SAL skors waarnemende hoof

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy waarnemende uitvoerende hoof Vuyisile Kona Maandag as voorsorgmaatreël geskors.

“Die skorsing kom na sekere bewerings onder die raad se aandag gekom het en het die raad ‘n fidusiêre plig om ondersoek in te stel,” het die SAL se raad in ‘n verklaring gesê. “Dit moet beklemtoon word dat die direksie nog nie tot enige gevolgtrekking gekom het met betrekking tot die waarheid of andersins van hierdie bewerings nie.” Kona se skorsing is met onmiddellike effek. SAL sê sy raad van direkteurs is in die proses om ʼn permanente uitvoerende hoof te werf. Die raad het aansoeke ontvang en is besig om dit te evalueer. “Die raad is vol vertroue dat die proses teen 31 Maart 2013 afgehandel sal wees en sal daar in die tyd voorstelle aan die minister gemaak word.” Die raad het intussen vir Nico Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango, gevra om toesig te hou oor die groep se bedrywighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.