawe maak wat moet terugbetaal aan Rusland. Alles net ‘n klug en nog ‘n bedrogspel soos die e-toll om Suid-Afrika uit te verkoop. Ek wonder maar net hoekom die loadshedding nou stiller is, noudat die kontrak met Rusland wat al jare gelede aangegaan is en nou bekragtig is. Laat jou dink dat alles weer bedrog is. Ek gaan alles in my vermoe doen om nie ‘n slaaf van skuld te word nie dus gaan ek die enigstee nag wat ek nou het. naamlik om nie my belasting te betaal nie uitoefen. Wie gaan saam met my in die tronk sit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.