Sanral sê verdagte werk nie vir hulle nie

Sanral-bedryfsentrum Foto: @sacrimefighters op Twitter

Sanral-bedryfsentrum Foto: @sacrimefighters op Twitter

Sanral het Donderdag daarop aangedring dat ʼn man, wat in verband met dreigemente teen die maatskappy in hegtenis geneem is, tegnies nie een van hul werknemers is nie.

“Die man is in die gebou, vanwaar die Electronic Toll Collection (ETC) bedryf word, in hegtenis geneem,” het Vusi Mona, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), gesê. ETC is die maatskappy wat e-tol moet invorder.

“Die individu wat in hegtenis geneem is, werk vir ʼn diensverskaffer aan die Gauteng Snelwegverbeteringsprojek (GFIP) en is nie ʼn werknemer van Sanral nie,” het Mona in ʼn verklaring gesê. “Die inhegtenisneming is ʼn boodskap dat, alhoewel vreedsame betoging elke burger se reg is, optrede soos bomdreigemente of enige ander foefie ʼn ernstige oortreding is.”

Mona het die Valke geprys vir die inhegtenisname van die 28-jarige man van Soweto. Hy word daarvan beskuldig dat hy betrokke was in twee voorvalle waar wit poeier in koeverte by die kantoor aangekom het en ʼn bomdreigement by Sanral se hoofkantoor die afgelope twee weke.

Volgens Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, is daar ook beslag gelê op ʼn selfoon wat vermoedelik gebruik is om die misdaad te pleeg.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met terrorisme. -SAPA

Lees ook:
Sanral-werker deur selfoon opgespoor
Sanral-werker vas oor dreigemente
Nuuskommentaar: Terreur teen Sanral
Minister veroordeel Sanral-veiligheidsaanvalle
Sanral-hoofkantoor ontruim na bomdreigement
Sanral oorweeg aparte posbus Sanral-poeier is skadeloos
Sanral wéér ontruim 
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.