Sanger beseer, gesin kritiek ná botsing

Melissa en Dirkie de Zinger. Foto: Facebook

ʼn Afrikaanse sanger se vrou en 2-jarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand in twee afsonderlike hospitale in Pretoria nadat die gesin Dinsdag in ʼn botsing betrokke was.

Die sanger, Dirk de Zinger, sy vrou, Melissa, en hul seuntjie, Dirkie, het in hul wit Hyundai Accent in die Moot-omgewing gery toe die ongeluk omstreeks 11:00 in Rietfontein plaasgevind het.

Lt. Linda Jerling, ʼn polisiewoordvoerder wat op die toneel was, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het op die hoek van Byersstraat en 22ste Laan plaasgevind. “Die bestuurder van ʼn Nissan-bakkie het glo ʼn stopteken by dié kruising verontagsaam. Die Hyundai en bakkie het gebots, waarna De Zinger se voertuig teen ‘n boom langs die kruising gebots en tot stilstand gekom het,” het Jerling gesê.

Dirk en Dirkie de Zinger. Foto: Facebook

Dirk het geringe beserings opgedoen, maar Melissa en Dirkie is ernstig beseer. Melissa het in die passasiersitplek gesit en Dirkie was agter in die voertuig in ʼn babastoeltjie vasgegespe. Melissa is na die Eugené Marais-hospitaal geneem en Dirkie na Kloof Mediclinic. Melissa het glo werwels in haar rug gebreek en Dirkie het skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen.

Die insittendes van die bakkie is ongedeerd. ʼn Saak van roekelose of nalatige bestuur word ondersoek.

De Zinger is deel van die duo-groep Dirk en Marlouise. Sy agentskap het Woensdagoggend aan Maroela Media gesê hulle wag nog vir ʼn opvolg op Melissa en Dirkie se toestand.

Die hospitaal waar Dirkie behandel word, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Lees die opvolg berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bianca ·

Oral op facebook word daar gesê dat klein dirkie vanoggend oorlede is?

Elizabeth Meijsen ·

Ek vind dit heel erg om van die verlies van de Zinger te hoor. Ons het so lekker gefeest vrydag aand en nou nog geen week verder so tries verhaal. Ons leef saam met julle in die tyd. God bless you and your family

Hannelie Horn ·

Baie sterkte aan Dirk en Melissa. Mag Jesus jul styf vashou in die hartseertyd. Dirkie is nou die mooiste engeltjie in die hemel.

Lien Nortje ·

Baie jammer om te hoor van julle ongelooflike groot verlies van julle pragtige seuntjie Dirkie. Dit is n seer wat net nooit oorgaan nie. God sal julle styf vashou. My innige meegevoel met almal.

LILLY DE BEER ·

My innige meegevoel met die afsterwe van julle seuntjie, mag God julle styf vashou in die tyd wat voorle! Ek weet julle verstaan dalk nou nie hukom julle kind gevat is nie, maar God het ‘n doel met dit en eendag sal julle verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.