Sasolburg: Betogers bestorm polisiestasie

Betogers hardloop weg vir die polisie in Zamdela, Sasolburg Foto: Deon van Zyl

Betogers in Zamdela, Sasolburg, het Dinsdag probeer om ʼn polisiestasie af te brand.

“Die polisie het van rubberkoeëls en waterkanonne gebruik gemaak om die betogers uit mekaar te dryf,” het konst. Lebohang Mareletsa, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. Polisievoertuie is ook beskadig en ruite by die stasie is gebreek.

ʼn Groep jongmense het ʼn informele winkel aan die brand gesteek, maar inwoners kon die brand blus. Teen middagete het meeste betogers verdaag, maar ander het steeds in groepe rondgestaan en die strate dopgehou. Sommige het gesê dat hulle ná middagete weer sou vergader.

Die geweld, wat Sondag uitgebreek het, is aangevuur deur planne om Sasolburg met die Ngwathe plaaslike munisipaliteit te laat saamsmelt.

Klik hier om foto’s van die geweld in Sasolburg te sien.

Lees ook:
Foto’s: Situasie vererger in Sasolburg
Honderde vas vir Sasolburg-protes
Sasolburg-betogings: Polisie aangeval
Talle skole in Sasolburg gesluit
Talle vas ná Sasolburg-chaos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Brenda ·

Die geweld en vandalisme is hul kos. Kyk hoe lekker kry hulle- kyk die gesigsuitdrukkings!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.