Sanger se seuntjie sterf

Dirk en Dirkie de Zinger. Foto: Facebook

Dirkie de Zinger (2) is Woensdag omstreeks 10:00 in die Kloof Mediclinic in Pretoria oorlede ná hy saam sy gesin Dinsdag in ʼn motorongeluk betrokke was.

Dirkie was saam sy pa, die sanger Dirk de Zinger, en sy vrou, Melissa, in ʼn ongeluk by ʼn kruising in Rietfontein betrokke. Lees meer hier.

Pierre van der Westhuizen, De Zinger se agent, het Woensdag omstreeks 11:00 aan Maroela Media gesê Dirkie is breindood verklaar en sy suurstofmasjiene is omstreeks 10:00 afgeskakel. “Dit is vir ons almal bitter slegte nuus. Die familie is baie getraumatiseerd deur die voorval,” het Van der Westhuizen gesê.

Van der Westhuizen het bygevoeg dat Dirk en Melissa ook in die Kloof Mediclinic behandel word. Melissa is stabiel en dra ʼn rugstut. Dirk moet Donderdag ‘n operasie ondergaan om sy voet te herstel.

Lt. Linda Jerling, ʼn polisiewoordvoerder, het bevestig dat Dirkie in die hospitaal oorlede is. ‘n Saak strafbare manslag is by die saak van roekelose of nalatige bestuur gevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

MICHELLE ·

My hart gaan uit na julle. Sterkte jul word in ons gebede gedra

Mariette ·

Baie sterkte, ons Vrydag aand nog so lekker gekuier in Amsterdam. My gebede le by die famlie en vriende, mag God julle deur die moeilike tyd dra! AMEN

Jeanine Loftus ·

Dirk en Melissa,julle is in ons gebede en ons harte is saam met julle seer oor jul groot verlies!Baie sterkte vir jul in hierdie moeilike tyd wat voorlê.Loftus-gesin uit Amsterdam X

Arno Barten ·

Vanuit Holland, heel veel sterkte voor Dirk, zijn familie en vrienden.

patricia ·

Vanuit Nederland, wil ik Dirk, zijn vrouw, en verdere familie heel veel sterkte wensen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.