SA-vlieëniers mag terugkeer van Namibië

Die 12 vlieëniers van Suid-Afrika wat sedert Saterdag in Namibië aangehou is omdat hulle nie die regte vlugdokumente gehad het nie, kan uiteindelik terugkeer huis toe.

Die vlieëniers het ʼn skulderkenningsboete betaal en is toegelaat om die land te verlaat, het die Cape Times Donderdag berig.

“Almal is veilig en in ʼn goeie luim. Ons het die nodige dokumentasie in orde gekry, soos die land versoek het,” het Ron Weissenberg, een van die vlieëniers, aan die koerant gesê.

Maroela Media het vroeër berig die vlieëniers was deel van ʼn groep van 20 mense wat besig was met kankerbewusmakingswerk. Hulle het op 27 April op ʼn 16-dag toer na Botswana en Namibië vertrek. Hulle is Saterdag by die Ondangwa-lughawe in hegtenis geneem, omdat hulle vlugdokumente nie reg was nie. Lees meer hier.

Die vlieëniers het elk ʼn skulderkenningsboete van R400 betaal en is toestemming gegee om die land te verlaat.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.