Sanger in hof oor polisieuniform

Mkhonzeni “Professor” Langa. Foto: mio.co.za

Die kwaito-sanger wat oor die naweek by die Metro Music-toekennings in Durban in ʼn metropolisieuniform opgedaag het, het vandag in die hof verskyn.

Mkhonzenie “Professor” Langa word aangekla dat hy homself as ʼn polisiebeampte voorgedoen het, dat hy onwettig in besit was van ʼn polisieuniform en dat hy ʼn polisieuniform sonder toestemming gedra het.

The Mercury het Maandag berig dat dit teen die wet is vir enigiemand wat nie ʼn polisiebeampte is nie, om ʼn polisieuniform te dra. Langa het hom Dinsdag aan die polisie oorhandig en gesê hy het die uniform by sy neef geleen, sonder sy medewete.

Die saak is Donderdag onbepaald uitgestel vir verdere ondersoek. Natasha Ramkisson, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê ná meer ondersoek gedoen is sal daar bepaal word of Langa vervolg gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.