Die verhoor van drie mans en ʼn minderjarige wat daarvan beskuldig word dat hulle twee meisies aan die brand gesteek het tydens ʼn beweerde sataniese ritueel, hervat Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg.
Die drie mans Lindon Wagner (21), Robin Harwood (18) en Harbey Isha (23) moet in die hof verskyn. ʼn 15-jarige meisie, wat by die daad betrek is en wie se naam nie genoem mag word nie, bly in haar ouers se toesig. Hulle word aangekla van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die beskuldigdes het glo in Oktober verlede jaar petrol oor Kirsty Theologo (18) en haar 14-jarige vriendin gegooi en op ʼn koppie in Johannesburg aan die brand gesteek. Die vriendin het ernstige beserings opgedoen, maar het die voorval oorleef.
Twee tieners wat ook by die voorval betrokke was, het na die voorval ʼn pleitooreenkoms met die staat onderteken. Lester Moody en Jeremy King, albei 18 jaar oud, is elk tot 17 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is. Hulle sal na verwagting teen die beskuldigdes getuig.
Lees ook:
“Ek haat hulle,” sê ma van ‘satanistiese ritueel’-slagoffer
Borgaansoek vir twee verdagtes in sataniese ritueel-saak
Ses in hof na beweerde ‘satanistiese ritueel’
Meisie sterf na sy glo tydens satanistiese ritueel aan die brand gesteek is